gedigte 10 ........
|
......Kelvin Knowles koebaai.......... profeet.......... uitdrywing.......... lieflike abses.......... straf.......... disseksie 2.......... rigting oxford.......... rebels.......... karoo gedigte: 2.......... aluta continua..........
"the struggle continues"..........ope brief.......... ontsnapping 2..........
......Stef Delport Anderkant die Sondags.......... wêreld sonder woorde.......... Die Groot Trek.......... LIMERIEKE..........
koebaaiek laat vaar die behoefte
om jou vingers gepunt teen myne te voel
vir oulaas die koor in jou lag
te dirigeer
roep vaarwel
die wip in jou heupe
en kyk die golwe van jou borsmaat agternaek laat vaar die gedagtes
wat steek slaan en skop
om jou bruisende plasma te stol
in die agterkamer van ons liefde
wat ek prentjiemooi kon hou
vir jou t’rugkeerek laat vaar die stemme
wat spookagtig om my saamkloek
en kap in hortende stiltes terug
na die geweld van jou planne
en roekelose woorde
waaruit ek eens gedigte kon fabriseerek laat vaar die drome
en maak dit af as goedkoop verskonings
loop wye draaie om ’n verwerpte pen
wat kwaadwillig jou naam spel
ek laat vaar die werke
van Gods hande
met getemde opstand
en juig al hoe meer
in die beste van sy weteek laat vaar die besetting
van jou nagedagtenis
binne my hart
vir altyd bevrug
diep binne my
bevry jou gille
oor die winterpieke
van my hart
bo-oor al die onklaar gedigteek laat vaar die einde
van dié gedig
bevry jou van dié familiêre kaai
sodat jy die vreemde in
kan vaar
OP |
profeetvir my raak julle nie
ek staan op die strate en skree
vryheid vir al die politieke gevangenis
reël ’n protesoptog en loop voor
met baniere wat skree teen apartheid
ek beur my ooglede oop
teen die heldergeel van die gestig
en teen die lemmetjiegroen
van die verpleër se broek
ek kom ’n duisend myl en was ’n boer met ’n voorlaaier
’n vryheidsvegter met ’n AK 47
’n antie met ’n brood
rondloperkat op die hoek van een en twee
en gesant van Jesusas hulle net wou luister
na die voëls se gebede
desperaat vermeng met die oggendverkeer
dat die son lynreg sou bots met die einde van my gedig
en die maan met die einde van my en haar liefdeen die wêreld deur mal poëte gekaap sou word
OP |
uitdrywingek maak die deure oop
sit elke venster op sy mik
so ook elke laai in elke kas
dowwel die matras om
en suig elke hoek en spleet
skoon
eintlik elke gat in elke vertrek
hierbinnewerp my ruglangs styf agter die gesperde
deur sodat dit moet uit
net uit
uitek herhaal die proses keer op keer
omdat dit ’n tawwe een is
dié een wat nou-nou weer binne sluip
met al die jare se onthou
in al die heilig-verbode vertrekkesy met die lag wat ek kon liefkry
in wie se ore ek ewig kon fluister
wie se oë ek ewig kon soek
glip altoos hier in
om lewensgroot in haar afwesigheid
te vertoefhier is sy weer
my dooie meisie
OP |
lieflike absesmôre
weet ek
lê die etter
geelwarm buite
is die tydsame roof
oopgebars
want binne-in
lê die onthou
opgehoop
toegegroei
verban
tot nou toe
dié môre
dat dit weer
taaierig
dié verwondheid bloot
opgehewe en rooi
soos jou naam
vierlettergrepig
OP |
strafGod-
ek’t probeer om die struggle te verwoord
maar die struggle wou nie uit my pen bot
die eiland was my nie beskore
nie eens die skelm eer
van my naam op die SB
se most wanted
geen detention without trial
nie
let alone ’n gekoesterde bullet hole
of ’n bultende hou met die karwatsGod-
ek’t probeer om die mooi
te verwoord
maar die somervoëls se simfonie
het valslik op my ore geval
selfs die brabbel van babas
kon die grootsheid van die lewe
ontknoop nieGod-
vir my ma is daar geen gedig
haar wonders bly onbesing
en waar woorde uit grafte peul
en van pyn sin maak
sterf my naaste woordeloosGod-
watter truuk is dit dié
dat sy wat in my hart woon
my pen so lam
toor?
