Postmodernisme aan die einde van die millennium

Joan Hambidge Disclaimer

I

Die einde van 'n millennium is bykans met ons met al dieparanoïawat dit inhou. Ons lees bykans daagliks van die JK2-virus watkomputers wêreldwyd mag vries. En as een sentrale rekenaarinduie stort, kan 'n mens jou nie die domino-reaksie voorstel vanhierdie ineenstorting nie.

Maar die einde van 'n millennium, die sogenaamdefin-de-siècleis altyd 'n tyd van opgawe, dramatiese veranderinge en hieromgrensverskuiwings. Terwyl ek dan hierdie lesing skryf op myCompaq-Armada skootrekenaar val my oog op 'n Nederlandseadvertensie vir die Katholieke Universiteit van Brabant. Hierword daar, tipies postmodernisties, gefokus op Erasmus agter syskootrekenaar.

'n Mens kan jou goedskiks voorstel dat iemand in 'n volgendemillennium hierdie advertensie sou kon optel en besluit: kyk ekwas reg. Hulle het al in die Middeleeue komputers gebruik!

Hierdie foutiewe opmerking is egter net 'n prikkel vir my lesing,omdat ek van mening is dat ons aan die einde van hierdiemillennium dan ook besig is met 'n bestekopname. Ons is oorlaaimet kontradiktoriese informasie.

Daar is ver te veel inligting, boeke, resensies. 'n Mens kan as'tware nie bybly met al die literêre inligting wat dreig omjou teverswelg nie. Ons surf die internet, ons stuur e-pos. Orals waarons ons voet sit, is dit teks, in Barnard Gilliland se aangepastewoorde. En inderdaad was Opperman korrek: alles stroom deur grensen eeu aaneen.

Hoe bestudeer of lees 'n mens letterkunde wanneer daar soveelboeke is? Wanneer 'n mens in 'n "global village" woon en presiesweet wat aangaan in New Yorkof in ander literêre tonele opgevoer word deur gewoon die internet te "surf". Ook word Afrikaanseskrywers internasionaal bemark en die Afrikaanse letterkunde islank nie meer net 'n plaaslike letterkunde nie.

'n Tydelike onderbreking. Dit is nie my rekenaar wat vries nie,maar 'n lesing van die internasionale teoretikus Terry Eagleton,van Oxford wat ek moet bywoon. Die lesing handel oor Marxisme aandie einde van die millennium en hierdie teoretikus probeer sydenkrigting posisioneer binne hierdie veranderende wêreldendenkklimaat.

Te verwagte, is hy teen die postmodernistiese beweging se anti-historisisme, teen die lukrake omgaan met die tradisie. Al diebekende argumente word geloods teen hierdie beweging. Tereg merkhy op dat daar vandag nie meer sprake is van 'n "grand narrative"nie. 'n Mens sien hier iets van 'n rewolusionêre nostalgia-soos by Walter Benjamin - van iemand wat eweneens weet dat sydenkrigting net 'n rigting is. Die oortuigde postmodernissouimmers kon terug-antwoord en sê: daar is geen "grandnarrative"nie. Dit is nie moontlik om so te dink nie.

II

As 'n mens terugkyk en 'n soort bestekopname probeer maak ('nleeskaart in Harold Bloom se terme), sou 'n mens kon aanvoer datdie leser/skrywer/dosent wat die afgelope twintig jaar in dievakgebied werk, die meeste van die dramatiese verskuiwings binnedie vakgebied meegemaak het.

As jong student is ek opgelei binne 'n non-refleksiewe, "in thecloset" practical criticism en begrippe soos hoë, groot engoedis rondgestrooi. Met groot oortuiging kon 'n student circa1975skryf Wat is goeie letterkunde?

Dosente het ook geringskattend verwys na grensoorskrydende ofeksperimentele letterkunde en die Afrikaanse kanon was stewig ge-Bart Nel en ge-Opperman.

Wanneer 'n mens buite die voorgeskrewe tekste - veral teoreties-om gelees of aangehaal het, was die dosent minder geesdriftig.Hierna het hierdie leser literêre teorie ontdek en beginlees,vanaf Shklovski met sy teorieë oor poëtiesevervreemdingdeur totby Roland Barthes se verskillende avatare en ontdekkings.

