N |
O |
O |
(R) |
D |
B |
E |
S |
T |
A |
A |
N |
* |
VI |
* |
deur Edna Deudney.........................
Kennelik tevrede met die vooruitsig van 'n gevange gehoor, noem Ilona helder en duidelik die naam van haar vertelling, Cosa Nostra. Paní Boccacciová, wat net langs my besig is om die leë glase te verwyder, laat een rinkelend val.
Sy kry my aan die skouer beet.
"Deine Kraft, deine Kraft! Gebrauch sie damit Du mir hilfst auch zu sehen".
Rome
Hoe laer die vliegtuig daal, hoe hoër die bokkespronge van haar hart. Rome, die ewige stad, waar haar geliefde op haar wag, vou glansryk onder die wolke oop. Sy snak na asem, alles so oorweldigend.
Die Palazzo
Dis reeds laatmiddag. Ilona kom met 'n kreun orent in die groot hemelbed.
Haar kop voel swaar en dof, haar arms en bene lam. Sy sak weer in die
kussings terug, sluit haar oë teen die lig wat meedoënloos deur groot vensters val.
Familiesake of te not, nou kan Ilona haar nuuskierigheid nie meer bedwing
nie. Op kaal voete wat diep in die sagte vloerkleed wegsak, sluip sy tot by
die skuifdeur. Die opening is egter so klein, sy kan skaars iets
sien. Versigtig skuif sy die deur verder oop.
Die huweliksfees.
Versigtig, byna liefderik help Rosita haar aantrek. Eindelik nog net die
hakies en pêrelknopies aan die voorkant van die nousluitende rok, et voilá!
Sy laat Ilona eers dié kant toe, dan daardie kant toe voor die lang spieëls draai, maak ten slotte, asof op 'n skielike ingewing, die hele rits onderste knope weer los.
(word vervolg)
Haas onwillekeurig beweeg my hand na my voorkop, raak my vingers die
verborge oog aan. Terselfdertyd gebeur daar met my iets uiters vreemd. Ek
weet ek is van lotjie getik. Aan die drome, die stem van Outante, ook die
verskyning so af en toe van my enigmatiese beskermheer, is ek reeds lankal gewoond, maar dié ding is totaal anders en eintlik 'n bietjie beangstigend, al laat dit my met 'n gevoel van haas onbeperkte mag. Feit is, my bewussyn is ineens asof deur 'n onsigbare netwerk met dié van Ilona verbind. Soos wie
weet watter alomteenwoordige voyeur sien ek selfs die kleinste detail van
die ervaringe wat sy weer eens verswyg, maar tog so intens herleef. Ook kan ek haar elke emosie en gewaarwording peil:
"Corsi alla leggera", het hy geskryf. In Italië sal aan al haar behoeftes voorsien word. Sy het dus net die allernodigste ingepak, een ekstra snyerspakkie, 'n vollengte grysswart mantel, enkele stelle fyn onderklere, 'n wasige nagrok en, omdat sy bygelowig is, die eenvoudige dog uiters elegante trourok liefderyk toegevou in sellofaan en bruinpapier versteek. By die inpak van die nagrok moes sy glimlag. Om te dink dat sy, wat verkies om met slegs 'n pantie en 'n bra onder die komberse in te kruip, in die huweliksbed ten
volle gekleed sal wees!
Maar ai, hoe langsaam gaan alles tog nou dat die vliegtuig reeds op Aeroport
Leonardo da Vinci tot stilstand gekom het. 'n Hele horde voor haar in die
gangetjie en sommige sukkel nog om handbagasie uit die houers bo te haal!
"Patience, girl, just be patient", maan sy haarself. "Your fairy tale is
about to be concluded, so rather think back and enjoy the sheer magic of it
all".
