Die Xhosa mondelinge digter as politieke en sosiale kommentator in die Transkei deur Russell Kaschula [ * ]
Mondelinge poësie in Xhosa is deel van 'n dinamiese tradisie wat tred hou met 'n veranderende Suid-Afrika. Die tradisie van die imbongi was nog nooit staties nie. Soos Opland (1983: 236) betoog:
The dynamic element is necessary in our approach since the tradition of Xhosa oral poetry has clearly changed and is continuing to change with changes in the Cape Nguni society. Tradition is not a lifeless thing; it alters and adapts to new social circumstances. Baie van die elemente van die tradisie het verdwyn of is aangepas. [1] Nietemin behou die tradisie van mondelinge prysliedere 'n distinktiewe karakter as voortsetting van die tradisie van die verlede. Om te verstaan hoe die mondelinge digter in sy gemeenskap inpas, moet 'n aantal dinge in gedagte gehou word. In die eerste plek moet die spraakhandeling, as sodanig, in sy sosiale konteks benader word, en die waarde of funksie daarvan in die Xhosa-gemeenskap moet in ag geneem word. Die imbongi se verhouding met sy gehore en die rol wat sy izibongo in sy gemeenskap speel, is van kardinale belang. Hier speel sosio-ekonomiese en politieke ontwikkelings in die (voormalige) Transkei 'n belangrike rol. Enige analise van die tradisie moet daarom die konteks van die opvoering in ag neem, asook die gehoor as sodanig en die rol van die imbongi in 'n samelewing wat onderworpe is aan konstante sosio-kulturele en politieke druk.
Urbanisation, the impact of education, the formation of the independent homelands, the changing nature of the chieftainship, the mergence of black nationalism, and the recent release of political prisoners have all had their effect on the tradition (Kaschula: 1991a: 14). DIE STEM VAN PROTES IN MONDELINGE POËSIE Mafeje (1967: 193) definieer die imbongi as iemand wat naby die Koning[* *] se Groot Plek gewoon het en wat die koning na belangrike geleenthede vergesel het. Sy opvoerings (die imbongi was omtrent altyd manlik) is tot die koning gerig, waarydens hy afkeur wat sleg was, goedkeur wat goed was, en in sekere gevalle sou hy selfs voorspel wat gaan gebeur. [2] Dit is duidelik dat die imbongi se rol ruimte gelaat het vir kritiek: daarom die stem van protes in Xhosa mondelinge poësie. Hierdie stem van protes is "...implicit in the role of the bard in traditional and contemporary society" (Ewels 1981: 12). Dit is daarom slegs een faset van die poëtiese tradisie, ofskoon 'n belangrike en vitale deel van Xhosa mondelinge poësie. Die imbongi se reg om vryelik en ongestraf te praat, het onder ernstige druk gekom tydens die afgelope dekade [1980-1990]. Die stem van protes kenmerkend van Xhosa izibongo is indringend gesensureer om die belange te dien van kleinsielige politiek, sodat die geloofwaardigheid van die imbongi ondermyn is. Opland verskaf 'n voorbeeld van hoe Qangule, 'n bekende imbongi in die Transkei, gearresteer is as gevolg van sy teenstand teen die manier waarop die wyle Koning Sabata Dalinyebo, Grootkoning van die Tembu's, aangehou en later van sy troon gesit is. Mafeje (1967) verwys na Mnr. Melikhaya Mbutuma as nog 'n voorbeeld. Hy is herhaaldelik deur die polisie gepla oor sy pro-Dalinyebo-houding en omdat hy negatiewe uitsprake gemaak het oor onafhanklikheid in sy verse. Vandag word hierdie stem veral in die konteks van die Mass Democratic Movement gehoor. In hierdie artikel word daar op hierdie stem van protes gefokus soos dit na vore kom in die stem van die mondelinge digter, as reaksie op politieke verandering