OP |
disseksie 2............. the meaning of one poem can only be found in another poem
................................................... - Harold Bloomek verkoop my geheimenisse
en word ingeloop
deur dié wat kapitaliseer
op kratte vol trane
en kortings soek
in elke pyn-klopsou jy my letters ken?
my tydrowende disseksie
van leë momente?seker nie-
dis waarvoor ek omdraai
en waarvan ek wegstap
en waarom ek swyg
en waartoe ek my wend
en waar die bloed van jou naam
dwarrel
en waarmee ek jou altyd stil-stil
liefhê en verloor
elke keer...................................... 18/07/00 - 2: 26 vm
OP |
rigting oxfordfleet
clifford
amalinda
currie
draai links verby die BP en voor die otm
oorkant Standard en langs die Windmill
dan reguit aan tot by die Osner
met ’n skielike draai op die hoek
verby drie strand bankies
by die corner pocket op die hoek
met Pillay’s Palace aan die bokant
onmiddellik langs aan Steers
en oorkant die Surf Shop
is daar sewe trappies met ’n rooi reling
langs die groot blompot met die jong palm
die telefoon
waar ek jou skakel om net jou stem te hoor
en dan neer te sit...om net weer al die pad terug
makliker nou
en ons verlede binne-in die strate in
met net ek wat weet...................................... Oos Londen, 29 / 03 / 01
OP |
rebelsen ek sal dig oor jou
al sou ek Hom ontmoet
luister na sy berisping
sal ek steeds oor jou digmaak elk geval klaar
om my god te ontmoet
en die knoping van my vingers
hier te heel
tussen die linker en regter sy
van hierdie komper vasgevang
pomp my vingerpunte alweer
dié letters na jou lippe toeen ek sal dig oor jou
want ek bly bata toughees
lief vir jou
kortbroek en punk haarstyl
deur al die jare heen
sal my woorde jou bly agtervolg
tot binne-in die hemel in
OP |
karoo gedigte[2]
verskoon my tog
dorpsvaders
die swygende lofprysinge
van die argitektoniese
wit kerke van toe
of die uilhuis
se blanko trekke
uit my peneendag kom ek weer
en kleur die asvaal strate
blou en rooi
sodra die uile
in my lyf
my ophou roep
na die kerk
van nou...................................... Graaff-Reinet: Januarie 1996
OP |
aluta continua
"the struggle continues"...................................... [vir Mr T]
seuns het mans geword
voor rekenaars bevry
in wit strate
met blomme as name
in model C skole
binne klaskamers
praat hulle van Namdela
en civvies
en die seuns het manne geword
in torings en kort plat motors
is niks binne meer so sterk
en breek dit maklik
het ons die struggle
verplaas met die geel
matriekuitslae
en is die stryd nou anders
straks soveel meer
en soveel groter
as baniere
net soveel langer
as optogte deur Durban straat
waar ons nou
geplastiseer en onnatuurlik
ons hande saklangs druk
OP |
ope brief.......................we burn, we learn but only when we are silent
.......................from within do we really speak clearly
............................................... - Sealek roep jou aan in die nag
wat gitswart bitterlik die sap
uit die vertrapte borskas tap
bel jou op in die oggendmis
met stempos in my ore
met gister se onthou skielik
vlak hier in my opgeneukte hart
plakkate op die pale en soekligte
later ry mens bang-bang terug
om die sleutelgat te face
met die saligheid van diep slaap
te redeneer tot die asgat wolke deur
die kamer breek en jou oë
bo-op my bors kom los
jou lag in my vol blaas rus
en die gaap se toeval
deurskemer met elke teug
en elke sluk seretonien
