Poësie
|
Die snoek
| |
| |
| |
|
Prosa |
Verbeel hy hom of word sy oog al hoe warmer? Dit kan tog nie wees nie, dink Bles. Dan moes die brildraende gaste se brilrame ook tog warm word van die vuur. Hy kyk vinnig na 'n paar brildraers. Hy sien geen gloeiende brilrame nie. Hy staan nogtans 'n entjie verder van die halfuitgebrande braaivleisvuur af weg. Die tuin is in maanlig en rook gebaai, dink hy poëties. Hy kyk na die partytjiegangers wat in groepies langs die swembad en onder die lapa rondstaan. Benewens die gasheer en Alec, 'n jarelange kollega, lyk dit nie of hy enigiemand anders hier ken nie. Pas my goed, mymer hy teenoor die naaste broodboom: ek het in elk geval onder protes gekom. Al wat ek vra, is om die aand ongesiens en ongemerk om te dobber. By die buitekroeg staan 'n paar bierdrinkers in 'n kring om die gasheer, wat vir hom by die oomblik al meer soos 'n hormonale Portugees lyk. Sy sjarme ken vanaand geen perke nie. Hy is iewers in die middel van die een of ander grap wanneer hy Bles gewaar. Hy steek vas. Hy skrik toe hy Alec se hand op sy skouer voel. Die geelhouttafel in die eetkamer kreun onder die glasbakke met vleis, rys, pap, knoffelbrood, slaaie, nog vleis en nagereg. 'n Borstige tante staan gereed om bredie op hulle rys te skep. Sy kyk na Bles. Alec stel voor dat hulle in die televisiekamer gaan sit waar dit stiller is. Hulle loop hulle vas in twee jong meisies en 'n frisgeboude man wat in 'n gesprek oor die liefde gewikkel is. Dit sal te ooglopend wees om terug te draai, en hulle gaan dus stywerig op die punt van die leerbank plaasneem. Bles verkyk hom aan die man. Hy het die vreemdste manier om sy oë te beweeg. So suutjies soos wat 'n verkleurmannetjie dit sou doen. Die gasheer neem stelling in voor die TV. Ben deel 'n paar plastiekervaringe met 'n duidelik gewillige gehoor. Bles voel lig. Hy weet so goed wat Ben bedoel. Ben draai na hom en sy stem kry 'n intieme klank. In die vroeë oggendure staan hy na 'n klein groepie gaste en kyk wat hul lywe gul op die maat van oorverdowende Suid- Amerikaanse klanke rondskud. Ben kom styf langs hom staan. Hy stap deur die huis na die voorportaal en die aanskoulike eikehoutvoordeur met sy middelskarnier. Dis 'n hele ent af met die tuinpaadjie langs tot waar sy motor in die oprit geparkeer staan. Dis toe hy die motordeur aan sy handvatsel beetkry, dat hy dit sien. Die rits rondebolligte langs die oprit word oor die lengte van sy motor se kantruite weerkaats. Nes 'n blink ry perfek gevormde slegte eienskappe. Frans Britz Frans het onlangs nog 'n "plastiek-storie" gepubliseer in Literator Volume 19 nommer 1 (April 1998). |
Gaan ons iets rook? vra sy Ek lê skuins op die rusbank, my voete gemaklik op die dreskassie, met die afgesaagde pote, wat dien as 'n tafel. Op 'n kassie in die hoek van die kamer staan 'n wit vaas uit China. Daar is ook 'n Chinese briewekassie en skerwepotte wat dateer uit die kulturele revolusie, skadupoppe en indiese kershouers. Die sitkamer is in twee verdeel, elkeen met sy eie sitplek, kaggel en skilderye. Aan die een kant is werke van Geers, Kentridge en Bailey, aan die ander kant hang Warhol, Lennon en Ono. Op die vloer is daar ook beelde uit Bali en Thailand, 'n masker uit Zaire voor die kaggel. 'n Griekse beeld en aardbol staan op 'n ou Marshall-skeepskis wat met lood en rubber gevoer is . Hoeveel het jy daar? wil ek weet. Sy neem nog 'n pakkie en stap vooruit in die rigting van die slaapkamer. Ons gaan sit by 'n vierkantige glasbladtafel met gemaklike leerstoele met ysterrame. Ons loop deur die oop glasdeur terug na die kombuis. Sy swaai haar heupe met die koketterige selfvoldaanheid van 'n vrou wat weet dat dit wat sy het enige man sal bekoor. Ek strompel weer tot by die reling, kyk reg op en sien die hemel is stikdonkerswart. Ek was reg vir die volgende rush.
Clinton V. du Plessis
|
|