Soos die dag van gister herinner sy haar daardie eerste vreemde dog heuglike ontmoeting. Dit was so drie, vier maande na haar pa se dood. Geld om haar
studies te voltooi was daar nie. Toe sien sy die advertensie in 'n
Sondagkoerant. Dit was van 'n firma op soek na 'n jong dame, volkome
tweetalig 'and with a smattering of French and/or Italian'. Sy het gebel en soos hulle versoek het, 'n onlangse foto aangestuur. Binne 'n week was
alles gereël: 'n retoervlug, besigheidsklas, Port Elizabeth - Jan Smuts en verblyf
in een van Pretoria se mees vooraanstaande hotelle.
Die oggend van die onderhoud, onthou sy, het sy nog 'n laaste kritiese blik
op haarself in een van die lang spieëls gewerp. Eintlik iets te vroulik om oortuigend professioneel te lyk, die streng snyerspakkie ten spyt. Eerder as
dat dit haar rondinge verdoesel, het die eenvoudige snit haar slankheid en sagte aanvalligheid beklemtoon; die skirt, 'n mooi midlengte, het haar
welgevormde kuite ten beste vertoon; uiterlik dus, netjies versorg, maar
innerlik die ene bewerasie.
"Let's face it. I was just a very young girl, hardly out of the convent and with no experience at all."
Al haar hoop gevestig op die verslae en getuigskrifte, in haar lêer, is sy daar weg. Dié bewysmateriaal was immers onweerlegbaar: skooleind met twee
A's, Engels en Frans, ook getuigskrifte en 'n verklaring dat sy haar eerste
semester aan die universiteit voltooi het met onderskeiding in Engels, Frans en Arabies.
"Yes, Arabic. Remember, I spent my childhood in Jemen, that's why I enrolled at UPE. In the êrly seventies Arabic was one of the languages taught there."
By Cosa Nostra Import and Export was daar nog een kandidaat in die wagkamer.
Nie onaantreklik nie, maar so uithangerig vol van haarself! Binne die eerste vyf minute het sy Ilona goed laat verstaan dat die pos sonder twyfel hare sou wees. Sy lees, skryf en praat vyf tale en daarmee sou niemand in kompetisie tree nie. Nie dat sy van plan was om lank in die betrekking te bly nie, "Oh no, just a stepping stone, my dear, just a stepping stone."
Sy't sommer lus gevoel en begin Arabies praat, dog, eerder as om die vroumens
koud te sit met dié erfenis uit haar kinderdae, maak sy maar haar tassie oop om, terwyl sy wag, moed te put uit haar lêer met sy prysenswaardige inhoud.
Konsternasie! In die tas was haar leë beursie, 'n liniaal, 'n pen,
haar lipstiffie en 'n paar velle onbeskrewe papier, maar hoegenaamd geen lêer nie.
"Oh my God! Oh my God! Not a mere exclamation mind you, a fervent prayer out of the depth of my heart. Little did I know that my guardian angel was at that moment working his fingers to the bone."
Die aggresiewe meisie se onderhoudsbeurt was kort, heeltemal te kort. Nog
voordat Ilona tot haar sinne kon kom, moes sy die oordeelskamertjie in. Agter die lessenaar, welvarend agteroorgeleun, was 'n joviale ou kaalkop. 'Uncle Alfredo' het die naamplaatjie voor hom gelees. Langs die lessenaar het 'n ware Adonis nonchalant geluier.
Uncle Alfredo was, soos sy later verneem het, tydens W. O. II een van die
talle bevoorregte Italiaanse krygsgevangenes wat oral in Suid-Afrika op
boereplase werksaam was. Hy het haar op pront Afrikaans begroet:
"Hopelik is jy nie ook 'n bloukous soos die madam van so flussies nie,
of hoe juffie?"
Die jong Adonis het nadergestaan, haar skouer liggies aangeraak, soos 'n professionele fotograaf haar eers na die een kant, toe na die ander kant
laat draai. Toe asof dit die natuurlikste ding ter wêreld is, skielik die
knippies uit haar hare gehaal, haar haredos goudglansend los laat stroom oor haar skouers.
"Trés bien! Et vous parlez francais?"
Geen verdere vrae oor kwalifikasies nie! Dit het haar verbaas, maar sy het wyslik besluit om self geen woord te rep nie.
