|
Joan Hambidge
Diana Prinses van Wallis (1961 - 1997)Kobus du Toit
Ernst van Heerden (1916 - 1997)
Olga Kirsch (1924 - 1997)
Johann Johl (1951 - 1996)
Eugène N. Marais (1871 - 1936)
Toe was ek geskielik skokDes Fourie
Goud
Frankl se Rorschach
Aalmoes
Diana Prinses van Wallis (1961 - 1997)Daar is te veel woorde, te veel hulde,
te veel spekulasie, te veel treursange
oor jou: 'n prinses van nêrens..
In 'n eeu van atoomontploffings, ruimtereise,
hartoorplantings, VIGS
leef jy 'n sprokie
is jy die slapende skone deur 'n prins
wakker gekus voor die priemende blik van die pers.
Eendag, lank lank gelede was daar...
word 'n harde werklikheid
toe jy oornag - daar was 'n goeie fee - verander
in die meisie met die rooi skoentjies
wat dansend van ongeluk die honger oog nooit ontsnap.
Elke besonderheid elke intimiteit
word aan die wêreld opgedis
(koue liefde is immers die pers se gunstelingdis).
Van voorblad na agterblad na middelblad.
Jou pyn, jou ongelukkige jeug,
eetversteurings word uitgekots
in gesimuleerde simpatie, eenwording.
Hoe word mens simbool?
Wanneer bereik die gewone objek
soos 'n hart (kloppende orgaan) simboliese betekenis?
Is dit eers wanneer die hart breek?
Of die hart oorgeplant word?
Of as sake-van-die-hart allemansgoed word?
Grootoog-meisie, asof jy jou eie begrafnis repeteer,
sit jy langs Elton John by Gianni Versace se diens.
Min wetend hoe die wêreld ongerepeteerd
sou éénword met jou media-dood.
Jy kon die wêreld ruk tot stil-
stand, tot 'n aanskou-
like begrafnis van 'pomp and circumstance',
tot die strooi van rose...
Droomverlore : verlore droom
word die prinses van nêrens die prinses van orals.
"Daar is iets finaals in hierdie somer,
iets bitters, weerloos, onverdiend"Die hele dag is stug van afskeid neem van jou.
'n Herfstelike lig broei soos op 'n hemelvaartplakkaat.
Daar waar jy nou is, werk hulle sag met jou?
Hoe was die oorvaart? Had jy genoeg munte vir die Styx?
Is dit waar dat digters met verse mag betaal?
As dit so is, stuur aan my die internet-adres
of iets dergeliks vir digters 'in memoriam'.
Ek sal vertel van jou weerlose ure en verliese
wat deur jou verse soos daardie aamborstige klok bly tik.
Van die ' wreedheid van meegevoel'; van die vader
wat die kind tot in sy najaarswys versaak.
"My Papa's waltz, oh My Papa's waltz", sou jy roep.
En sy sugte, sy aanhoudende hoes bly hoor
toe jy met die lewe se mes lewend afgeslag is
vir dié bedryf: "Algemeene Handelaar van die woord".
Die literêre oefening het pynlike praktyk geword:
die digter 'n oer-dier, 'n skarrelende akkedis,
'n piepende vlermuis, 'n verspotte bergskilpad.
Was die afskeid swaar? Het jy weer gedroom
van daardie Karoostasie, Middernag
met die hol perron se ligte wat in jou skryn?
Yk, letsel, blessure, vermink, verdriet -
al vir jare wagtend op die oorgang.
Maar jy moes nog in woorde droom,
die stygings en dalings van jou handpalm tors,
die verpligtinge van jou eenlingskap besê.
Jy het nie vergeefs geleef nie, vriend.
Rus nou. Ons leer uit jou ordening en variasie.
Hoe jy verse meet en pas, van jou maskers;
veral: "die lewe is eensaam,
soos die dood".
Olga Kirsch (1924-1997)In Jiddisj blykbaar geen woord of begrip
vir teleurstelling, verydeling, verspeel.
Desondanks moes jy in 'n vreemde taal
'n tweede, ongenaakbare ballingskap binnegaan.
'n Digter kan nooit haar erfenis verloën:
"By die riviere van Babel, daar het ons gesit,
ook geween en aan Sion gedink..."
Met jou verse oor die diaspora, vervolging
die verdriet van jou mense naam gegee.
Hoeveel woorde is daar vir pyn?
Eensaamheid, illusie, verdriet, angs, kommer...
Dié kon jy opvang, stulp en bowenal vertaal
in hunkerende, ylende melodieë.