en ekonomiese ontwikkeling. Die kontemporêre mondelinge digter gaan dus voort om op te tree as sosiale en politieke kommentator. Waar die sosio-ekonomiese en politieke konteks drasties verander het oor die afgelope paar jaar [1990-1991], is dit nie verregaande om daarvan uit te gaan dat hierdie ontwikkelinge die imbongi beïnvloed het nie. Dit is byvoorbeeld heel moontlik die eerste keer dat iimbongi mondeline poësie oor Mandela produseer - terwyl hy self teenwoordig is. Cronin (1989: 35) het die volgende te sê oor kontemporêre poësie:
...we must contextualise it within the rolling wave of semi- insurrectionary uprising, mass stay aways,political strikes, consumer boycotts, mass rallies, and physical confrontation over barricades with security forces. Die imbongi is ook opgeneem in vakbonde wat die belange van werkers verteenwoordig. Die herontwaking van swart nasionalisme en politieke bewussyn onder Afrikane en die groter behoefte vir erkenning in die werkplek het tot gevolg gehad dat poësie in die vorm van tradisionele izibongo binne die Congress of South African Trade Unions geproduseer is. Dit is nie ongewoon vir 'n imbongi om poësie by 'n vakbondvergadering te produseer nie, soos verderaan gesien sal word. Wat ek in hierdie artikel doen, is om eers 'n aantal situasies te beskryf waar izibongo gebruiklik opgevoer word, waarna ek probeer illustreer hoe poësie gebruik word as 'n kommunikasiehandeling. Ek wys ook hoe sulke poësie soms 'n versetaksie is van individue en groepe in die magstrukture (van die verlede en huidiglik) in die Transkei teenoor maghebbers. Hierdie kommunikasie vind baiekeer plaas in situasies wat polities delikaat en soms selfs plofbaar is. Deur die genuanseerde gebruik van taal word 'n kritiese boodskap vanaf die imbongi aan die gehoor deurgestuur. Drie iimbongi van die (voormalige) Transkei word bespreek . 'n Aantal belangrike en historiese gebeurtenisse word ook deur die oë van die digters beskou. Die bespreking word aangebied in die vorm van drie scenarios waarin ek u, die leser, vra om die hoofrol te speel. Die eerste scenario: Jy is 'n winkeleienaar op die Transkeise platteland. Jy bedryf ook 'n taxi-diens na nabygeleë Engcobo vanaf jou winkel met die naam Egoso-store. Die situasie is moeilik en daar was ook politieke onrus. Die regimes van Konings KD en George Matanzima wat jou lastig geval het as gevolg van jou ondersteuning vir Dalinyebo, lyk asof hulle binnekort uit die kussings gelig gaan word. Gedurende die laat-sestigs en vroeg-sewentigs het jy bekendheid verwerf as die amptelike imbongi van die wyle Groot Koning Sabata Dalinyebo, Koning van die Tembu's in Oostelike Tembuland. Dit is nou Augustus 1987 en jy besluit om die begrafnis van 'n bekende Transkeise onderwyskundige en skoolhoof, die wyle Mnr. Lwandle Obose, by te woon. Die begrafnis gaan plaasvind in die Bojane-lokasie naby Engcobo. By jou aankoms merk jy dadelik die teeenwoordigheid van 'n groot skare mense. Jy merk ook op dat Koning K.D. Matanzima en 'n aantal regeringsamptenare teenwoordig is. Jy wonder of jy geïnspireer sal voel om op te tree. Dit is egter nie lank voor jy voel jy is besig om aan die gang te kom nie. Daar is niks wat jy kan doen nie. Die skare word onmiddellik stil wanneer jou stem oor hulle begin bulder, asook oor die koning se geselskap. Jy begin soos volg:
1. Ntuntyu hay' umntu