"I cottoned on very quickly, knew intuitively that a display of intellectual prowess would spoil my chances".
Doodtevrede met haar Frans, "Op skool geleer, Juffie?", en veral tevrede met die feit dat sy as gevolg van haar gebrek aan familiebande feitlik
onmiddellik in diens kon tree, is sy as personeellid van Cosa Nostra aanvaar.
Hooftaak: sy sou die tolk en lerares Engels van die jonge Adonis met die
romantiese naam van Fernando wees. Slegs een voorwaarde het hulle gestel:
Sy moes 'n mediese ondersoek by 'n vooraanstaande vrouedokter ondergaan.
Dié sou aan hulle verslag doen.
Fernando het haar van die begin af subtiel en kuis die hof gemaak, attensies en blomme, peperduur parfuum. Smoorverlief het sy begin hunker na die oomblik
wanneer hartstog hom sou oorweldig, maar steeds was hy 'n gentleman, steeds
was hy in beheer. Wel het hy haar enkele kere so effens teen hom aangedruk,
maar sodra sy haar arms om sy hals probeer slaan het, haar mond verlangend gereed vir sy kus, het hy haar, 'n piksoentjie op die voorkop gegee en
vermanend betig: "No, no, you very special. You million dollar virgin". En stry kon sy nie stry nie, ook nie haar streng katolieke opvoeding verwyt nie; haar eerder daaroor verheug.
Toe kom die dag van sy skielike vertrek terug Italië toe, haar troos die afspraak dat sy, sodra hy alles gereël het, sou volg. Uncle Alfredo het die geld vir 'n trourok geskenk. Fernando het wel vereistes gestel, die rok moet
noupassend wees en voor van bo tot onder kan oopknoop.
En hier ís sy nou, half duiselig van opwinding. "Not butterflies, but grasshoppers were fighting their way out of my tummy!"
Eindelik deur paspoortbeheer en haar enkele koffer in besit geneem, stap sy
uit tussen al die vreemde mense wat mekaar behoorlik verdring in hulle
gretigheid om geliefdes, gaste of sakevriende te verwelkom. Fernando,
Fernando? Waar sou hy dan wees? Haar oë soek tevergeefs. Toe, so effens links na agter, sien sy 'n wit kartonbordjie met daarop háár naam: Ilona O'Neil. Die
persoon wat dit omhoog hou, is beslis onbekend.
"A cold shiver of premonition." Het iets met Fernando gebeur? Dadelik
moet
die onsekerheid uit die weg geruim word, en sy beur tussen die mense deur.
Dis 'n kort bakbeen mannetjie met 'n olierige voorkoms wat haar inwag:
"Signorina O'Neil?"
Sy gaan vierkant voor hom staan. "What happened? Where is Fernando?
Geen antwoord nie, net 'n deurvorsende kyk in die lewendige leepoog; die ander een staan stokstyf, 'n dooie stuk glas. Onseremonieel neem hy haar tas
by haar en begin aanstryk. Sy moet net uithaal om by te bly. Waarheen in
hemelsnaam is hy op pad? Al hoe dieper die gebouekompleks in, voel dit haar, gang op en gang af, verby kantore waar weeksdae waarskynlik mense werk; nog 'n gang en nog een, die een so verlate soos die ander en geeneen 'n uitgang nie!
Uiteindelik gaan Bakbeen staan, sommerso langs 'n muur wat afwisselend met
vertikale stroke van vlekvrye staal en keramiek versier is. Uit 'n binnesak
van sy leerbaadjie haal hy iets wat na 'n soort mikrofoon lyk. Klein, baie
klein, pas dit net mooi in die palm van sy hand. Hy hou dit redelik naby sy
mond, "Cosa nostra", brom hy daarin, en geruisloos skuif 'n staalplaat oop, daaragter die tralies van 'n outydse hysbak. Weer hou Bakbeen die mikrofoon voor sy mond, "Signorina O'Neil", kondig hy aan. Stadig en effens rukkerig
skuif nou ook die hysbakdeur oop. Terselfdertyd kom daar uit die dak van die affêre 'n krakerige geluid soos van statiese elektrisiteit, dan 'n stem,
"Benvenuto Ilona".