Vir jou sal ek 'n handleiding skryf
oor die treurvers, oftewel lykdig.
In memoriam. Opgesom (). Afgesluit.
Geleerdes weet te vertel (ek sien
jou oë kreukel oor dié parodie) matematies
werk dié vers met 'decorum' oftewel staat
van die oorledene. Dames en Here ek stel u voor...
Dan volg die 'prooemium' (inleiding)
en 'n uitskel teen die doodsoorsaak (vituperatio).
(In jou geval ter wille van kinders onvermeld.)
Natuurlik is daar lof (laus) mits hy 'n beroemde was.Geliefde vriend. Vergeef my die afwyking
van die struktuur van verlies, roubeklag, oproep,
doodsoorsaak en vertroosting.
Op Latyn, nog meer geleerd, 'iacturae demonstratio', 'luctus',
'adhortatio', 'causa' en 'consolatio'.Ek sal my eie treursang skep, afwyk
van dié reëls en voorskrifte:
"Ienkel, dienkel, dalie kind..."
Te sentimenteel vir jou, my ironikus.Skrap - delete.
Hoe verder jy van my staan, hoe nader die lyding.
Dié onverwagse stuk ironie besoek my vanaand.
Iewers - miskien langs die Moskwa, Duna of Isar -
kon jy in Russies leer hoe die streng doeane
jou driekeer mens verklaar: eers mens; toe lyk.
Ten slotte: verdrietige huldeblyk.
Eugène N. Marais (1871 - 1936)
Daar is niks wat jy liefhet wat nie
van jou weggeneem sal word nie.
- Dorothy ParkerI
Hoe durf ek skryf oor jou: 'n onbekende?
Gereduseer tot 'geval', morfinis, afwykende...
Boonop in 'n onbekende tyd...
Hoe kan ons ooit in 'n gedig regstel
dit wat jou ontneem is (soos 'n ongeskryfde gedig)
en aan jou toegedig word: 'n lewe in 'n verkeerde tyd,
ruimte, dimensie - jou tyd vér vooruit?
II
Die vers broei wekelank in my.
Jy is meer as 'n 'groot verlange';
gestol in die agterruimte van 'n kleinlike tyd
sien jy alreeds die onbewuste in 'n miernes;
weet die enkeling is ontersaaklik
vir die groter geheel.
Iets onsigbaars, onsêbaars (noodlot het geen dekorum)
bly talm: hesperiese flitse van verdriet.III
Daar word beweer die jongste van dertien
'n Vervloekte met 'n Kaïnsmerk:
Onsigbare, tastende Derdeoog.
Doodsbalju, kroonprins van die hel
besef as klein kind die wonderwerk van vooraf
weet: 'n kooltjie vuur stig 'n bosbrand aan.
(N)iemand kon die lyne in jou palm lees:
die selfmoordenaar, 'n swart forel, beur stroomop.
Wis van jongs af sy verdoemende lot:
stuur af op 'n swak gerepeteerde slot.IV
Iewers vertel die heldersiendes kan ons vervloektes red:
bevry al die visse in die see...
Alles begin oënskynlik met 'n spel: die smokkel
met sinne eers 'n heling teen insomnia;
later 'n nuttelose panacee teen senu-uitputting,
Die dobbelsteen bly verkeerd val;
die kaarte wys 'n ómgekeerde Skoppensboer.V
Dit staan geskryf teen die tempels
in moeilik-ontsyferbare hiërogliewe
teen die graf van Ramses II
dat vrede vir die vervloekte wél bestaan.
"Daar sou ek vrede weer besef
waar Tebes in die stil woestyn"...
Die gedig skryf sigself; vang die boodskappe
uit die ander oord onbevange op.
Laasnag droom ek van jou - met jou panamahoed
en dandy-pak in Egipte:VI
"O Diep Rivier, O Donker Stroom,
Hoé lank het ek gewag, hoe lank gedroom
Die lem van liefde wroegend in my hart?"
Vir jare sou die koors van berou, verwyt
om jou hang en elke geliefde of flirtasie
weer daardie eerste verlies uitspeel:
'n droewe deuntjie op 'n outydse pianola..
En toe jou moeder sterf, in in teen die Groot Niet
kon sy jou ook nie vertroos; net verder ontstig
met haar doodswoorde: "Daar's niks."VII
Ses dekades later in die wagkamer
tussen hier en die on-sienlike Daar
wonder ek: hoe kan 'n mens jou verlos?
Spiritiste meen mens bly gevange:
herhaal die skoot oor en oor
soos 'n teisterende droom
sonder logiese begin of einde
maar met die flitsende boodskap:
"O, Diep Rivier, O Donker Stroom..."VIII
Met drif het jy jou somberheid uitgeleef:
jou pennehouer 'n skedel...