1. O, jy ken, 'n persoon, Jy voel dat dit moontlik is dat Mnr. Obose se dood nie deur natuurlike dinge veroorsaak is nie en jy druk hierdie suspisie uit in reëls 6 en 7. Jy suggereer dat daar sekere persone is wat die gehoor moet wantrou. Uit die hoek van jou oog sien jy dat iemand probeer om jou aandag te trek. Dit is een van Koning K.D. Matanzima se ministers wat probeer om jou pryslied stop te sit, want dit is algemene kennis dat jy die koning by vorige geleenthede gekritiseer het. Jy sluit in reël 14 in jou gedig in. Jy voltooi die gedig, en hierdie keer is jy gelukkig. Jy word nie lastig geval nie en jy keer stilletjies terug huistoe. Die vorige kere toe jy deur verteenwoordigers van die regering lastig geval is, bly jou egter duidelik by. MELIKHAYA MBUTUMA: ENKELE VOORBEELDE Melikhaya Mbutuma se bydrae as politieke en sosiale kommentator in die Transkei is duidelik. Dit het egter nie gepaard gegaan sonder konfrontasie nie.Dit is veral waar met betrekking tot die voor-onafhanklikheidsera in die Transkei toe Mbutuma as kontemporêre imbongi baie druk ervaar het. Mafeje (1967) het 'n analise van Mbutuma se poësie van die periode voor onafhanklikheidswording gepubliseer. Hy lewer ook kommentaar op die probleme waarteen Mbutuma te staan gekom het. Mbutuma het Matanzima verdoem vir sy steun aan sy Suid-Afrikaanse regering en vir sy gewilligheid om die Bantustan-beleid en die onafhanklikheid van Transkei te aanvaar. In Desember 1962 het Mbutuma byvoorbeeld 'n gedig geproduseer terwyl die kwessie van 'n 'onafhanklike' Transkei ter sprake was. Daarin verwys hy soos volg na Matanzima:
B. Phezu komthombo weNdlunkulu sisimanga.
Aan die bokant van die Ndlunkulu gebeur 'n wonderwerk; In hierdie uittreksel verwys die imbongi na Matanzima as beide 'n ratel en 'n likkewaan. Hy maak gebruik van hierdie metafore om aan te dui dat Matanzima probeer om die beste van twee wêrelde - wit en swart - te kry. Die likkewaan is 'n dier wat beide op die land en in die water kan bly. Volgens die imbongi sal dit tot sy nederlaag lei, want die ratel sal "vrot en stinkend" uit die water kom. Alhoewel die gedig in 1962 geproduseer is, is dit profeties. Matanzima is onttroon. Hy het nie meer enige mag in die Transkei nie. Dit is interessant dat Mbutuma homself as 'n profeet beskou. Dit stel hom in staat om kommentaar te lewer op toekomstige gebeurtenisse. So 'n siening word onderskraag deur 'n onderhoud wat ek met hom gevoer het waartydens hy die volgende storie vertel het: In 1961 het hy Koning Mtikrakra vergesel na Kaapstad. Gedurende hierdie reis het hy 'n gesig gesien. Hy het Koning Sabata bo-op 'n berg sien sit waarvan die omringende gras aan die brand was. Die vlamme het uiteindelik vir Koning Sabata oorval. Mbutuma het dit as 'n waarskuwing aan Koning Sabata gesien. Hy het hom gewaarsku om versigtig te wees vir Koning K.D. Matanzima (verteenwoordig deur die vlamme). Twintig jaar later, in 1981, het hierdie visioen waar geword toe Koning Sabata deur Koning K.D. Matanzima onttroon is en hy na Zambië gevlug het, waar hy later dood is. Gedurende die tyd toe Koning Sabata onttroon is, is Mbutuma weer deur regeringsamptenare vervolg as gevolg van sy kritiek op die gebeurtenisse. In 'n gedig geproduseer in 1963, lewer Mbutuma weer kommentaar op die probleme waarmee die Transkei gekonfronteer word. Hy verdoem weer die gedagte aan onafhanklikheid en spreek sy steun vir Koning Sabata Dalinyebo uit. Hy lewer ook kommentaar op die idee van koningskap en die agteruitgang daarvan as gevolg van Westerse invloed:
Yinkosi engaphezulu ku - K.D. Matanzima,
