Baie mense is van mening dat die "moderne" wêreld waarin ons leef, gekenmerk word deur 'n toenemende simboliese en kulturele armoede en dat dié armoede deur mondialisering
en die verbruikerskultuur vererger word. Onse angeltjie bied in hierdie uitgawe verskillende perspektiewe op sulke gedagtes: dit mag wees dat die verbruikerskultuur die wêreld juis 'n lewendiger en gevaarliker plek maak vir "sensitiewe" siele, vir mense vir wie "kulturele" dinge voorrang geniet bo narsissistiese selfhaat en die materialistiese verleidings wat daarmee saamgaan. Ons is dié wat nog kan voel en kan sê, genoeg is genoeg. Ons is die skoktroepe van 'n nuwe wêreld, dié wat al die "redelikes" - ons gekwelde blink moraliste - help om te verstaan wat bedoel word met die slagspreuk: "Jingo, staan opsy!"
Die Van Stadensrivierbrug buite Port Elizabeth hierbo - 'n brug oor die oneindigheid - kan moontlik gesien word as 'n plek waar ons meer oor ons moderne wêreld kan leer, 'n plek waar mense met hul liggame wys wat die moderne kultuur beteken: wat sou dui op 'n ander soort skrif as dié waaraan ons gewoond is (die tol geëis deur dié brug staan al oor die veertig). Minder voor-die-hand-liggend miskien is die bydrae uit Ierland deur Edward Burke oor Karel Schoeman se Verkenning. Hy wys op interessante ooreenkomste (en verskille) tussen die geskiedenisse van die Iere en van Afrikaanse mense, soos die kolonisering en diskriminasie wat Iere aan die hand van die Engelse deurgemaak het, asook die feit dat die verlies van hul taal deel was van hierdie ervaring. |
Inhoud.......
|
1. Bondgenoot of medepligtige? 'n Skrywer besin oor sy dagboek |
Verdere gedagtes oor dagboekskryf
|
2. Een blik op Karel Schoemans Verkenning |
Die representasie van Boere (en Iere)
|
3. Cosa nostra |
Noo(r)dbestaan VI - 'n Familiestorie
|
4. 'n Fontein van goedheid in stories |
Onderhoud met Piet Naudé
|
5. riskante REKLAME |
Beeldgedagtes oor populêre kultuur
|
6. Verhale |
Die laaste graf - Stef Delport |
7.
Gedigte
|
|
Redakteur: Philip John
Onse angeltjie word uitgegee deur Philip John. Departement Afrikaans 5117 Opinies wat in die blad uitgespreek word, reflekteer nie noodwendig die beleid van die universiteit nie. Kopiereg: Kopiereg word streng voorbehou en berus by die
outeurs. Tot volgende keer.
|
|