|
Sonja Verbeek
@1998
soos ingegee deur Joan Hambidge
- met dank aan al die klassieke modelle in
D.J. Opperman se Groot verseboek!
- en aan die Weduwee vir Viljee!
Hierdie bundel word nie opgedra aan Adriaan
van Zyl nie, maar
aan
Juanita Pereira.
En dit is ook vir Benjamyn Adamsappel.
"'n Koue gil deurhuiwerrr my."
- Totius
(in 'n privaatgesprek)
"Love means never having to say you're sorry."
- Eric Segal
1Klein akkedis
o Promotheus
o vuursteler
primordiale draer van die wysheid
jy, wat weet dat die digter naprater,
naskrywer in klam sand is.
Sonder hoed of handskoen,
maak ons die laaste sprong
in 'n nag van die iguana
'n middag van klam krokodille
kreunend krampend knypend
maar klein akkedis
die ware wysgeer,
die puer aeternus,
die laaste beeld onsterwend:
kougom onder 'n tafel;
bril-cream op 'n sloop;
kam in 'n kous;
leer in 'n swart sykous...
2
MuskietejagsJou vabond, jou sal ek kry
van jou sal net 'n bloedkol bly!
Want dis die blond
dis die blou
dis die Weduwee Viljee se hond
en dis nie al.Jou vabond, jou het ek verlei
sodat net 'n sweetkol bly!
Want dis die brunet
dis die trou
dis 'n heerlike jagtog
tot binne-in jou "Peaceful
Sleep"-val.
3
Die malkoei moet sweetSal jy my nog liefhê as ek malkoeisiekte kry?
Sal jy my nog liefhê as my spataaroperasie misluk?
Sal jy my nog liefhê as ek 'n welige snor opdoen?
Sal jy my nog liefhê as my hare pimpel en pers raak?
Sal jy my nog liefhê as ek my groen korset laat uitdy?
Sal jy my nog liefhê as my broek se rek in die kerk afskiet?
Sal jy my nog liefhê as ek omlope soos 'n bitterboelakroon dra?
Sal jy my nog liefhê as ek versreëls (soos my naam vergete) soek?
Sal jy my nog liefhê my persgedaaide hare in woeste bos uitval?
O sal jy my nog liefhê, sal jy my nog liefhê as ek sê Vasco Pajama?
Jy's 'n dwingende herinnering
soos die reuk van springmielies
in 'n matinee of stink sokkies
in 'n oorvol hysbak. Jy's 'n rym-
patroon: kruis-, paar-, veral dwangrym.
Jy is alliterasie, assonansie.Jy is 'n okselbos, o jy's lekker los.
Jy's beheer; jy is vry.
Jy's 'n swembad sonder gala-strepe,
'n mallemeule met spulse perdjies.
'n Akwarium sonder lugverkoeling,
'n dooie see waarop ek veilig rus.Jy is 'n gebreekte sonnet, 'n kwaai kwatryn
nimmer nimmer vir my 'n slet.
Jy's hier; jy's daar. Jy's die wit
in die poësie. 'n Laaste encore:
'n hoor, hoor. 'n Werda. 'n Hou Koers.
'n Volksfees vol waatlemoen en spanspek.Jy's 'n hele boek vol geleerdheid;
jy's die rugkant van die bruid,
jy's die fiela se kind. O Kringe
in my bos: van jou maak ek 'n vers.
My Oupoot. Trofee teen die muur!
5
Deernis vir Beernis(Oftewel: sy was krank van die liefde...)
Met haar borste soos 'n magtige dreuning
is Beernis na links, na regs, na voor, na agter
om't ewe: bonkig, hoekig, 'n vrou uit een stuk.
Haar hospitaal regeer sy soos 'n koninkryk:
elke saal 'n offergawe vir haar fierige septer.
Sy roep orde. Dwing gesag af. Skermutsel met siekte
en nood. Haar wit sluier immer haar troef.
Kortom, 'n koning van 'n vrou!
Maar Beernis word tans beproef...
Ja, deur liefdesleed, daardie wreedste inspuiting
in die boud. Haar jong geliefde, suster Snoek
het geval vir 'n trouelose man se broek.
Hoe wreed die afloop van die hartstog?