Die enigste verskil is dat Matanzima opgevoed is tot op die punt van indoktrinasie; In hierdie uittreksel wys die imbongi dat Westerse opvoeding 'n negatiewe bydrae gelewer het tot die koningskap. Aan die een kant vertrou die mense nie opgevoede swartmense nie, maar aan die ander kant het hulle leiding nodig. Mbutuma wys ook dat opvoeding daartoe gelei het dat die koningskap geïndoktrineer is, waarskynlik deur die Pretoria regime. Daar is ook 'n verwysing na die feit dat Matanzima se posisie as Groot Koning van die Tembu's deur Pretoria geskep is. In nog 'n gedig, geproduseer in Maart 1963, gee Mbutuma soos volg raad aan Matanzima:
Hay'umlungu madoda waninceda,
Die wit regering is die bron van jou krag, Die gedig eindig soos volg:
Ebhotwe mfo kaMatanzima siya kudinga,
Ons versoek jou ook, kleinseun van Matanzima, om terug te keer na die senior Tembu konings. Die imbongi betig Matanzima hier: "Kruheid en barbaarsheid maak nooit 'n man nie." Hy sê hom dat hy gebreinspoel is deur sy opvoeding en dat koningskap nie in 'n skool geleer kan word nie. In 'n finale poging om Matanzima te oortuig, versoek hy hom om terug te keer na die boesem van ander senior Tembu konings. Die imbongi speel hier die rol van adviseur vir die koning. Hy gee raad oor watter politieke houding hy moet inneem om die mense tevrede te stel en om eenheid tussen hulle te skep. Die politieke inhoud van Mbutuma se poësie het probleme veroorsaak vir hom. Hy is geteister en verkeie kere aangehou vir sy anti-Matanzima-poësie. Mafeje (1967: 221) merk op:
Once he was summoned to appear before the chief magistrate of Transkei because Chief Matanzima had complained that he was 'inciting the people against him.' Mbutuma het desnieteenstaande sy man gestaan en voortgegaan om izibongo te produseer. Vandag bied sy poësie ons waardevolle insigte in probleme en spanninge in Transkei voor onafhanklikheid. 'n Tweede scenario: Jy is vyf-en-vyftig jaar oud en jy bly in Ngangelizwe woonbuurt in Umtata. Vir die eerste keer in jou lewe voel jy hoopvol. Vir baie jare het jy as trekarbeider gewerk. Onlangs (1976) het jy na die Transkei teruggekeer en werk gekry as meubelverkoopsman. Jy het gesien hoe die Matanzimas aan bewind kom en jy het ook gesien hoe hulle mag verloor. Dit is nou Oktober 1989, amper twee jaar na Generaal Majoor Holomisa die mag oorgeneem het (Desember 1987). Stella Sigcau, Koning Matanzima se opvolger, het net 86 dae gehou. Sy is ontsetel deur Majoor Generaal Bantu Holomisa. Jy is bly dat die nuwe Militêre Heerser 'n meer liberale houding ingeneem het en dat hy ook besig is om iets te doen omtrent die korrupsie wat gewoeker het tydens die era van Matanzima. Jy weet jy is 'n talentvolle imbongi maar jy het vir 'n lang ruk nie geprys nie - daar was niemand oor om te prys nie, dit het gelyk asof almal in die tronk was. Maar dinge verander vinnig. Daar is voelbare afwagting in die lug. Hierdie afwagting is veroorsaak deur die jong Generaal se bereidwilligheid om Koning Sabata Dalinyebo se reste te laat opgrawe en te laat herbegrawe by die Bumbane Groot Plek. Jy is steeds woedend oor Koning K.D. Matanzima die reste van die Koning uit 'n begrafnisondernemer in Umtata verwyder het en nie-amptelik laat begrawe het, om konfrontasie te vermy. Jy is seker dat hierdie herbegrawing 'n groot gebeurtenis gaan wees en dat die steeds verbanne African National Congress hierdie geleentheid met albei hande gaan aangryp, nie net om verdere eenheid te skep nie, maar ook om die jong Generaal se bereidwilligheid om saam met die demokratiese magte te werk, te toets. Met jou aankoms by Bumbane sien jy dat daar alreeds duisende mense is. Busse het mense van afgeleë dele van die land gebring. Baie mense sit op die grond. Daar is ook 'n aantal hooggeplaastes, insluitende predikante en die jong Generaal. Daar is ook ANC verteenwoordigers, insluitende A.S Xobololo wie toe die streeks verteenwoordiger van die ANC en raadgewer vir die Dalinyebo-familie was. Hulle sit op 'n verhoog. Die vlae van die United Democratic Front, Pan Africanist Congress, Congress of South African Trade Unions, African National Congress en South African Communist Party wapper orals. Skares mense toyi- toyi en die atmosfeer is gelaai. 