Die formaat van Onse angeltjie het aan die begin van 1998 begin verander, weg van die papiermodel af, nader na 'n opregte web-model toe. Twee keer 'n jaar is nie genoeg nie - boeke word gepubliseer en moet geresenseer word, en die nuus moet by lesers uitgebring word. So, ons dateer elke 'volume' nou op soos wat bydraes inkom.
Met hierdie uitgawe wend ons weer 'n poging aan om die kulturele verskeidenheid van die Oos-Kaap te laat spreek met 'n onderhoud met Yvonne Burgess en artikels oor A.C. Jordan, Kaatje Kekkelbek, Andrew Geddes Bain en die Blinkwater-monster. Hopelik sal soortgelyke dinge ook in Engels en Xhosa (oor 'Afrikaanse' gebeure) binne ander forums kan plaasvind. Ons sal maar moet sien.
Tot dan, roer die vingers en skryf aan ons: Kerneels Knyperd II
|
||||||||
|
||||||||
|
||||||||
|
D. Kompetisie
Die kompetisies wat in die vorige Onse angeltjie's geplaas is, is nie verskriklik goed ondersteun nie (miskien is dit ook nie verskriklik goed ge-administreer nie). Die eerste kompetisie is gewen deur Marlise Joubert wat die korrekte antwoord verskaf het, naamlik dat die gedeelte van Lichtenstein se teks waarna verwys is, verwerk is in Karel Schoeman se Verkenning. Sy het 'n kopie van Hennie Aucamp se Allersiele vir haar moeite gekry. Die kompetisie wat in hierdie uitgawe gehou word, is eenvoudig: 'n Kopie van Breyten Breytenbach se Papierblom sal gegee word vir 'n gedig wat in die smaak val van die redakteur en 'n geheime komitee. So, stuur! Per e-pos: john@getafix.utr.ac.za Die sluitingsdatum is: 20 November 1998. |
E. Bedankings
Onse angeltjie moet weer eens 'n hele klomp mense bedank. Dit bly mens se hart warm maak om mense te vind wat bereid is deel te neem en 'n bydrae te maak. Spesiale dank aan die volgende mense en instansies: UPE se rekenaarsentrum, Dr. Andries Marais vir logisties-tegnologiese bystand, al die deelnemers aan die UPE-Skryfkursus, Honiball Promosies vir die Honiball-grafika en laastens, maar nie die minste nie, die SABC vir die swak programmering (nou het mens weer tyd vir ander dinge). |
F. Rigtingwyser
Die boeke wat in Onse angeltjie geresenseer word, kan van die onderskeie uitgewers bekom word: |
Departement Afrikaans
Universiteit van Transkei
Privaatsak x 1
UNITRA
Umtata
5117
Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die universiteit nie.
Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die outeurs.
Enige gebruik van die materiaal in die tydskrif vir kommersiële
doeleindes sonder die toestemming van die outeur(s) of die redakteur, word
nie toegelaat nie.
Tot volgende keer.
|
U is besoeker nr.: