Sy wag vir hom.
Klokslag, 17h00 hoor sy die sleutel in die slot
draai.
Sy draai outomaties die cd-speler se volume harder.
Hy sluit die deur van die binnekant en plaas sy selfoon
en
pistool op die kas langs die bed.
Sy gaan staan teen die muur en steek 'n sigaret
aan.
Hy trek haar romp teen haar bene op en vind soos
gewoonlik
geen onderklere.
Hy kyk vlugtig op sy horlosie voordat hy homself in
haar
instoot.
Sy konsentreer op die musiek en blaas die rook onder
sy arm
deur.
Sy selfoon lui en hy stamp homself driftig diep in haar
in.
Sy rol haar romp af terwyl hy sy telefoon optel en 'n
nommer
neerskryf.
Sy rol haar bloese se mou op, hy kry maklik die aar en
spuit
die naald leeg.
Hy gee haar die lys met name en telefoonnommers;
vanaand is
daar vier, almal nuwes.
Hulle loop die trappe af na sy motor.
Buite waai 'n ysige wind, maar sy kry ontsettend
warm.
Hulle ry verby die desperate meisies in kort
rokkies by die
verkeersligte.
Sy't goed gedoen, dink sy toe hulle by die hotel
se
parkeerterrein stilhou.
Vir 'n meisie van sestien, het sy goed gedoen,
danksy hom.
Die Here gee uitkoms op vreemde maniere; sy wonder wat haar Pa sou sê...
clinton v du plessis
'n Nuwe bundel verhale deur Clinton is in die pyplyn. Die
voorlopige
titel is Steak, eggs, strips en coke.
|
|
|