'n Paar iimbongi is besig om op te tree. Toe Xobololo begin praat, produseer jy die volgende gedig, terwyl die skare apploudiseer:
1. Amandla ! 1. Mag! Jy voel dat iets binne-in jou ontsluit is en jy weet instinktief dat jy weer sal prys. Jy is veral minagtend oor Koning K.D. Matanzima en jy stel hom voor as 'n uitgeworpene wat verantwoordelik was vir baie van die swaarkry ervaar deur die ANC - selfs Xobololo was in die tronk as gevolg van Matanzima. Jy maak gebruik van skabreuse taal om met Matanzima te spot omdat hy nou die een is wat in die tronk is en van 'n pot gebruik moet maak. Jy voel Xobololo moet geprys word vir sy pro-Dalinyebo- houding. Ook prys jy die wyle Koning Sabata Dalinyebo en die ANC. Jy prys ook vir Generaal Holomisa omdat dit hy was wat op hierdie dag oor belangrike kwessies rakende Transkei gepraat het, soos die her-inkorporasie van die Transkei in Suid-Afrika. BONGANI SITHOLE: GESELEKTEERDE POËSIE Die digter wat hier opgetree het, was mnr. Bongani Sithole.(3) Vanaf hierdie oomblik het mnr. Sithole hom bewys as 'n relevante sosiale en politieke kommentator in die Transkei, veral betreffende onlangse gebeure. Hy word nou algemeen aanvaar as 'n gesaghebbende en produktiewe digter, nie slegs deur die ANC nie, maar in die Transkei in die algemeen. Hy tree op by gradeplegtighede, politieke byeenkomste, begrafnisse, en so aan. Die vrylating van mnr. Mandela het verdere stimulus verleen aan Sithole se poësie. Die volgende uittreksels is geproduseer by 'n saamtrek by die Universitei van Transkei op Maandag 23 April 1990. Nelson Mandela was die hoofspreker by die saamtrek. 1. Bambiza bengamazi, 1. Hulle roep hom self wanneer hulle hom nie sien nie, Reëls 1 en 2, sowel as 7 en 8, bevat parallelismes (waar 'n idee herhaal word met die gebruik van ander woorde, of dieselfde woorde met soortgelyke wortels). Die imbongi speel 'n bemiddelende rol hier deur dat hy die mense vra om mekaar te respekteer. 'n Interessante metafoor word gebruik waar Mandela voorgestel word as 'n soort Christus-figuur. Die gedig gaan voort:
9. Umntaka Ngubencuka kaNgangelizwe,
9. Die seun van Ngubencuka van Ngangelizwe, In hierdie uittreksel word die bybelse metafoor voortgesit deurdat Sisulu en ander as dissipels beskryf word. Daar is ook 'n verwysing na sy genealogie, naamlik "seun van Ngubencuka van Ngangelizwe." Dit is kenmerkend van tradisionele Xhosa izibongo. In 'n ander gedig lewer Sithole kommentaar op die verhouding tussen Mandela en Sisulu. Hy stel die Rivonia-verhoor soos volg voor:
1. Wayigqibezel'imfundo yakhe bayokudibana ngobugqwetha benyaniso,
1. Toe hy (Mandela) sy opvoeding voltooi het, het hulle (die onderdrukkers) die waarheid van die wet ontmoet. In hierdie uittreksel word gespeel met die woord igqwetha, 'prokureur,' siende dat Mandela homself by die Rivonia-verhoor verteenwoordig het. Later sal hy die ANC verteenwoordig by die onderhandelingstafel. Mandela word voorgestel as 'n prokureur van die waarheid. Die gedig gaan voort:
5. Asinaku jika ndawo,