Vreugde en verligting! Dis Fernando wat haar welkom heet! Haastig bondel
sy saam met Bakbeen die hysbak in. Op en op gaan hulle, langsaam maar seker in 'n nimmereindigende skag. Nog eenkeer kom Fernando se stem oor die lug.
In
kompetisie met 'n oorverdowende geruis skreeu hy iets. Ilona hoor slegs
die
woorde 'elicottero' en 'faccia attenzione!', weet nietemin presies
wat om te
doen toe hulle op die plat dak van die gebou uit die hysbak stap. Laag
gebukkend hardloop sy en Bakbeen na die wagtende helikopter.
"Wat 'n ongelooflike verrassing!" juig dit in haar gemoed toe Fernando
enkele minute later met die helikopter oor Rome begin koers. Ten spyte daarvan dat sy die hele nag geen oog toegemaak het nie, is sy wawydwakker en die ene aandag, dog anders as wat sy verwag, is Fernando klaarblyklik nie van plan om haar op 'n impromptu besigtigingstoer te neem nie. Wel sirkel hulle redelik laag en probeer sy na aanleiding van die reisgidse wat sy tuis bestudeer het,
bepaalde besienswaardighede herken. Die Colosseum ja, en die Pantheon, ook die Citta' del Vaticano. En dit? Die Villa Borghese? Help ook nie dat sy vra nie. Bakbeen is horende doof en Fernando konsentreer blykbaar op instruksies
wat telkens oor 'n radiosender kom. Twee drie keer sirkel hy sonder 'n
enkele
kommentaar, koers dan noord-oos.
Geboue en heuwels, ook 'n kronkelende rivier - die Tevere? - gly vlug onder hulle heen. Geleidelik verander die landskap, raak yler bevolk; landerye en
bosse, enkele klein nedersettings. Waarheen sou hulle op pad wees? Die adres wat sy het, is immers die van 'n woonstel in die stad self, om presies te
wees, in die E.U.R., wat volgens haar Franse reisgids "un quartier
résidentiel ultra-moderne" is. Glo oorspronklik geskep terwille van die
Exposition Universelle van Rome, 'n uitstalling wat vanweë die Tweede
Wêreldoorlog nooit plaasgevind het nie.
Dan onthou sy. Een of twee keer het sy Uncle Alfredo hoor praat van die
Palazzo wat êrens naby of op die grens met die Balkan geleë is. Nuuskierig
het sy probeer uitvra, maar Fernando was terughoudend en al wat sy kon aflei, was dat dit 'n soort familiewoning of bymekaarkomplek is.
Ja, dis nooit anders nie. Hy neem haar na die Palazzo om sy ouers te ontmoet. 'n Pragtige gerusstellende gedagte en sy wikkel haar gemakliker in haar sitplek in, glimlag selfs teenoor Bakbeen wat haar tenspyte van sy stilswye
deurentyd in die visier van sy een lewendige oog gehou het.
Sowaar, hy glimlag terug! Dan, asof haar glimlag die teken was waarop hy
gewag het, tower hy van onder sy sitplek 'n fles sjampanje en twee glase tevoorskyn. Die moet sy vashou, terwyl hy en Fernando behendig sitplekke
ruil.
Nou is Bakbeen die loods en Fernando die sjarmante gasheer. Vrolik laat hy
die sjampanjeprop skiet, neem 'n glas by Ilona en giet dit halfvol met die
vonkelende vog. Dan lig hy dit na sy mond. Nee, nie om daaraan te proe nie,
ook nie om die aroma in te adem nie. Hy kus die rand van die glas, oorhandig
dit dan aan haar.
Wat neurie hy nou terwyl hy sy eie glas vul? Die motore dreun hard en hy
kan hoeka geen wysie hou nie, hopeloos vals. So gebore en so laat staan. Nee, sy
misgis haar nie. Dis die liedjie uit toeka se dae wat sy, romantiese sieltjie wat sy is, hom as deel van die lesse geleer het:
"Drink to me only with thine eyes, and I will pledge with mine.