vir die dag se repetisie
as my vingers oor jou streel
op kodaks teen die muur
en die dagboeke van duisend dae
in vreemde dialekte babbel
oor die somers lank gelede
en die blanko inskrywings
toe jy eennag sag moes sterf
sonder die laaste aanhoor
van my verweer
en die pad skielik oop
sonder rigtingwyserssoos wanneer sonsopkoms
die berader se moer laat strip
en die ou klere jou reuk
tot binne elke aar en limf
laat draai en elke
berekende tree jou spoor
sny en volg in k[r]onkelende gange
met leidrade eens goed verbloem
sou die lewe mens dan nou
kom inbreek wyl die vrees
uitbundig spartel en plas
rondom die reën se val
duskant my skaam en brawe voeteen later as die momente en datums
nader tree en die pen magteloos
swyg voor die geheim van alle
eeue en die skrywes meer word
omdat die gesigte voor my
gryploos en windstil mik
al sou mens daaraan raak
en die dae en nagte van destyds
die gewigte op die hart pak
sou die dae breek vir jare al
met my naam op jou elke
vergete herinnering soos eens
toe jou voet rus kon vind
in die wip van my handeen al sou jy die woorde begryp
rammel ek die verse af
soos ’n geloofsbelydenis
en dink ek terug aan die lieg
van al die dae en al die nagte
se sigaret teue en poësie
ontpoppings soos nou
toe my verse maklik was
en die lente meer draagliknie nou nie pop -
nou neuk ek die een kans op
om jou graf stil te besoek
en te gil
oor al die dae en nagte
se goedkoop flirtasies
en al die leë ure
oor mens pragtige leuens
moet fabriseer elke dag
bloot om die lewe aan te vat
en te oorleefsonder die vat van ’n mens se hand
met slegs die bevryding van ’n
ounag se dapper vers
en ’n fix aropax
as substituut vir jou-
vir jou vat
wat:nooit die bewing binne stil
nooit die woorde vlerke gee
nooit die stilte tussen my reëls hoor
nooit die eenvoud in my vingers voeldit gaan jou goed
dit gaan jou wel
OP |
ontsnapping 2.......................my dood klop agter my oogappels soos die maan
................................................. - Ingrid Jonker[1]
hoe sal dit wees?
as dié blou gas asemrowend
deur die skrefie in die sydeur sypel
en die lewe uit die alreeds
lewelose binneste kom stoom
sal die slaap moeisaam kom
sou die keel saamtrek
en die ore fluit sodat ek die geraas
van die masjien nie hoor
of sal dit die soetste gesang wees
soos in ’n kleurlingkerk
en die blou rook klewend aan die vensters
God se venster
met lowergroen wat van binne roep
sal my hande slap wees as ek dit sou uitsteek
en aan die stuurwiel gryp
vir hierdie stil gas in dié nag van stil geheimenis
wyl die straat slaap
met môre se uitrustings
in die kas[2]
hoe sal dit wees?
as die strop netjies gebind sou wees
dae-lank onder die matras versteek sou wees
en dit na buite gesmokkel word
as ek dit oor die balk sou gooi
sal ek verpes word met vrees
verlammend soos die lewe
doelbewus die swak plek in die balk
soek
ten einde dié vlug te lanseer?
of sal ek die drom in die agterkamer
vind
as die wurggreep my tong ontsluit
om als te sê wat ek altyd wou
en sal ek dan oplaas
hoorbaar knak
soos ek altyd moes
en nie altyd wou nie[3]
hoe sal dit wees?
as die stilte ingedrink word
ovaalvormig en rond
my hierbinne te beduiwel
sal ek vomeer
sou my oë in donkerte verblind word
of sal my bene meegee
indien ek die gang af
sal my tong verstom in sy holte
wat soveel desperaatheid kon huisves
sou ek om hulp skree
vir hierdie doeltreffende pynstillers[4]
hoe sal dit wees?