5. Ons sal nooit verander nie. In hierdie uittreksel pleit Sithole vir die eenheid van die swartmense. Hy vra dat Buthelezi gearresteer moet word om 'n klimaat van eenheid in die stryd te skep. Sithole is ook besig om die mag van die ANC in die Transkei te legitimeer en dié van Inkatha te ondermyn. In 'n meer onlangse gedig geproduseer tydens 'n saamtrek van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in Umtata, het Sithole 'n gedig ter ere van Slovo opgevoer. Sithole prys Slovo soos volg:
1. Amncamile amabhulu umfo ka Slovo,
1. Die Boere het tou opgegooi oor Slovo, 'n Interessante metafoor word gebruik waar Slovo met 'n bul vergelyk word - verteenwoordigend van mag en krag. Hy word ook geprys omdat hy 'n verenigde front met die ANC voorstaan. Sithole se aanvaarding as politieke kommentator in die Transkei is 'n betekenisvolle gebeurtenis. Dit dui aan dat die imbongi 'n belangrike rol te speel het in die Transkei. Die terugkeer van die ware en erkende leiers (gepaard met toenemende vryheid van spraak) tot leierskap-posisies kan net nog mondelinge poësie tot gevolg hê. 'n Derde scenario: Jy is gebore in Flagstaff in die Transkei op die 12de Desember 1942. Jou naam is Alfred Temba Qabula.(5) Jy het twintig jaar van jou lewe in hierdie plattelandse area deurgebring, maar jy het geweet die een of ander tyd sal jy 'n trekarbeider moet word soos baie van jou vriende. Jy was altyd 'n kreatiewe persoon gewees en jy onthou dat jy oor Kersfeestyd dramas vir die gemeenskap opgevoer het. In 1966 gaan jy na Durban waar jy werk kry in Dunlop Tyres se fabriek. Jy is teleurgesteld in die geld en die werksomstandighede. Toe die geleentheid hom aanbied, sluit jy aan by die Metal and Allied Workers Union. Jy besluit om 'n drama op te voer om aan werkers te wys wat 'n vakbond is en hoe dit werk. Jy besluit ook om 'n gedig in die drama in te sluit. Jy laat jou tradisionele herkoms jou inspireer om hierdie gedig te produseer en jy onthou hoe die imbongi in jou tuisdorp die koning geprys het. Persoonlik hou jy nie van die koningskap nie omdat jy dink dat dit geen toekoms in die Transkei het nie, maar jy besluit om van die tradisionele poëtiese styl gebruik te maak om die werkers se bewussyn wakker te maak. Dit is 'n groot sukses. Jy word genooi om by al die vakbondsaamtrekke op te tree en word bekend onder vakbondlede. Dit is nou 1989 en jy is op pad om by 'n Meidag-saamtrek in Durban op te tree. Jy het die stigting van die Federation of South African Trade Unions meegemaak, wat nou vervang is deur die Congress of South African Trade Unions, waarvan jy ook 'n lid is. Met jou aankoms by die stadion sien jy dat daar baie werkers teenwoordig is. Daar is 'n groep vroue wat op die verhoog sing. 'n Aantal digters tree na hulle op, insluitende van jou vriende wat in jou voetspore volg. Nise Malange voer 'n gedig in Engels op. Onmiddellik daarna produseer Mi Hlatswayo 'n Zoeloe-gedig. Jy voel nou geïnspireerd. Jy klim op die verhoog. Baie mense ululeer as jy die mikrofoon neem. Jy begin deur 'n ritmiese dans uit te voer. Jy dra 'n geskeurde broek en hemp (duidend op armoede), maar jy dra ook 'n das (wat ide kapitalistiese wêreld verteenwoordig). Jy produseer 'n gedig in Zoeloe (omdat jou gehoor meesal Zoeloe-sprekend is), wat die volgende gedeelte bevat:
1. Ndandihekwa yimvungu yabe izwakal'emnyango,