Die verlies van die verswygde liefde:
soos die pik van 'n slang.
'n Wond wat sweer word kouevuur.
Verswelg in koorsdrome ont-
glip jy tydelik: 'n kobra in deurskynende glas.
Was dit swak-geskommelde kaarte?
'n Kruis en munt?
Opsluit moes jy dobbel, die dices skud
in teen die donker dieptes van die stroom:
'n Walvis sluk jou heelhuids in.L'envoi
IX
Van gesoignéerde, strydvaardige joernalis
gedemoveer tot bedremmelde, behoeftige boemelaar.
Is daar nog trane vir poësie?
Of leef jy nog in die selfgeskepte hel
van sinsbedrog, 'n noodlotsroep?
Vanaand swem al die visse
van die Tierra del Fuego tot Groenland,
van die Kaap tot Wladiwostok
en roep:" Hy's bevry, hy's bevry!"
Bostaande gedig het die Litera-prys gewen.
Dit is 'n prys wat toegeken word vir kreatiewe werk gepubliseer
in die tydskryf Literator.
Die gedig is eerste gepubliseer in Literator 19(1), April
1998.
Toe was ek geskielik skokek het gister vir my 'n lekker blou albaster gedink
ek moes ook vir hom 'n rooi spikkel
hy was splinternuutblink
soos die aurasprong
van 'n liefde-met-eerste-oogopslag
ek het sy lekkerte tussen my vingers laat rol
en sy koel trompspoed vaartbelynheid
surerig geproe
ek was geskielik skok
toe ek die chip sien
want ek het dit nie ge nie
Goud(ek promeneer evolusionêr-statig rostrumwaarts)
skares ggggh my peristalties voorwaarts)
ek bestyg die trappies (beskeie) opwaarts
(ek knik (beskeie) my palms dankie-ek's-dit-nie-waardig)
heerser van wat seil, kruip, swem, vlieg!
(die eerste lint nommerpas om my nek)
kroon van die diereryk en uitspansel!
(my skouers terug agterwaarts)
onbeperk intelligent!
(my bors du kabbelingwaarts)
(ek baai)
peinsend rasionaal!
room van die room!
(ek erken elk medalje (beskeie), elk goud)
post australopithicus, post erectus!
(ek voel die gewig (trots), elk goud)
post robustus, post neanderthalensis, post habilis!
sapiens, SAPIENS!
(linte krap my breë nek speels)
vrye keuse!
skaars minder as 'n hemelwese!
(my bors reeds besaai met edel)
(my hoof vet met olie)
nabetragting, toekomsvisie!
elke haar getel!
(my beker loop oor)
(triomfantelik, wenner!)
elke woord, daad, gedagte getel!
(waar sal my hulp vandaan kom?)
kreatief, reflektief!
(my hande aarsel tas-tas na steun)
verantwoordelikheid, skuld!
(my skouers span binnewaarts)
emosioneel, temperamenteel, eensaam!
(my bors kwyn onder die massa)
feilbaar, reflektief!
(my nek du voetwaarts)
verganklik!
(my knieë droëskanier krakerig)
mens!
(in die sweet van my aangesig)
MENS!
(ek plof aardwaarts)
Frankl se Rorschachgeen gebrek aan ongunstige weers- en ander omstandighede nie,
eerder aan die inaseming van die genoeglike lewe wat dit biedhoeveel agtereenvolgende sonskyndae/rugbyoorwinnings/
salarisverhogings is nodig?
hoe laag die rentekoers en sterk die rand
voor ons dankie sê dis nou oraait?ons gryp na leë hemps- en broeksakke
wanneer ons verby die bergie apologie
en ons sal-nie-help-om-te-kla-nie kla
by bure/familie/God
terwyl ons cholesterolvlakke styg
en creepy crawlies kitsch hangertjies verorberjy bewonder tydloos die gawe van die firmament
blindelings deur die newels van jou makkers
se Rorschach rookvlekke
Aalmoesduiwe daal neer op my erf
soos vallende woorde
omdat ek pitkos uitgooi
en glo aan engele wat geluidloos
in my kop praat
vashaak aan die hoek van my handwat pitte uitstrooi
wolke giet trane oor my oë
en ek wag
wag vir elke pikselse slag
as nog 'n skepsel uit die hemel
kom klop en hongerig vra:
geld, asseblief meneer?
Terug na die BO Terug na die Inhoudsopgawe Terug na die basisbladsy
|
|