Hierna het dekonstruksie sig aangemeld en veral Derrida se OfGrammatology en Writing and Difference het mymeegevoer.

In my ontwikkeling as literator kan 'n mens die verskil sien; vankonvensionele benadering in my M.A.-verhandeling Dieek-vertellerin die belydenisroman behaal aan die UP, onder leiding vanElizeBotha (in 1982) tot en met die Ph.D.: Die metaroman: 'ndekonstruksieondersoek met die promotor in 1985, AndréP.Brink.

III

Die volle verhaal is helaas nog nie vertel nie. Hier staan ekwant ek kan nie anders nie, so help my God, kan 'n mens byvoeg.Myteoretiese of kritiese bewussyn is nog altyd gevoed deur mykreatiewe denke of ontwikkeling.

Terwyl die meeste van my tydgenote aan die Universiteit vanStellenbosch hulle verdiep het in die poësie, het ek belanggestel in prosa en niemand anders nie as D.J. Opperman het myaangemoedig om prosa te skryf. Hy het my wel toegelaat tot sysogenaamde letterkundige laboratorium op grond van my kritiesewerk.

Opperman het 'n mens geleer om sowel goeie digter as kritikus tewees, want hy was van mening dat die een op die ander leun.

Ofskoon ek toé nog nie poësie geleer het nie, het ekaandagtiggeluister na sy uitsprake oor die digkuns en het dit heelonwetend deel geword van my (onder)bewussyn. Inmiddels het ek 'nklein novelle aan die uitgewershuise, Tafelberg en Perskor,voorgelê onder die titel Sonderspel, maar dieverslae wasonvriendelik.

Die refreine van beide keurders het gelui: die skrywer staan nogte na aan die gegewe en vandag is ek uiters dankbaar dat hierdiekeurders my in my vaart gestuit het. Dit is dan veel, veel later,eers in Die Judaskus wat ek gereed was om die volledigeverhaalte vertel.

Ook het die lewe my ingehaal. Op die harde manier het ek geleerpresies wat Shklovski bedoel het met die uitspraak: om die klipklipperiger te maak. 'n Uiters traumatiese ervaring so aan diebegin tagtigerjare het gelei tot 'n poëtiese ontwaking in1985en ek het Hartskrif geskryf, met al die wyshede en wenkevan diebonkige Zoeloelander in my agterkop.

Hierna het nog bundels gevolg en in elke bundel, so het diekritikus A.P. Grové tereg opgemerk, word 'nliteratuurteoretieseprobleem opgelos.

Nie alle digters is intellektuele of kritici in die praktyk nie.Nie alle skrywers polemiseer, skryf rubrieke of kritiese essaysnie, maar om 'n skrywer te wees, beteken dat 'n mens 'n kritieseoog, bykans soos 'n derdeoog, moet ontwikkel.

Na die skryf van Ewebeeld, gepubliseer in 1997, het ekweerteruggekeer na die prosa. Eers met 'n opstuurroman, Swartkoring,in 1996; daarna het ek begin skryf aan my langste en tot op datumbelangrikste teks, Die Judaskus, wat spruit uit 'n verdrietigeliefdesgeskiedenis.

Die roman het as't ware sigself geskryf. Want toe ek so ongeveerhalfpad is met die verhaal, besef ek dat ek vele anderperspektiewe het op die gegewe: 'n paar vorige romannetjies,kortverhale - afgekeur deur Human & Rousseau so om en by 1992 -,reisverslae, dagboekinskrywings tydens 'n reis onderneem na dieVerre Ooste, einde 1993.

Met die skryf van hierdie roman, het ek besef dat ek myteoretiese studies as't ware prakties ondersoek het. En, mykollega, professor Louise Viljoen aan die Universiteit vanStellenbosch deel my ook nou eendag mee dat die administrasiealdaar navraag gedoen het oor 'n student, ene JoanHélèneHambidge, se onvoltooide M.A.-verhandeling. (Ek was eers by dieU.S. ingeskryf en het dit toe aan die UP voltooi.)

Hierop was die antwoord van nie minder van Elize Botha nie datek tans eerder belydenisromans skryf as om daaroor teteoretiseer!

