Gesig van die liefde: Ingrid Jonker deur Johan van Wyk Dié boek is 'n verwerking van die biografiese hoofstuk in die skrywer se Ph.D.-proefskrif, Die dood, die minnaar en die oedipale struktuur in die Ingrid Jonker-teks. Dit vertel die verhaal van haar geboorte in haar ouma, Annie Retief, en haar oupa, swart Fanie Cilliers, se huis op Douglas op 19 September 1933 tot haar tragiese dood in die see by Drieankerbaai op 19 Julie 1965.
Uitgegee deur A.J. van Wyk
Bestel per tjek (uitgemaak aan A.J. van Wyk) vanaf:
|
Perspektief en profiel. Deel 2 geredigeer deur H.P. van Coller (1999) Die nuutste weergawe van hierdie literatuurgeskiedenis wat reeds vanaf 1951 in verskeie uitgawes 'n veelkantige beeld van die Afrikaanse literatuur daargestel het. Vir hierdie nuwe uitgawe is, soos tevore, kontekstualiserende oorsigte aangevul met dieptestudies van beduidende outeurs. Oor 'n breë spektrum het navorsers en dosente bydraes gelewer om 'n geskakeerde oorsig van die Afrikaanse literatuur te bied.
Uitgegee deur Van Schaik Uitgewers
tel.: 012 342 2765
Posbus 12681 |
Boereoorlogstories. 34 Verhale oor die oorlog van 1899-1902 saamgestel deur Jeanette Ferreira (1998) Hierdie bundel is die skeppende bydrae van Afrikaanse skrywers 'n eeu later. Op drie na is hierdie stories en essays spesiaal vir die bundel geskryf. Baie van die verhale kom van oorlewering en amptelike bronne, sodat uit die fragmente en brokstukke 'n voortreflik geskakeerde beeld van dié era na vore tree.
Uitgegee deur Van Schaik Uitgewers
tel.: 012 342 2765
Posbus 12681
|
|
|
|