Vrugte van die boom van stilte Iemand moet met welgevalle op ons neerkyk want Onse angeltjie is geseën met 'n hele klomp stewige bydraes uit die kreatiewe kader. Ons voel veral goed oor die gedigte wat ons afgerokkel het van Johan Myburg, die geëerde Oos-Kaapse wenner van die Eugene Marais-prys. Trudie Wegner is ook 'n bekende in Oos-Kaapse kringe en het die afgelope tyd die aandag getrek met voorlesings van haar poësie. Sy het ons toestemming gegee om 'n paar gedigte uit haar bundel, 50 verse. 'n Jubelbundel, te plaas. Van Anlen Marais uit Despatch het ons 'n verhaal gekry (een van baie wat wag in haar laai). Anlen is ook 'n ou bekende in die Oos-Kaap. Sy het voorverlede jaar (1995) die eerste prys gewen vir die Afrika- en Nabye Ooste-streek in 'n kompetisie van die BBC se World Wide Service met 'n radiodrama, getitel Dear Mister Mandela. Dié drama is verwerk en laasjaar by die Klein Karoo Kunstefees opgevoer as Horieso Madiba. Uit Cradock kom die hardgebakte prosa-stem van Clinton V. du Plessis, nadat hy lank net poësie gepubliseer het. Aangesien daar navrae was oor die Hertogin van Kruisrivier, het haar persoonlike assistent, wat anoniem wil bly, ons twee bydraes oor hierdie legendariese Oos-Kaapse figuur gestuur. Geniet. |
Gedigte deur Johan Myburg
Camera obscura
Johan Myburg het twee digbundels gepubliseer: Vlugskrif (1984) uitgegee deur Perskor, en |
Gedigte deur Trudie Wegner
suideinde 1976
Bostaande gedigte kom uit Trudie se bundel, |
|