Ai, die Fernando! Hoe kan hy haar tog nie terg nie. Ilona lag verleë, maar
eintlik wil sy huil. Waarom neem hy haar dan nie dadelik verwelkomend in sy
arms nie? Het hy haar dan nie ook lief nie, of is en was al sy attensies net so vals soos sy stem? Dog, dadelik vind sy 'n verskoning vir sy
terughoudenheid. Seker maar omdat Bakbeen by is, want kyk hoe bedagsaam en versorgend is hy nietemin.
Or leave a kiss but in the cup, and I'll not look for wine.
The thirst that from this so doth rise ..."
Uit sy baadjie se binnesak het hy twee slaappille gehaal.
"Ilona you very tired. Too much excitement. Now you sleep." Hy laat haar die pille met haar sjampanje sluk, skik die kussings van haar sitplek en vou 'n
reisdeken van sagte sybokhaar om haar bene. Dan neem hy langs haar plaas,
laat haar kop in die holte van sy arm rus. Met 'n gelukkige glimlag om haar
mond raak sy aan die slaap.
Ilona slaap vas en diep, merk dit nie eers toe Fernando stilletjies opstaan, haar sitplek in 'n lê-posisie stel en weer die beheer van die helikopter
oorneem nie. Selfs toe hulle daal en êrens land, word sy nie heeltemal wakker nie. Eerder laat die stemme buite en die reuk van brandstof wat ingeneem word, haar met 'n kreuntjie van protes op haar sy draai.
Dis donkernag toe hulle vir die tweede keer land, maar daarvan is sy skaars
bewus. Iemand ondersteun haar by die uitklim. Duiselig dink sy, soveel
trappe, af, af en nog verder af, voel dan hoe sterk arms haar optel.
Dis 'n gemakstoel of 'n bed of iets waarin sy teen 'n stapel kussings
sitgemaak word. 'n Glas word teen haar lippe gehou. Melk! Dorstig drink
sy ten spyte van die effense bitter bysmaak, val feitlik onmiddellik weer in 'n diepe beswyming.
Algaande dring geluide van buite tot haar deur: gille en uitroepe van
plesier, water wat plons en spat; 'n swembad en mense wat daarin baljaar? Dan iets anders, asof sommer hier by haar in die kamer: 'n sagte snikgeluid.
Ja, daar is dit weer.
Gestut op haar elmboog speur sy rond. Niks. Weer gly haar oë oor die ornate
muurpanele, saters en nimfe in alle denkbare erotiese posisies. Wag! Daar
langs die een paneel, van bo na onder, is 'n smal opening. Ja, die paneel
self is 'n skuifdeur tussen dié vertrek en die een langsaan.
Ilona sukkel strompelend uit die bed. Nou eers merk sy dat sy geklee is in die nagrok van haar geringe bruidsuitset. En sy onthou: die helikopter, die
sjampanje, die Palazzo? Ja, dis sekerlik die Palazzo waarin sy haar bevind,
maar wie sou hier langsaan so droewig aan't huil wees? Familiesake, vermaan sy haarself.
Juis op daardie oomblik bedaar die gedempte snikke. 'n Hartseer kinderstem
begin iets sing,
"Hajej, muj zlatousku,
Eers toe Ilona skielik stilbly en vraend verbaas in my rigting kyk, merk ek
dat pani Boccacciová intussen langs my plaasgeneem het. Dis haar stem wat
harmoniërend by die kinderstem inval om die liedjie te voltooi.
hajej a spi,
zamhouri malicky
"ocicky svy:
Dan spring sy vervaard op. Al kwetterend in Tsjeggies verdwyn sy in die
kombuis, kom terug met die kelner en sy dogter op sleeptou agter haar aan.
hajej, dadej, dadej, malej!
zamhouri malicky
ocicky svy."