Hoe seer die herinnering van hul passiespel
- alles nou net 'n vergeefse hel -
hoe hard die werklikheid van hul liefdespel
- 'n vinger is nie alleen wat tel -
hoe wreed die wete van ander se vertel
- wie o wie is vyand? wie is pel? -
O Beernis, weet ek het deernis!
Neem die bedpan moedig op, vorstin
en hou ook na bowe jou dubbelkin!
6
Haikoe'hieHaar rooi pantie op
die vywer stil getuie
van my lang ywer
7
Ek wonder of jy somsEk wonder of jy soms, wanneer
die wolke soos dartelende ballerinas baljaar
en die see soos 'n bronstige hings runnik
en die bome soos blaffende, onrustige kwêvoëls raas
ons heerlike, heerlike liefde onthou?
'n Liefde so sag soos 'n marshmallow in 'n koppie tee;
'n liefde so teer soos die slurpies van 'n lammertjie
(smaak na teer, ek lus nog meer);
'n liefde so duursaam soos 'n extra-large Rough Rider-kondoom;
O, 'n liefde so goed gevoeg soos die Voortrekker monument!
'n Liefde so subliem soos rymdwang!
'n Mallemeule, rondomtalie van gekruiste rym!
Ek wonder, o ek wonder of jy nog aan die dae
dink, o welgepoetste beminde?
8
Ballade van die roseNou's die koeël deur die kerk,
die teerling gewerp,
die skoot
geskiet:O roos van my hof
jou allamagtige boesem
is tot die laaste droesem
in ons liefde opgetof!Gee my jou hand
ek plaas aan jou vinger 'n ring
en laat geen ander jou dwing
en ons vertrek na 'n verre landSoos Bombaai waar ons laat waai;
en in Bangkok slaan ek jou op hoksoos 'n oorryp piesang
wat onbeskof plof op 'n dak se nok!
9
Ode aan die wysvingerSy punt, sy wys, sy lok;
sy vryf, sy wikkel, sy hak -
is daar genoeg woorde
om hierdie anatomiese les,
hierdie vatvyf klipsalmander mes
genoegsaam, na waarde te bles?
10
My nooientjie lief in die moerbeiboomHet haar gesien, my klein prinses
mense sê sy is 'n vermaledyde les:
O my nooientjie lief in die moerbeiboom
gelukkig behoef ons geen kondoom!Het haar gevoel, my klein prinses
my onversadigbare dors geles!
O my nooientjie lief in die moerbeiboom
geluk spruit voort soos 'n groot wonderboom.
11
Aarsel proeticaUit die gevormde literatuur
is daar altyd weer literatuur te haal!
Konfyt uit die konfytblik,
bors uit die buustelyfie,
heuning uit die seskoek-sel.Op die temas van die jagses
en van die halfverdwaasde hygers
is dit moontlik om variasies,
antwoorde, loftuitinge
te versin (o Babette!), maar dis onmoontlik
om 'n vers te proe
so diep tussen jou wye, oopgestrekte bene.Jou passiebomme bene,
jou bene wat oopgaan soos 'n passer
op die A-vier ruimte van my bed
- o jy is 'n slet -
jy bom uit
uit uit
na die heerlike heerlike heerlike
helder o-o-o-elaloeloe orgasme
van ons liefde in woorde.En omdat geen vibrator voorhande is nie
moet ek terugkeer na die vinger
na jou binneste binneste weefsel
en jou bespie;
sodat en opdat ons in woorde, wat
net klank en gil is
(sjuut die bure hoor, my bruid)
die na-naai na-naai
die eina deina dana das
so netjies laat pas.
12
Jy was 'n kontvir Tanja Verwaveren, oftwel: La belle dame sans merci
Jy was 'n kont en in jou oë
was daar 'n heerlike jagsheid
uitgespel soos 'n lilo op 'n swembad,
'n suurlemoen in 'n Gin & Tonic,
'n skeutjie sout neffens 'n tequila
Golden Syrup op grondboontjiebotter.Want solank as die lepel in die pappot
staan, in die pappot staan,
in die pappot staan
sal die plastiekblomme hul aan jou gedenk
die skyfskiet-span 'n bul-oog ontwerp
in die vorm van 'n bloedrooi aalwyn.En nou weet ek jy is 'n laaste hyg
wat wag vir die allerlaaste grootste gesuig.
