Onse angeltjie het die afgelope paar dae nie geweet wát ons getref het nie. Drie skrywers, met name Joan Hambidge, Marlene van Niekerk en Lettie Viljoen, het vir 'n week klas gegee oor kreatiewe skryf by die Universiteit van Port Elizabeth. Ons is tot in ons diepstes geroer, geprikkel en ontroer, maar nou moet ons al die nuwe indrukke verwerk.
Al manier waarop ons weer 'n greep op ons geestesewewig kon kry, het ons gedink, sou wees om 'n ou kennis op te soek, naamlik Dr. Phfff. Toe ons by sy woonplek aankom, moes ons egter verneem dat hy op 'n navorsingsending vertrek het na 'n onbekende bestemming. Nadat ons hom op sy selfoon probeer kontak het, het hy die volgende kriptiese boodskap per anonieme e-pos aan ons gestuur: Verduur, oorleef. Terug wanneer taak voltooi.
Ons het toe maar besluit om van die wyshede en kreatiwiteit wat die skrywers rondgestrooi het, op te raap en hier te publiseer, vir 'n rustiger verwerking, en so aan.
Hou aan lees en skryf aan ons:Molo, molo (Klik net en skryf)
| |||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||
|
Rigtingwyser
Die boeke wat in Onse angeltjie geresenseer word, kan van die onderskeie uitgewers bekom word: |
Onse angeltjie sê baie dankie aan die volgende mense sonder wie hierdie uitgawe nie moontlik sou gewees het nie: Honiball-Promosies vir toestemming om grafiese materiaal van T.O. Honiball te gebruik, Francois du Plessis van die Mediasentrum by UPE vir die gebruik van sy foto's, en dat hy dit so vinnig by ons kon uitkry, en laaste, maar nie minste nie, die deelnemers aan UPE se skryfkursus, Joan Hambidge, Marlene van Niekerk en Lettie Viljoen, wat so mildelik van hul werk aan ons beskikbaar gestel het.
Redakteur: Philip John
Mede-redakteur: Helize van Vuuren
Onse angeltjie word uitgegee deur Philip John.
Departement Afrikaans
Universiteit van Transkei
Privaatsak x 1
UNITRA
Umtata
5117
Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die universiteit nie.
Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die
outeurs.
Enige gebruik van die materiaal in die tydskrif vir
kommersiële doeleindes
sonder die toestemming van die outeur(s) of die redakteur, word
nie toegelaat
nie.
Tot volgende keer. U is besoeker nr.:
|