IV

Die einde van 'n millennium of epog het sig aangemeld op 'nunieke manier in my lewe. Deur die skryf van 'n lang, uitgebreideroman, Chinese box. Hierdie roman gee blyke van hierdiedubbelloop-aksie in my denke. Aan die een kant,akademikus/teoretikus/kritikus en aan die ander kant, skrywer ofkreatiewe persoon. Die een sluit nie die ander uit nie, maarkomplementeer dit.

Die roman - wat soos die titel suggereer 'n boksie binne-in 'nboksie is - sentreer rondom die nosie van 'n geheim. 'n Vrouvertrek op 'n sabbatsreis na Harvard en op haar terugkeer naSuid-Afrika, doen sy aan in Amsterdam. Hier steel iemand dietesis en sy is paniekbevange.

Die hele roman is dan 'n soektog, 'n moderne speurverhaal dus,na die dokument. Maar, hierdie soektog word verander wanneer syonverwags op 'n spirituele reis gaan en die hele roman wordgestruktureer rondom die major arkana van die Tarot.

'n Mens kan die roman lees van 0 - 21, of, jy kan dit skommelsoos wat 'n Tarotlesing vereis. Elke onderafdeling belig iets vanhaar psige. En in die middelste gedeelte van die boek, word dieleser teruggeneem na die jeug van hierdie karakter.

Die leser word van inligting oor die Tarot voorsien en eenafdeling vertel alles van die geskiedenis daarvan en hoéditbenader moet word. Die boek, en ek noem dit met opset 'n boek,is sowel roman as literatuurteorie.

En dit bring (post)moderne sieninge uit by ou Middeleeusewaarhede. Die verhaal word op 'n rekenaar geskryf, wat soms vriesen die storie ondermyn. Of die skrywer word teruggeneem na anderprimordiale wyshede soos "Die boek van sand", 'n verhaal vanBorges.

Die roman het nie 'n begin, middel of einde nie. Dit is niepostmodernisties nie. Dit is eerder 'n anti-roman, 'n stukbesinning oor die manier waarop ons dink en skryf vandag. 'nKreatiewe kladboek.

V

Rekenaars het persoonlikhede. Wel, my twee het. My skootrekenaaris anders gesnaar as my werkrekenaar, TRL. Die Judaskusis op diewerksrekenaar geskryf: soggens van vroeg af, voor sonsopkoms,terwyl Chinese box weer beslag gevind het tuis op dieCompaqArmada, staan gemaak in die kombuis.

Poësie skryf ek met die hand. Verkieslik met 'n potlood oppapier. Of, ek koop dikwels ook 'n boek en dan word dieverskillende weergawes vasgevang in die boekie.

Die verskillende weergawes van roman hou ek op stiffies. Maar diewerklike prosesse wat hul in mens afspeel, kan nooit volledigonder woorde gebring word nie.

En dit is juis dit wat agter woorde lê wat nooit onthulword inkreatiewe werkswinkels of by skryfskole nie. 'n Mens kan nieskryf as jy nie leef nie. Die lewe kom voor skryf. 'n Mens kanuiteraard nie skryf as jy nie taal kan beheer nie. Nog minder kanjy skryf as jy nie oor die vermoë beskik om kreatief om tegaanmet jou gegewe nie.

En mense is dikwels soos bloedhonde op die spoor van die storie-agter-die-storie. 'n Skrywer toor altyd met die ervaringe in diewerklikheid. As 'n mens dit net so identiek sou vertel, is ditgeen storie nie.

Skrywers is bloeddorstig. Hulle hoor stories. Stories agtervolghulle. Miskien is die onderbewussyn net oper sodat hulle 'nverhaal kan vertel namens ander mense. In die Middeleeuehetverhale kollektief aan almal behoort. Daar was geen kopiereg nie.

Maar die moderne skrywer vertel miskien die verhaal as 'nindiwidu namens ander. Hy of sy is die sjamaan, maar dit wordalmal se verhaal wanneer jy daarmee identifiseer of as dit 'nlewensprobleem akuut aanspreek. 'n Goeie boek verander jou viraltyd en altyd en altyd...

Dit is soos Borges se "Die boek van sand". Hy toor jou. Hy dringjou binne. Jy moet hom later weggooi soos die verteller inhierdie storie dan ook maak. Hy gooi dit in 'n rak langs anderboeke. Want daar sal niemand dit kry nie.