13
Gedig nommer 13Die hotnotsgot tik teen die ruit
tik-tok-tik
tok-tik-tok
soos die tampende geskuifel
van 'n hoer op 'n uitgewerkte dubbelbed;
Slet in rooi rokkie
witskrif se swartskrif
hygskrif
getuigskrif!
'n Vlooi is 'n ding
wat spring, wat spring!
Hierdie gedig buig in homself
in soos 'n passer
wat toebuig
langs 'n uitveër en potlood
(wis uit!)
in 'n blink penneblikkie.
14
Lastige limericke15
Daar was 'n nooi du Plooy
sy wou nie sommer haar naam weggooi.
Toe sy sê: "Sak Sarel!
Ek wag op Karel
eer ek my naam ontplooi".*
'n Mooi nooi Lewinsky
- my hart bloei vir haar met 'n Kadinsky -
ontvang 'n sigaar
het dit hot en haar
want die President is so Kinsky.*
Daar was 'n Professor De Beer
hy had 'n allemintige meneer.
Toe los sy vrou hom vir koek
en allerheerlike gerookte snoek.
En nou sit hy met 'n gelaaide geweer!*
'n Vlooi is 'n ding wat spring
nes 'n lekker ou ding
kan jy hom nie keer
want hy lus net meer
van die vreugde wat die Skaamte bring!*
Daar was 'n lesbianiet
sy wou vir almal wys haar tiet
toe skreeu iemand: Hokaai!
Almal wil jou aai!
en nou sit sy met weergalose verdriet.
O die puingedagte!16O die puingedagte,
my poësie het 'n deelteken verloor.
Die mense die weet nie wat ek ly nie,
die kritiek die weet nie hoe ek stry nie!O die puingedagte,
my poësie het 'n deelteken verloor
en met verbete, onverdrote ywer
gee ek dit terug sonder 'n stuiwer.O die puingedagte,
my poësie het 'n deelteken verloor.
Die mense durf nie langer op piesangskille gly nie,
nog minder hul oor heerlike clichés verbly nie!
Oom Gert vertelJa, nig, wat kan ek, ou-hand, jou vertel?
Jy wil die storie van ons naaites hoor?
Nou goed!
Dis nooit te laat om alles te vertel:
van Tanja Verwaveren se laat nag-eskapades
hoe sy my gebruik het,
die jonge slet:
terwyl ek wis, Sonja, sy was my belet!
O Sonja Verbeek, weet net:
Haar aandeel was so veel
haar gekweel
vir my een te veel.
Ek kon haar nie laat verbygaan
sonder om in haar boesem
soos 'n skip te vergaan.
O magtige oseaan,
dit was sy!
My my 'n dobberende, sinkende skip...
Sonja Verbeek, ek skryf hierdie brief
om te vra: vergifnis, want ek het haar gedief
uit jou arms.
Ek was die verkeerde man,
jy die regte vrou!
En ek het berou, omdat ek nie wis
hoe 'n vrou 'n man se liefde kan betwis!
O die les wat ek moes leer
van die politiek van die wellus!
Ek het soveel geworstel, soveel gely...
moes jou vertel van ons aand by die drive inn
die dubbel milk shakes, die vele coke floats
by die Wimpy en Midnite Grill
(o, hoe durf ek nou gril!)
Dis 'n lang geskied'nis, dit is! - treurig ook,
want sy het gesnik en gevra na jou, ou nig!
Luister, luister Sonja, Hartlam!
Ek kan nie praat as jy nie hoor nie...
Jy moet my vergewe...
Jy weet hoe rys skinderstories soos deeg!
(Ai, hoe durf mense verwys na jou as 'n tert?)
Sy was 'n jong nooientjie astrant;
heerlik in die dubbelbed blatant -
hier's die album
'n foto van haar op die swaai
daar een waar sy laat waai...
hier eet sy roomys; daar eet sy sjoklits!
Bedaar, bedaar, my hart al breek jy ook...
al noem sy my Gert Spanspek...
weet net: sy noem jou Sonja Komkommer!
Daarom, my vriendin neem hierdie aflaat, hierdie boete
wys dit aan algar:
maak daarvan hoge kuns!
Ons weet mos jy's nie op die bek geval!