Eers toe dié ook elkeen 'n sitplek gekry het, en Ilona haar vertelling
hervat, is ek weer eens bewus van my krag. Ek kyk tot diep in haar bewussyn
en die gebeure in die Palazzo speel as't ware hier voor my af:
Dis 'n dogtertjie van so tien, elf jaar wat, met haar rug na Ilona gekeer, op 'n rystoel sit en wieg; heen en terug, heen en terug, haar dun armpies
beskermend om haar eie lyfie gevou, so asof sy haarself met die liedjie wil
troos:
"hajej, dajej, dajej, majej."
Die stemmetjie smoor in 'n snik. Sy begin weer hartverskeurend huil.
"Maminka
muj, Maminka muj!" kerm sy tussen die trane deur.
Soveel verdriet moet vertroos word. Ilona wil vorentoe, maar bly verleë staan
toe iemand wat tot dusver in die een hoek uit haar sig was, skielik opstaan
en hard met die kind begin praat. Dis 'n vreemde taal, maar aan die stemklank kan sy hoor dat die kind se gehuil die vrou blykbaar tot die uiterste
irriteer. Sy't nou die dogtertjie aan die skouers beet, skud haar soos 'n
hond 'n stuk ou vel.
Met enkele treë is Ilona by. "Don't!"
"O, wat 'n geluk. Jy's uiteindelik wakker." Die vrou praat Engels, is
blykbaar
geensins verras om haar te sien nie, eerder verlig, sou mens sê. Sy los
die
kind se skouers, druk haar gemaak beskermend teen haar vas, en uiter nou,
weer in die vreemde taal, woorde wat blykbaar moet troos. Dan
verontskuldigend teenoor Ilona: "Ek raak moedeloos met haar. Hier wag die
goeie lewe, maar sy roep na haar ma!". En vervolg met 'n sug, "Maar ja, so is ons sigeuners nou eenmaal. Vreeslik familievas".
Ondersoekend kyk sy na Ilona, "Ek was al bang my slaapdrankie was te sterk,
maar jy lyk geensins verlep nie, eintlik piekfyn vir die fees". Tevrede
dat
die kind nou stil is, plaas sy haar hand onder Ilona se elmboog, begin haar
vriendelik dog ferm teruglei na die kamer met die groot hemelbed.
Intussen praat sy een stryk deur. "Toe, gaan bad jy nou maar lekker. Daarna help ek jou met die trourok. Jou eerste bruidegom het reeds aangekom. Hy en sy lakeie kan hulle lus seker nie meer bedwing nie, wag al van verlede week af. Nie dat dit hulle verveel het nie. Al die meisies hier is goeie sports."
Ilona kan haar ore nie glo nie.Waarvan op aarde praat die vroumens? Sy gaan
vierkant voor die sigeunerin staan, wil dringend 'n verduideliking hê.
"Het Fernando jou nie ingelig nie?"
Dan, as Ilona haar net onbegrypend aanstaar, "Toemaar, ek kan sommer sien
jy's so naïef, hy't jou sekerlik om die bos moes lei. Anders sou jy nooit gekom het nie. Maar nou's jy hier en nou's dit sy baby. Hy moet maar kom
regmaak wat hy verbrou het". Met dié draai sy om en stap driftig die kamer uit.
Nie te lank daarna nie maak Fernando sy opwagting. Nadat hy die skuifdeur
tussen die twee vertrekke deeglik toegemaak het, begin hy met 'n lang relaas wat daarop neerkom dat hy onlosmaaklik deel is van die familie, dat hulle oor
sy lewe en dood beskik en dat hy en sy prooi is van die omstandighede. Ten slotte uiter hy die woorde wat haar yskoud laat:
"So, you'll realise, I can't marry you."
En die trourok?
Wel, dis vir 'n simboliese huwelik, verduidelik hy verder. Sy trou met die
familie wat alles met mekaar deel. Sy word hulle maagdelike bruid, syne
inkluis. Daar is wel 'n klein verpligting na die fees. 'n Belangrike kliënt van die familie het opgedaag en sy sal hom aanvanklik geselskap moet hou.
Skaars is hy die kamer uit of Ilona bevlieg haar reistas. Dit staan oopgemaak eenkant op 'n rusbank. Nog 'n skok, al haar dokumente het verdwyn!