Min boeke het vandag nog die effek om 'n mens se denke ofgevoelslewe te verander. Ongelukkig in hierdie dae vanhype weetons meer van die skrywer se lewe, as van die boeke wat geskryfword. Is ons meer bewus van die geluide rondom die boek as dieboek self.

Harold Bloom se The Western Canon is 'n studie wat 'n mensmoetlees. Dit maak voorbrand vir goeie boeke en Bloom haal W.H. Audense beroemde dictum aan: slegte boeke is nie goed vir die sielnie.

Waarom sal ons slegte boeke lees, as daar soveel goeie boeke telese is? Waarom sal ons slegte gedigte of romans of kortverhaledurf skryf, as daar reeds soveel goeie verhale bestaan in ons?

Dit is net iemand wat iets outentieks te sê het en ditwaaragtigwil skryf, wat durf publiseer.

VI

Die Poppespel

Mevrou Edelgrief vertel vir die Professor in Duits haar droom.Sy kan sien hy luister nie, want sy brilglase blink van sy eiestorie. Sy besef: as sy werklik hierdie man wil imponeer, moetsy vir hom vertel wat hy wil hoor.

"Ek het gisteraand gedroom, begin sy, dat ek 'n pop is wat optreein 'n poppespel. My hare is geel. Ek droom die poppemeester trekmy toutjies en ek dans - teen wil en dank - die dans wat hybegeer. Langs my staan 'n soldaatjie. Hy slaan ook alles gade.Skielik trek die poppemeester my uit die klein poppekas en ekbreek in stukke.

Toe ek die volgende oggend wakker word, bly die droom my by. Toedink ek dat ek die verhaal vir u sal vertel. U sal begryp...u hetmos in gister se lesing E.T.A. Hoffmann se Die sandman vironsverduidelik. Hoe mens iets weet wat jy nie met die rede kanbegryp nie...as ek reg onthou, die "unheimliche", volgens Freud."

Toe Mevrou Edelgrief klaar is met haar klein verhaal, bly dieProfessor eers stil. Toe begin hy:

"Ek het gisteraand gedroom ek is 'n poppemeester in 'n poppespel.Dit was seker die lesing wat ek gister aangebied het, wat myhierdie bisarre droom laat droom het. In die ryk en helder droom,sien ek 'n pop staan wat soos 'n vrou lyk. Ek raak op haarverlief, hoewel ek weet 'n soldaatjie hou ons dop. Maar toe ekaan die pop raak val sy aan stukke."

Mevrou Edelgrief dink aan haar lewe. Haar man, 'n klein militariswat haar nie meer liefhet nie, maar wat haar ook nie 'n lewe vanhaar eie gun nie. Haar studies kon sy alleen voortsit teen diegrootste weerstand in.

"Hoekom wil jy verder studeer? En Duits? Wat kan jy daarmeedoen?"
"Ek sal self daarvoor betaal."
"En die kinders? Wat van hulle huiswerk? En wie sal vir Suzaanballet toe neem?"
"Ons het net in die oggende klas."
Gerepeteerde vrae en antwoorde. Soos in 'n poppespel met diebewegings vooraf uitgewerk. Eers jy; dan ek.

Uitreik. Weerstand. Aanvaarding. Opstand.

Maar iets het haar voortgedryf na hierdie Professor met systudies oor eksotiese onderwerpe. 'n Man wat kennelik verstaandat alles in die lewe neerkom op 'n spel met reëls enregulasies.

Veral sy studie oor Die vrou as ewige heilige het haardiepgeraak. Hierin ondersoek hy die verskillende posisies van dievrou: vanaf die Middeleeue tot die Hede.

Miskien is dit omdat hy daarop wys in welke mate vrouens dieObjek van mans se Begeerte bly wat haar na hierdie kursus gedwinghet. Dat hulle altyd die pop in die hand van die poppemeesterbly.

Of dalk was dit die verhaal van sy vrou se selfmoord wat haarlaat meen het dat iemand wat so intens skryf oor die liefde toggeluk verdien.