Niemand kan jou afbring van jou rym
nie eens die kritiese skuim -
Poësie kan hoog reik!
17
WinternagO hoe koud is die verpleegster
en skraal.
En blink in die teaterlig
en kaal,
so wyd as die matrone se genade,
lê die bedpan in onthou-lig en skade.
En hoog in haar rande,
versprei in die brande,
lê die dokter aan roere
met sy lonkende hande.O treurig die wysie
op die bedpan se maat,
soos die lied van 'n matrone
in haar liefde verlaat.
In elk' depper se vou
blink 'n druppel van gif
om dokter De Wit
se eer te laat skif!
18
Die oue putGinds voor my, so ver en diep geleë,
weg van jou woel'ge hand en weë
lê armoedig skaars en onbeskut
sedert jou vertrek, my oue put!Voel nog ontroering
en heerlik beroering
maar nou is jy weg, patat!
en ek sit met die warme skat.
19
Boggom en VoertsekSonja en Tanja het saam geswerwe
van omnibus na omnibus saam
En hul liefde nou ryklik aan skerwe
omdat Voertsek-Tanja haar daarvoor skaam.Sonja en Tanja het saam geswerwe
van mond na woord na boek
en Boggom-Sonja is aan't skerwe
oor Tanja elders nou ont-koek.Sonja en Tanja sal weer swerwe
van gedig na berig na berug
om te weet: Wie is aan't kerwe?
in hierdie lieflik-volronde Gedig!
20
Die konsertina in die nagHaar kreungeluidjies in die nag
soos 'n huilende konsertina
maak alle ander geluidjies sag
hierdie wenende beminda!Haar suiggeluidjies in die bed
soos 'n smartende konsertina
verdoesel alle ander stootjies net
met hierdie lieflike ou kinta!
21
Ek hou van vrouO vra my nie my wellus,
ek het dit weggegee
aan 'n jong klein hoer
op 'n laaste bustoer.Ek hou van pienk blomme
'k aanbid 'n woord amper soos woes,
min ook soms 'n woordjie soos wiel -
maar min meer die p-!
22
Joernaal van OulikHoor soggens in die Hospitaal, genaamd Kreun
hoog in die takke, eintlik deur die blare
die matrone se spataarbene nader dreun -
vir 'n heerlike, uitspattige vat aan my hare.Beloer die magtige dreuning van die vorstin
se borste (48 Dubbel-D), heupe en welige snor!
Loer onder die lakens smeulend na 'n dubbelkin -
"Hmmm, hoe gaan dit vandag met Oulik?", begin sy por."Ek is aan die hospitaalbed tydelik verbonde,
moet terugkeer na my my normale geaai,
na my geliefde, Tanja Verwaveren, ongeskonde:
mag mekaar nooit, nooit weer verraai!"
23
In memoriam PatrysPatrys, jy was so grys
nou is jy dood
soos Siembamba in die sloot!
"Patrys, lig op jou poot,"
het ek gegil
toe die motorband oor jou tril!Jy het heengegaan
en ek, ek het vergaan.
24
RakaDie verpleegsters het haar die eerste gewaar
in die loom namiddag toe die skropwerk klaar
was - aan die intensiewe eenheid se wit landerye
van lakens - het hulle gedrie, geviere in dik rye
met deppers en wit uniforms netjies gepas
op heup en skouers deur die gange gewals
onrustig na die teekanne
en vol broodpanne,
gepraat, gewonder, geflonker, met klam broekies
en wellustige, welige, welluidende koekies
oor die nuwe Matrone Beernis,
met haar het die lewe nie meer deernis!
skugter en digter nadergestaan
want, sy 'n Raka, kan haar man staan...
menige vrou is deur haar sjarme betower,
enige verpleegster deur haar snor verower.O wie, o wie sal nou die teater sluit teen Raka?
25
Et Pretoria nihilMet skemering by die Uniegebou
verbeel ek my soms nog jou liefdestrou!
Neffens die Voortrekkermonument
het jy jou liefde vir my in-sement!
Onder die jakarandabome
was daar soveel heerlike drome!Maar nou lees ek Sy kom met die sekelmaan
wyl jy jou vir ons liefde skaam.Et Pretoria naahil!
