Onse angeltjie moes in Oktober 1998 afskeid neem van een van ons mees gewaardeerde en geliefde lede. Ons plaas hier die in memoriam wat by 'n diens in Grahamstad gelewer is. |
IN MEMORIAM: AGNES BARBARA BOSCH
Wetenskap en kennis, dit wat die bestaan van 'n universiteit
regverdig, bestaan in 'n hoë mate uit en in woorde en
woordstrukture. Maar, ironies, wanneer 'n mens gekonfronteer word
met die soort verlies wat ons vandag ervaar, dan droog jou woorde
letterlik op en stomme verslaendheid dreig om 'n mens te
oorweldig.
Ek herinner my egter aan die 14de eeuse Engelse non en skrywer
oor die mistiek, Dame Julian of Norwich, wat veral ook oor
menslike lyding en smart gepeins het. In een van haar geskrifte,
die sogenaamde Short Text (hoofstuk 22) skryf sy die volgende oor
een van haar visioene:
"These words: You will not be overcome, were said very
insistently and strongly [by Jesus], for certainty and strength
against every tribulation which may come. He did not say: You
will not be assailed, you will not be belaboured, you will not
be disquieted, but he said: You will not be overcome."
As we are mourning, we take courage from the fact that we know,
that our friend Barbara was indeed not overcome. Die vrede wat
sy voor haar heengaan ervaar het en die visioen wat sy van 'n
wonderlike hiernamaals gehad het, is vir ons wat rou, 'n bron van
vertroosting.
Wanneer 'n mens oor prof Agnes Barbara Bosch iets moet sê, is
die
vraag: Wat kan jy uitlaat, want daar is so veel te sê:
* 'n Mens sou kon verwys na haar merkwaardige bestuursvermoë;
haar departement, haar huis, haar private
lewe, haar
navorsing, haar deelname aan die openbare
en
verenigingslewe, was te alle tye voorbeelde
van perfekte
orkestrasie en bestuur -
* 'n Mens sou kon verwys na haar verstommende prolifieke
wetenskaplike navorsing; meer as 60 akademiese
publikasies
in die afgelope 7 jaar -
* 'n Mens sou kon noem dat sy 'n gerespekteerde lid
van die
Afrikaanse en Suid-Afrikaanse akademiese gemeenskap
was;
die posisies wat sy in vakkundige en redaksionele
komitees
beklee het getuig hiervan -
* 'n Mens sou kon praat oor haar bydrae tot die komitees
en
funksies van die Universiteit en veral haar
enorme bydrae
tot die Departement Afrikaans en Nederlands
aan Rhodes-
universiteit soos bevestig deur die spesiale
toekenning
deur die Vise-kanselier in 1997 vir haar bydrae
tot die
Universiteit -
* 'n Mens sou kon verwys na haar internasionale statuur
soos
bevestig deur die feit dat die Dictionary
of International
Biography haar in die 1996 uitgawe vermeld
of die feit dat
die publikasie Who's Who in the World haar
in 1996-97
vermeld of the feit dat "The World's Who's
Who of Women"
haar in 1997 vermeld -
Maar eintlik lê ons verlies veral op die persoonlike vlak:
* ons sal die sjarmante, elegante en altyd onkreukbaar
korrekte Departementshoof verskriklik mis;
as
departementslede was ons altyd trots daarop
om deur 'n mens
van haar kaliber verteenwoordig te wees -
* ons sal die sorgsame, sensitiewe en selflose Barbara
mis
wat altyd meer begaan was oor die welsyn van
andere as oor
haarself -
* ons sal die bedagsame persoon mis wat altyd, ten
spyte van
enorme verpligtings, na die klein menslike
dingetjies
omgesien het (enkele dae gelede vertel 'n
professor aan 'n
ander universiteit my dat sy eenmaal vir 'n
onderhoud
alleen in die aand van Port Elizabeth na Grahamstad
moes ry
en by haar aankoms vind sy 'n pragtige ruikertjie
blomme en
'n vriendelike boodskap op die kleedtafel
in haar hotel -
eers jare daarna sou sy uitvind dat Barbara
anoniem die
blomme daar gelaat het) -
* ons sal die aangename, vriendelike en lieflike kollega
mis;
waar 'n mens ook al by kongresse in Suid-Afrika
sowel as in
die buiteland kom, is dit duidelik dat Barbara
nie net die
respek van haar kollegas afgedwing het nie,
maar dat mense
vir haar lief was -
* ons sal die mens mis wat in die middel van die skryf
aan 'n
akademiese artikel of referaat, kon tyd maak
om met 'n kind
wat in haar kantoor kom kuier te gesels en
lekkers uit te
deel. She walked with kings but never lost
the common
touch.
In haar kort lewe het Barbara verstommend veel vermag. Onvoldane
sake, glo ek, het sy nie gehad nie. En daarom kan ons ten opsigte
van haar, saam met die spreker in N.P. van Wyk Louw se gedig sê:
"mooi is die lewe en die dood is mooi".
Aan Tommie, Christoff, Matthys, aan Mev De Wet, Barbara se
moeder, aan Mev Hager haar tante en aan die hele familie wil ons
wat bevoorreg was om haar as kollega en vriendin met hulle te
gedeel het, sê, ons is saam met julle verskriklik hartseer. Ons
glo egter dat die mooi en lekker herinneringe vir ons en vir
julle sal onderskraag.
Die Afrikaanse digteres Elizabeth Eybers het 'n gedig geskryf
waarvan, dink ek, so baie op Barbara van toepassing is. Laat my
toe om met drie strofes van die gedig "Die vrou" af te sluit:
"Somer en herfs
en winter trek in wye
onafgebroke
wisseling deur die land,
maar sy bly
draer van die lente want
liefde het haar
verhef bo die getye.
Die uitgeteerde
ruiter neig sy sens
en aarselend
voor die klaarheid van haar blik
erken selfs
hy sy heerskappy se grens:
in haar, wat
die onsterflikheid bewaak,
ontkiem die
toekoms in die flou getik
van lewe wat
voorwêreldlik ontwaak."
Terug na dieinhoudsopgawe