"Toe, toe, nog nie eens gebad nie!" Dis die sigeunerin se stem wat haar uit haar verlamming ruk.
Ilona vlug die bad- en aantrekkamer in. Sy moet kans kry om te dink, maar
die vrou volg haar, lyk waarlik bekommerd.
"Kindjie, jy is so bleek soos 'n lyk! Moet nou net nie staan en flou word nie hoor. Kom sit eers, dan gee Rosita jou 'n glasie filtro d'amore wat jou sommer gou-gou sal opkikker."
Uit 'n muurkas met rakke en spieëls wat alles in die ruim vertrek
duisendvoudig weerkaats, haal sy 'n fles en glase. Skynbaar willoos kyk
Ilona hoe die glase vol geskink word met iets wat na rooiwyn lyk. Sy skud
nietemin haar kop heftig. Nee, sy gaan niks weer drink nie. Die vrou glimlag net, begin self die een glas ledig.
"Sien, dis slegs 'n tonikum - sal ons albei in die regte stemming bring. Ons drink altyd daarvan voor en by dié soort familiefeeste."
Eers proe sy versigtig. Nogal nie sleg nie. Sy drink. Die lewe begin warm
in haar terugkeer.
Geen tien minute later nie of dit voel vir haar sy en Rosita is
boesemvriendinne. Salig eufories en onbekommerd ontspan sy in die ruim bad,
sien half geamuseerd, half verbaas dat haar tepeltoppies wat gewoonlik kuis
en ingedoke skuil, parmantig tuit. Rosita lag, deel haar guitig mee dat die
tonikum eintlik ook 'n afrodisiak is. Sy skink vir Ilona nog 'n glas vol,
waarsku nietemin dat sy tydens die fees genoeg water moet drink.
Heerlik in die ban van vreemde betowering sien Ilona hoe die spieëls haar eie maagdelike beeld herwaarts en derwaarts versprei. Die euforie intensiveer.
Hoe gek was sy tog om so wantrouig en geskok te wees. Natuurlik moet sy en Fernando doen wat die familie van hulle verwag. Ander lande ander gewoontes. Rosita stem saam. Ilona sal nog sien, dis 'n goeie lewe, die familie sorg
goed, verg wel dat spesiale dienste aan besondere kliënte gelewer word, maar dié is in die algemeen heel konsidererend en dikwels waarlik fantasties.
En kyk dan net hoe pragtig lyk Ilona in die trourok! Almal gaan vrekverlief op
haar raak, haar ontsaglik verwen, almal behalwe natuurlik sommige van die
ander meisies; regte katte party van hulle.
Nietemin die allerlieflikste klompie "katte" wat by die ingang van die balsaal met slanke arms 'n ereboog vorm toe sy en Rosita daar aankom. Dit lyk na 'n vermenging van "BayWatch" en 'n skoonheidskompetisie tussen die mooistes uit alle wêrelddele. Rosita gryp haar aan die hand. Jolige musiek juig hulle toe, die Radetzky-mars! Haar hart pomp vrolik. Sy lig die een punt van haar rok sodat haar bene vrylik kan beweeg. Op maat van die opgewekte tromslae huppel hulle onder die boog van gestrekte arms deur, die feessaal binne. Met dartelende voete en prettige uitroepe dring die hele "BayWatch" en die ganse "Mej Wêreld" twee-twee agter hulle aan.
'n Drie meter breë rooi tapyt strek oor die hele lengte van die saal.
Aan weerskante daarvan wag die 'familie' se spesiale gaste hulle in. Daar
is langes en daar's kortes, daar is dikkes en daar's dunnes, ja daar's
alles wat 'n man is; sommige jonk en nog goed in die haar, ander middeljarig en reeds
aan't kaal, maar almal gespit en gepolish en breed glimlaggend.