26
Die kampsusterMet haar slap polse
gedaaide hare
Arwa-kouse en rooi lipstiek
is Gertjie Goosen
(O wanneer kom jóú troudag, Gertjie?)
'n suster. 'n Kampsuster.Sy stoot die trollie
en dra haar vrou-wees waardig
al vind ander haar aardig.
Op haar hoë hak
die trots van die hospitaal:
geensins 'n vrou wat faal!
27
Dis alDis die pruik,
dis die maskara:
dis die bra,
dis die broek;
en 'n jagse matrone wat soek na koek.
dis al.Dis 'n stafverpleegster
gekom oor die saal,
dis 'n rek wat skiet,
dis 'n gil in die hospitaal -
dis al.
28
Martjie'n Fragment
Dis warm...
en stil.
Dis stil in die intensiewe eenheid.
Dis nag. Hier en daar
'n gefluit in 'n bedpan, 'n ligte snak-
geluidjie. Die wit mure
spierwit soos Martjie se wit sluier.
Tik-tok luier die hart-longmasjien.
Martjie wens sy kan hier lê:
haar hart is gebreek...
'n Nagklokkie buidel onbeskof.
Dis weer daardie ou man in Saal 10
met sy ongepoetste hand. Daardie ou disselboom
van Potchefstroom.
Maar niks, niks
kan die onthou - die groot-groot onthou -
ongedaan maak so aaklig uitspreiend
soos 'n pakkie jellie babies
sonder 'n swart enetjie;
'n lucky packet met 'n gebreekte speelding;
'n kar sonder domkrag of spaarwiel.Dis stil.
Die domkrag van die liefde bly
Martjie steeds by. Haar Beernis
stilgrommend van innig genot
na 'n sessie in haar kantoor.
Sal sy ooit daardie welige snor se gekriewel
durf vergeet? Die dierb're hand
soos 'n pienk ham wat naderbeuk,
haar twee varkogies diep versonke
soos 'n poel wat 'n klip ontvang.
Die twee heupe streng gedissiplineer
deur 'n 'extra large-step in' van Gossamer
en die bultende bunions soos berge van weleer.
Kortom: 'n prent in hartstogtelike begeer-
likheid. Beernis, Beernis, Beernis...
'n Matrone wat sy nooit sal vergeet.
O hartlongmasjien, te veel is die simfonie
van smart, die duet van dye,
die rapsodie van ratsheid.
Sy wil weer in haar groot arms ploems
en die musiek op haar mondjie voel pardoems.
29
Wys my die plekvir Tanja Verwaveren
Wys my die plek waar jy my eens gelek het
eens toe jy myne was -
Vroeër, voor jy my verraai het,
en in fotoboekies opgetree het.
Kyk, alles bly dieselfde. Ek, Mark Condor,
die Ruiter in Swart en al die ander ou donders.
Ons liefde bly soos 'n huppelende perd
al is jy nou by Groep Twee se Gert.Wys my die plek waar ons saam gespeel het,
Eens toe jy myne was -
die draairestaurant, die vele spoggerige tulbande,
Vroeër toe jy myne was.Kyk, dis dieselfde. Ons liefde gaan nooit verby
omdat ons deur vele woorde ons saam verbly;
Ons skitter steeds in vele ontberinge saam
vir ons liefde waarvoor ek my nie skaam.
30
Min Shaw'n Gebreekte sonnet
As jy sing van 'n Boereseun
wat min sakgeld kry (hy's moeder se held)
weet ek: jy behoef 'n ode
'n lofsang, 'n himne
want jy is die laaste outentieke,
oorspronklike boerenooi.
So eg soos waterblommetjie-bredie,
koedoe biltong, eendjies teen die muur.
Hoe het die wiel van geluk
nie teen jou gedraai?
Hoe het die kuns
nie die lewe vooruit geblaai?
As jy snik, Min
weet ek, kuns begin!
31
Cora Marie'n kwatryn
'n Cowboy-hoed
'n laaste groet!
Gelukkig jou stem
op 'n seven single gelem.
32
Gert PotgieterDaardie bulderstem
daardie bulderstem
verdoesel eintlik 'n teer siel
al het hy gelyk soos 'n biel.Gert, Gert
vir jou wil ek sê:
as ek kon, sou ek my hand
aan jou wou verpand!
33
Vir die Kavalier en KupidoJulle is kuns
kyk na die feit
dat jul name reeds met 'n k begin.
Kavalier, Kupido
julle name in graniet gekerf,
ons het die kuns geërf!
34
Klam-ode
Aan Perfidia PansegrouwDie verpleegster beuk langsaam na die saal.
Die bedpanne kletter. Die nagklokkies lui.
Daar is roering in die hospitaal.
Dis agtuur. Besoektyd.Die voordeur buig stadig oop.
Daar staan sy. 'n Vrou in graniet,
ook 'n vrou in verdriet.
Sy stap deur die gang
smakkend verby die deur waarop staan: Matrone Beernis.
Haar oë speel oor die naamplaatjie. Haar eens verlore beminde!
Nou's sy hier
om haar nuwe vriendin te besoek.
'n Ernstige spataaroperasie.O vroue, o versugtinge!
Verby, verby Beernis se deur.
Die deur swaai oop
sy staan daar. Soos die Voortrekkermonument,
onherhaalbaar, weergaloos, eenmalig.
"Ja?"O verlore liefde, o berou.
Sou die Matrone, die Matriarg haar nie herken?
sou sy nie sien hoe het liefdesleed geskep 'n dubbelken?
Kan sy sien hoe klop haar hart
soos 'n bang diertjie? Haar polsslag
gejaag soos 'n go-kart?
Haar leed so groot soos lugballon!O verdrietige liefde, o onthou!
Maar Matrone Beernis stap nader
'n groot gestalte bonkig en skoon.
'n Groot skip is sy in volle swang
'n gedig wat eindig op rymdwang.
"Ja?", herhaal sy.
"Waar vertoef Tosca van Staden?"
Matrone Beernis, stoets en swenkend
herken haar eens verlore geliefde.
Sy onthou die kletspraat wat almal inadem:
die skinderstories wat van saal tot saal
trek soos ongepoetste windjie wat maal
in 'n biduur.O vergifnis, o berou!
Maar groter as die verlede, is die hede.
Welluidender die liggaam se gekreun
die klam-ode van die lyf!O name, o versugtinge!
Gedenk Tosca van Staden!
Gedenk Turandot Tjaikofski!
Gedenk Butterfly van Breda!
En al die ander stafverpleegsters...
"Hier is haar saal;
mag ons mekaar nie langer faal!"
35
O verre wydtesO verre wydtes van jou oop-sper dy
wat heerlik het ek my nie aan jou verbly?
In klam koeltes my hand laat speel
in warm woestyne my tong verbeel!
36
EenmaalOok eenmaal in die kringloop van ons tye
sal sterk brand die onthou se wete:
dat ek deel was van jou lyf se getye
en meegedoen het sonder enige gewete!
37
Om hoer te weesO om hoer te wees wat werk
'n edel taak
die hele dag word geslaap
om snags van halte na halte
te beweeg
mans op te tel
te woeker totdat die ligdag
hom oor jou wreek...O om hoer te wees en werk
te doen
uit te help waar jy kan
te vat aan elke man
(en vrou) se Toring van Babel,
se stoetse Uniegebou
se lieflike Voortrekkermonument
om liefde in te sement...
38
WoordafleidingHoer: die beeld spring dadelik in die bed,
betekenisvol. - 'n Maskara-gesiggie,
buig af, laat haar broekie val
en wei onderlangs totdat ek beveel:
Genoeg, genoeg, genoeg.
Die rooi lippies se smeersel,
die maskara en ander toebehore
soos sykouse, pantie
op die vloer uitgestal.
Wat maak van haar 'n hoertjie:
sy is gewillig,
sy is mooi,
sy smaak na teer
(en lus vir meer),
sy vra nie geld nie,
net genade
ge-na-de!
en 'n meevallertjie
of wat.
Kat se blad
lek hom plat
dan weet jy wat!