1. Ek het mal geword as gevolg van die betekenislose gepraat wat van die deuropening gehoor kon word, Jy is besig om die mense te kritiseer wat nie by die stryd betrokke raak nie en apaties bly. Jy sluit 'n kragtige metafoor in reëls 4 en 5 in waar jy die sterre en die maan as baie verskillend beskryf en die lug as donker. Dit is 'n verwysing na die verdeelde samelewing waarin ons leef. Jy gebruik reël 12 as 'n pouse waartydens jy die gehoor nooi om te klap terwyl jy 'n ritmiese dans dans wat soos die toyi-toyi lyk. Dit bring 'n hele nuwe dimensie in jou produksie van izibongo en jy voel dat dit baie bydra tot die impak van jou gedig. In reëls 9, 10 en 11 profeteer jy oor die terugkeer van sekere leiers. Jy is steeds kwaad oor wat jy in die Transkei gesien het waar die leierskap deur 'n poppebewind oorgeneem is en 'n 'onafhanklike' tuisland geskep is. Jy is hoogs krities oor hierdie konings en jy sluit hulle nie in in jou lys helde nie. Iimbongi soos Qabula beskou die progressiewe organisasies nou as hulle konings. Nelm News stel dit soos volg:
The vitally important role played by poetry in pre-colonial African society is being re-enacted in the altogether different context of the black labour movement and political struggle in South Africa today (1987). Volgens Mi Hlatswayo, kulturele koördineerde van COSATU, is daar 'n baie duidelike rol vir imbongi in werkersbewegings. In die New Nation (17-23 November 1988) verskaf Hlatswayo die volgende voorbeeld: Madlizinyoka Ntanzi, a praise poet in Natal, was recruited to the Nationla Union of Metalworkers of South Africa (Numsa). In his own words, he (Ntanzi) says: "I left (traditional) praise poetry after being exposed to new dynamics. I realized that praising chiefs was no longer relevant; it was no longer serving my own interests. My new chiefs became the democratic forces, the Congress of South African Trade Unions (COSATU), Numsa." Dit is duidelik dat pryspoësie besig is om in 'n nuwe rigting te ontwikkel. Waar mense voorheen na hul konings vir hulp gekyk het, wend die massas hul al meer tot magtige organisasies soos COSATU. Die hedendaagse imbongi voel aangetrokke tot sulke organisasies op dieselfde manier as wat hulle aangetrokke gevoel het tot 'n vooraanstaande en magtige koning. Dit lyk asof die voorbestaan van iimbongi as sosiale kommentators in die Transkei sal afhang van hul vermoë om hul tematiese repertoires uit te brei om alledaagse gebeurtenisse in te kan sluit.(6) MBUTUMA, SITHOLE AND QABULA: ALGEMENE OPMERKINGS Al drie scenarios hierbo is waar; hulle is nie hipotetiese gevalle nie. Hulle vertoon 'n wye verskeidenheid soorte opvoerings van mondelinge poësie. Terwyl Mbutuma meesal op die konings gekonsentreer het, het Sithole en Qabula na die kontemorêre terrein beweeg, wat dui op die aanpasbaarheid van die mondelinge tradisie. Dit is uit die voorbeelde duidelik dat iimbongi in die Transkei voor 'n wye verskeidenheid keuses gestel word. Hul posisie in die samelewing weerspieël die werklikhid van die Transkeise en Suid-Afrikaanse situasie. Alhoewel hulle individueel optree binne verskillende kontekste, lewer hulle kommentaar op die breër situasie soos wat dit impakteer op hul eie lewens en die van mense om hulle. Hierdie gevalle illustreer die imbongi se posisie as 'n persoon wat kommentaar lewer op die werklikheid om hom baie duidelik. Alhoewel baie van die konings hul geloofwaardigheid as leiers verloor het, bly die iimbongi gesitueer binne die samelewings waarin hulle leef. Vir solank as wat iimbongi soos Sithole en Qabula binne die ANC en ander organisasies gesitueer bly, vir solank sal hulle bly voortbestaan. Hierdie studies dui aan dat gepaard met die bevraagtekening van die geloofwaardigheid van die konings, het daar 'n beweging plaasgevind weg