Sy weet nie. Nie met haar kop nie. Maar met haar hart voel sy.By hierdie man sal sy, Mevrou Edelgrief, kan ontsnap uit diedaaglikse ritme van opstaan, versorg, jou self minag, gaanlê(vir die liefdesspel).

Haar blonde hare - weliswaar gekleur - hang soos strooi om haarkop. Haar blou oë wys die pyn van afgeskeep voel en haarhandevat en los. Eens op 'n tyd was sy mooi, voordat die pyn vleesgeword het en in die masochistiese lyf afgesak het.

Sy Gucci-bril lyk chic op sy neus. Sy hare word dun soos dit indie middeljare gebeur en sy lyf is - soos dit 'n streng sadisbetaam - kompak.

Hy kyk na haar. Hy sien haar weerloosheid, haar behoefte aan hom.Die strooihare sal ek laat knip en 'n goeie dieët behoorthaarweer goed te laat lyk. Sy het bepaald potensiaal. En ongelukkig-getroude vroue speel altyd goed saam...mens moet hulle net leerom nie met hul vriendinne te praat nie en op die kampus maak asofdaar niks tussen ons nie. Sal ook nie weer die fout maak om diesekretaresse in my vertroue te neem nie...

Toe hy opstaan om aan Mevrou Edelgrief se dynende borste te raak,gaan die deur onverwags op. Met Meneer Edelgrief wat vra:"Watdink jy is jy besig om te doen?"

VII

Hierdie verhaal het ek so 'n paar maande gelede ingeskryf virDeKat se kortkortverhaal-wedstryd. Die verhaal het kennelik niediepaal gehaal nie. Tog is dit 'n tersaaklike verhaal vir hierdiereferaat. En dit is gekopieer vanuit 'n ander lêer om hiergeplaas te word. Die rekenaar stoor belangrike inligting; soosdie onbewuste.

Die kortkortverhaal illustreer 'n belangrike proses van dieskryfproses: 'n mens skryf dikwels verhale waarvan jy diebetekenis nie onmiddellik snap nie. Ook skryf 'n mens verhale watdikwels die tyd vooruit is, vir sowel ander lesers as virjouself.

Verhale moet ryp word. Die skrywer ook. Groot gedeeltes in DieJudaskus is al in 1979 geskryf, maar deur herhaaldeliketransformasieprosesse het dit uiteindelik die roman geword watdit nou is. Die poppespel behoef 'n psigoanalitiese lesing.Waarskynlik wil die verhaal kommentaar lewer op die animus/anima-spanning wat in die skrywer opgesluit lê, of die gevoel datdieskrywer in wese georkestreer, en dus gemanipuleer word deur haarverhaal. Dit lewer ook kommentaar op geslagsrolle, oftewelgender: tans is die uwe besig met 'n studie oor hierdieonderwerp.

Dat verhale of gedigte 'n mens skryf, het my al by herhalingoorgekom. Hoé die onbewuste 'n bepaalde situasie dikteer.Om teskryf is harde werk. Dit is 'n soort ontdekkingsreis: terug naou waarhede wat opgesluit lê in die Tarot, in Jung, enhierom indie self.

Aan die einde van 'n millennium beleef ons 'n stortvloed vaninligting en kennis. Van dit wat Lacan tereg sou bestempel as"empty speech". Hierom is dit waarskynlik dan belangrik om eerderterug te keer na primordiale kennis. Vir die skrywer is ditnoodsaaklik om kennis te neem van belangrike kennis, en sig wegte keer van leë inligting.

VIII

'n Mens kan skryf as jy wil skryf. Maar dit vereis dissipline:sangers moet daagliks hul stemme oefen. 'n Skrywer moet ookoefen: dit behels her-skrywing, her-belewing van dieselfde teks.

Die einde van die millennium neem ons terug na die begin. En indie begin was die woord. En tipies postmodernisties is hierdieteks nie net metafiksioneel of self-refleksief nie, maar moetdaar ook krities na die postmodernisme gekyk word. My studiePostmodernisme uit 1995 is die agtergrond waarteengeargumenteerword.

Kreatiewe skryfskool,
UPE 19 - 25 April 1999


Terug na die BO

Terug na die Inhoudsopgawe

Terug na die basisbladsy







Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/postjoan.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 6 Desember 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]