39
Nuus uit die binnelandSoms in die nanag as die beddens sag kreun
in koshuise, tronke, hospitale en barakke
as die jagse jongelinge opstaan, klein -akke -
om die oggend te aanskou en voortdreun
met vele stories van oorwinnings en vergunnings
en die hygskrywers voetjie-vir-voetjie
elke gebaar van die liefde en wellus uittap
en die manne (met die kanne) uitstap
in 'n wêreld sonder grense
met hul groot bierpense
en op beddens spring soos werfbobbejane
of soos jakkalsjagters begin jag
- ja altyd is daar 'n vrou wat wag -
met die wêreld se windrigtings wat brom
heerlike liefdes en wellus wat kom!- dan, dan
weet ons op watter vasteland ons hoer.
40
Die fluitende predikantsvrouHoe word die danser
van die dans geskei
die fluiter
van die fluit gekry?Jy dra jou kuns
in jou keel:
'n stem onherroeplik
van lieflike fluweel!
41
Haelwit gestapelde lakensHaelwit gestapelde lakens,
wellus deur die sale gebou!
Hoe sou ek hul jagsheid inadem
en steeds my matronebors ophou?
Witter ja witter bly dit skitter
af teen die woeste koekhare swart
soos jou blou oë glinster
my smart.Sal ek fluister? Sal ek swyg?
Sal jy praat?
Of sal ons net weer saamhyg?
Jy het my verlaat!
42
Rotasie-kaart(met apologie aan Antjie Krog)
Dag 1
Tanja Verwaveren 'n bietjie lastig.
Dag 2
Beernis (Matrone) ook Raka in die omgangstaal bel laataand. Sy verlang om meer te wees as 'n vriendin.
"Kom ons wees net vriende," paai ek.
"Sal jy ooit 'n gedig oor my skryf?"Dag 3
Die Weduwee Viljee onthuts. Mense dink sy is 'n parodie. Nee, sy is ook van vlees en bloed. En kan sy gil. Ten hemele!
Dag 4
Stilte - skryf poësie.
Speel met die muses se lokke... Ek noem die muse van die woord, "Gouelokkies".
Dag 5
Bel D.J. Opperman astraal om te vra of hy van die titel Passiebomme hou.
Dag 6
Totius verleen toestemming vir die titel Passiebomme.
Dag 7
Saam met Tanja Verwaveren na die mallemeule. Eet roomys.
Om gedigte te skryf, is om op 'n mallemeule, rondomtalie te staan.
Dag 8
Stuur e-pos aan die Weduwee Viljee.
Is tog verlief op haar...
npvnwl@hemelsepoorte.com
Dag 9
Beernis verklaar haar liefde aan my.
Daar is niks soos ware liefde, niks so mooi so teer...
Sy is diep ontroer dat daar vele gedigte oor haar bestaan in Passiebomme.Dag 10
My pen roer met 'n gedig. 'n Gedugte gedig. Tanja Verwaveren bel vir 'n afspraak.
Ons ontmoet vir 'n laken-polka.Dag 11
Die Weduwee Viljee maak kontak.
Dag 12
Ontdek 'n stukkie onderklere van Tanja Verwaveren onder my bed. Geplant? Met opset? Vermoed sy daar is ook ander vroue?
Dag 13
'n Aaklige dag. D.J. Opperman hou nie van die titel nie. Hy voel dit mag Totius aanstoot gee. Maar wat weet hy van die huldeblyk? Van die fyn, fyn net van die wederwoord?
Dag 14
Passiebomme. Passiedromme. Passiekomme.
Nee. Passiebomme. Ek sit my voet neer; ek is nie meer in sy letterkundige laboratorium nie. Ek moet hierdie student-mentor- verhouding nou verbreek. Ek is 'n digter in eie reg. Ek moet nou my Kommas uit 'n poespas skryf!
Dag 15
Kuns is boos. Ja, kuns is doos.
Dag 16
Tanja Verwaveren, my boksmaat, my stoeimaat, my dubbelbedmaat. Idee vir 'n gedig; hmmm.
Die liefde as 'n modderbad.Dag 17
Die muses staan tou om hul hare gevleg te kry.
Dag 18
Die hospitaal moet 'n lei-motief wees in hierdie bundel. Afgelope hartstog.
Dag 19
Tanja Verwaveren het gisteraand geklop aan die deur en uitgeroep:"Ek voel so anders vanaand, my mens-mens."
Dag 20
Die bundel moet ook 'n huldeblyk word aan ons groot digters. Jan F. se Martjie bly my steeds roer. Ek onthou hoe hy sy hand, innig brommend van genot, op my been gesit het.