as ek die riwwe van die lieflike lem
in die vlees hoor kloof
sal ek die klewerigheid herken
as my voortvlugtende lewe
of sal dit bly kleef soos die roekeloosheid
van al die dinge wat my hier wou hou
as objek van vulgêre en volgehoue kastyding
sodat mense uiteindelik woordloos sal staan
oor al die baie plasma in die bad gemors
sal die einde my neusholtes binnedring
as ek my sou benat
omdat die vrees deesdae
al hoe meer in my blaas kom opgaar
sal my palms die greep verslap
as die are pols en als so gevaarlik en
vreesaanjaend rooi sou lyk[5]
hoe sal dit wees?
as my treë doelgerig op die rand
sou wik en weeg
en die diep en verte my laat hunker na kleintyd
en die skerppunte van al die rotslysies
stomp sou wink
sal ek duiseligheid hierbo toeskryf
aan ’n bevrydende euforie
en sal ek die reling verlaat
sodat mense kan reëlings tref[6]
hoe sal dit wees?
as ek sou moes leef
sonder al die aanwesige donker
met drome vreesloos
as ek sou ophou so hard probeer
om myself in futiliteit amuseer
en my altyd sou bedwelm om te vergeet
dat die lewe in elke uur van elke dag
die vrees realiseer
om my vol brawade dié stilte te laat
aandurf
OP |
Anderkant die SondagsVansmelewe se dae
het oumense geglo
anderkant die Sondags
die Sabbat wegdro.Die rivier was die grens
tussen Kaap- en Xhosaland.
Tussen lig en "duisternis".
Heiden- en Christenkant.In dig vallei-bosveld
met pyl en pangeweer,
veg almal teen mekaar
- militêr probeer beheer.Xhosa teen Khoi,
dan Boer en Brit.
Dis vir of oor mekaar,
en swart teen wit.Naby Bayville se winkel
in 1901 knal daar weer -
by Bedrogsfontein en Uye-poort -
lemetford en mauser-geweer.Jan Smuts en Ben Bouwer
en die jonge Reitz, Denys;
wat broodboomsade ten spyt
weer die Engelse so wys!Hierna volg die Grote Trek
vanaf Oudtshoorn se grense.
Volstruisvere word weggepak;
ons word nou Sitrus-mense.Op Addo land Fitzpatrick aan.
Langs buffel en olifant;
bring hy die 1920-Setlaars.
vestig hul in stof en sand.Teen die einde van die eeu
kom die grote ommeswaai;
ons eens verdeelde Sondag
nou oor grense vasgedraai.Ek, van anderkant die Sondags,
geniet hul anekdotes keer op keer -
so kleine mikrokosmos
van wat in ons land gebeur.
OP |
wêreld sonder woordeas ooit ‘n wêreld-katastroof
ons van geskrewe woord beroof
of een of ander goddelike plan
elk boek op aard verban -
as elke woord in elke sin
stuk vir stuk begin verdwyn
en blad na blad in boek en bin
verblank in elke lyn -
as elke boek in rak en biblioteek
net omslag word met blaaie bleek
en alle weet
verkwyn soos oggendmis
sal ons dan nog beskaaf kan leef
buite die net wat boeke weef?
OP |
Die Groot Trek.Die sweep het hard geklap
en die nuwe wakis weer gepak
met ‘n leeftyd se herinneringe...;
en koppies en klere en ander dinge.
In ou koerante toegedraai
treurig op die ossewaens gelaai.
Afskeid geneem van ‘n kale werf;
gegroet die vadere se verlore erf...
Verby die swartgebrande oosgrens-murasies
van verlore ambisies en verlate stasies.
Klim in die wa en sit die osse in rat;
weg op die ewig noordwaartse pad.
Ingepak in ‘n groot wit stralerwolk
die wêreldwye web in, die room van ons volk.
OP |
| ||
1. Eks-predikant |
2. President Mbeki |
|
3. Die Toeris |
4. Winnie Mandela |
|
5. Die jong dame van Kirkwood |
|
Terug na die HOOFBLADSY |
INDEKS #10 |
|