Die musiek verander, raak stemmiger en daarmee ook inniger. Ilona herken met stygende opwinding die geliefde koorsang van Beethoven se Negende. Dit ruis die hele saal vol, omgewe haar van alle kante, voer haar as't ware al swewend en vreugdevol mee tot aan die voet van die verhoog aan die einde van die tapyt. Daar sien sy die 'familie' en hulle belangrike kliënt. Regs sit Uncle
Alfredo, Fernando, Bakbeen, 'n vyftal ouerige manne, 'n Arabiese sultan en
twee jong Arabiere. Links, kiertsregop op aandag, staan 'n hele falanks
bleek jong manne geklee in onberispelike aanddrag.
Skielike doodse stilte. Die falanks waaier oop en 'n waardige ou heer in 'n silwergrys en swart smoking kom rysig tussen hulle orent. Ilona verstok. Haar oë sper wyd. Vir 'n korte oomblik sou sy kon sweer dis ou bokvoet self wat sy daar tussen die bleek jong manne uit die grond sien peul het. Maar nee, sy hallusineer, want kyk net hoe vriendelik, vaderlik glimlag die aantreklike ou heer.
Sy koolswart oë boor in die vergrote pupille van haar onnatuurlik
glinsterende groenes, trag om hipnoties van haar besit te neem. Die hand wat hy na haar toe uitstrek, is slank en goed versorg, sy stem 'n onweerstaanbare bariton: "Nel nome di Cosa Nostra sia il benvenuto, Vergine Houri". Asof
slaapwandelend bestyg Ilona die enkele trappies, kniel dan op die gitswart satynkussing aan sy voete.
Van die ritueel wat volg, is sy, vanweë 'n innerlike tweestryd, skaars
bewus. Haar liggaam en haar romantiese hart neig tot oorgawe aan die dwelmvreugde van die filtro d'amore en die bronstigheid wat steeds in haar opwel, maar in
die diepste skuilhoekie van haar katolieke sieltjie waarsku haar beskermengel dof: "Kop hou Ilona, kop hou soos nog nooit tevore nie". Dis eers toe die elegante ou heer die trouring aan haar vinger steek, en die eerste lede van
die 'familie' op haar toesak, dat sy tot volkome nugterheid skok.
"Vergine Houri, sia il benvenuto", weerklink dit van alle kante. Die manne neem een na die ander haar hand en beroer en draai die trouring aan haar vinger tot drie keer elk. Sy voel hoe hulle oë haar skroei, haar behoorlik in die proses ontklee.
Rosita is weer aan haar sy, begelei haar kruis en dwars deur die saal sodat
sy by al die groepies uitkom. Oral word die proses herhaal, beroer die manne betekenisvol haar trouring. Die skoonhede dring hulle telkens weg, kus Ilona,
sommige susterlik en moontlik selfs hartlik op albei wange, ander weer
liggies en geveinsd vriendelik met koel lippe wat skaars aan haar raak.
Langs die kante van die saal sien Ilona gemaklike stoele, rusbanke en tafels.
Die tafels kreun behoorlik onder 'n ryke verskeidenheid eksotiese kossoorte.
Borde word volgelaai en drank is vrylik aan die vloei, te oordeel aan die
toenemende vrypostigheid en wulpse vrolikheid van die manne en die meisies onderling, ook die donkerrooi filtro d'amore.
Dié feestelike geroesemoes verskerp Ilona se angstige verwarring. Intens verlang sy na Fernando. Hy sal verduidelik, haar beveilig teen die bedreiging wat sy al sterker begin aanvoel. Eindelik gewaar sy hom waar hy vertroulik langs 'n ewe aantreklike jongeling op een van die rusbanke sit.
"Fernando!"
Sy dwing in die rigting van die bank, maar Rosita hou haar teë.
"Nee, moet hom nie nou gaan steur nie."
Dan sien sy hoe hy oorbuig en die jongeling hartstogtelik soen.
"Kom nou," bits Rosita ergerlik, toe Ilona haar asem geskok intrek en
merkbaar verbleek. "As jy preuts, konserwatief, veroordelend en jaloers
gaan wees, skep jy net vir jouself probleme. Vergeet voorlopig van Fernando. Jou
eerste bruidegom wag."
|