Dag 21
Beernis vra my inryteater toe om Lelik is my offer te sien. O, hoe lelik is my offer!
Dag 22
Sien weer Sonneblom in Parys. Verruklike spel wanneer Babs Laker vir Will Roberts sê:"Met jou, met jou is ek lankal klaar."
Dag 23
Skryf die eerste reëls van 'n gedig:
#
Soms in die nanag as die beddens sag kreun
#
Lieflike oomblik van personifikasie.
Dag 24
Wat rym met koek?
Broek, doek, hoek, snoek, vloek.
O professor Louis (Rymwoordeboek) Eksteen: húlde, húlde aan jou!
Dag 25
Brief van professor Odendal (met een a) oor die ELHAT.
Soos hy draai, soos hy swaai hierdie lekker ou CD-grom.
Dag 26
Pikkedel? Waarskynlik die mooiste digtersnaam in Afrikaans!
Dag 27
"Die oerbos". Mooi titel, ongelukkig reeds gebruik. Ai.
Dag 29
Brief van Elisabeth Eybers:
"Terwyl ek in hierdie liniaalland sit, weet ek dat jy die suiwerste poësie tans in Afrikaans skryf. Dis gedigte wat roer, ontroer, steur en veral, tref."
Dag 30
Antjie Krog. Lady Anne. Ek is Lady Sonja, sê Antjie Krog. Sy meen ek moet 'n bundel skryf Die hallelujahoepels oor al die vroue in my lewe. Maar die grootste tempeltjie bly maar Tanja Verwaveren.
Dag 31
Lina Spies het gevra of sy "Deernis vir Beernis" mag opneem in 'n bloemlesing van vrouedigters. Voel ek wil nie tussen minder talentvolle digteresse staan nie, soos Joan Hambidge.
Weet sy sal verstaan!
Hoop Charles Fraaier skryf 'n positiewe keurverslag!
|
"Koningskos! Dit het vir my gevoel asof elke gedig net vir my,
vir my alleen geskryf is." Hettie Smit
"In ons poësiedroogte is Passiebomme 'n ryk bydrae.
Sonja
Verbeek se debuut as digter getuig van cliché, vormdwang
en swak
smaak. Trouens, selde het daar nog 'n bundel verskyn wat elke
reël
van die poësie so voortreflik oortree. Kortom: Ms. Verbeek
haal
die deelteken van poësie af. Hygpoësie! En ek praat nou
as
regter en digter!" Toon van den Heever
"'n Letterkunde lewer maar eenmaal 'n Van Wyk Louw en 'n Sonja
Verbeek op. Dit is dan ook goed dat in die Van Wyk Louw-
herdenkingsjaar, 'n ander grote besing word. En dan weet ek my
uitspraak was reg: humor is(kursief) die lag met die traan."
Fransie Malherbe
"Hierdie debuut bevestig dat Ms Verbeek nie alleen 'n reisiger
deur al ons genres is nie, maar dat sy ook die grootste van die
genres bemeester het: die digkuns. In die hartroerende "Deernis
vir Beernis" word die verdrietige liefdesafloop tussen twee vroue
vasgevang. Met soveel styl. Met soveel waardigheid. Nooit word
dit smaakloos gedoen nie. Ook nie in die treurige "Winternag"
nie. Die bedpan bly immer bedek in hierdie matrone se treurende
saalbesoeke." C.M. van den Heever
"Mag Sonja Verbeek nooit haar lier aan die wilg hang nie. En haar
lies aan die meul nie." D.F. (die meulenaar) Malherbe
"Haai Sonja, wat vertel jy my nou! was my eerste woorde by die
lees van Passiebomme. 'n Verrassing! 'n Meesterstuk! 'n
Polfyntjie vir die proe! Nêrens is daar sprake van sarkasme
of
gekskeerdery nie. Of daardie lelike ou Franse woord, pastiche
nie!" Kleinjan van Bruggen
"Passiebomme moenie in die wagkamer van ons uitgewershuise
bly
nie. Dit moet onmiddellik gelanseer word. Ms Verbeek mag nie in
haar kreatiewe vaart gestuit word nie." Mikro
|
Terug na BO Terug na die Inhoudsopgawe Terug na die basisbladsy
|
|