van die konings af. Hulle het nader beweeg aan die nuwe magsbasis, gevorm deur die ANC en ander organisasies. GEVOLGTREKKING Die mense van die Transkei het 'n lang geskiedenis waar hulle deur middel van poëtiese komposisie met politieke en sosiale kwessies geworstel het. In die voorbeelde is dit duidelik: Mbutuma se poëtiese kommentaar op die Dalinyebo/Matanzima- twis voor Transkei se onafhanklikheid en Sithole se kontemporêre poësie oor moderne politieke ontwikkelings. Van hierdie poësie is asemrowend mooi met betrekking tot die estetiese skoonheid en linguistiese kompleksiteit daarvan. Waar die rol van konings in die nuwe Suid-Afrika nog nie duidelik gedefinieer nie, sal net die toekoms wys in hoe 'n mate iimbongi voort sal gaan met die prys van konings. In hierdie artikel het ek aandag geskenk aan poësie wat die stem van die mense in die Xhosa samelewing verteenwoordig, beide in die verlede en huidiglik. Vansina (1984: 103) sê dat "[o]ral traditions are historical sources of a special nature." As ondersteuning hiervan, së Finnegan (1984: 108-109) die volgende:
All in all, poetry in non-literate as in literate societies can be illuminating for the historian - of direct relevance for the intellectual history of the time and indirectly useful for other aspects of society, provided the historian avoids literalistic interpretations. Indien mens dus 'n meer holistiese insig wil kry van die Transkei en van die Xhosa samelewing en die gebruik van poësie in die uitvoering van politieke en sosiale take, kan mens die medium van mondelinge poësie nie verwaarloos nie. *Hierdie artikel is oorspronklik gelewer as 'n referaat met die titel, "The Xhosa Oral Poet as Relevant Political and Social Commentator in Transkei," tydens 'n kongres, "Conference on Political Transition and Economic Development in the Transkei," georganiseer deur die Institute for Social and Economic Research, Rhodes Universiteit, Grahamstad, 29-30 November, 1991. * * Die gebruik van "koning" in plaas van "Hoofman" is in ooreenstemming met die gebruik in isiXhosa waar 'n onderskeid gemaak word tussen "Koning" (kumkani) en "hoofman" (nkosi). 1. Vir nog voorbeelde, sien Kaschula (1991b: 15-18). Cronin, J. 1988. "Even under the rine(sic) of terror": Insurgent South African poetry. Research in African Literatures. 19(1) Ewels, A. 1981. Is there a voice of protest in Xhosa praise poetry? IN: Essays in Bantu Language Studies. Fivaz, D. (red.) Working Papers. Grahamstown: Department of African Languages. Finnegan, R. 1984. A note on oral tradition and historical evidence. IN: In Oral History. An Interdisciplinary Anthology. Dunaway, D. and W. Baum (eds.) American Association of State and Local History in cooperation with the Oral History Association. Nashville. Kaschula, R. 1991a. The transitional role of the Xhosa oral poet in contemporary South African society. Unpublished Ph.D. thesis. Grahamstown: Rhodes University. Kaschula, R. 1991b. Mandela comes home: the poets' perspective. Journal of Ethnic Studies 19(1). Kaschula, R. 1991c. The role of the Xhosa oral poet in contemporary South African society. South African Journal of African Languages. 11(1). Kaschula, R. 1991d. Styles, themes and the role of the contemporary imbongi within trade unions. Occasional Papers no. 1. Bureau for African Research and Documentation. Umtata: University of Transkei. Mafeje, A. 1967. The role of the bard in a contemporary South African community. Journal of African Languages 6. Nelm News. The National English Literary Museum. Grahamstown. Oliphant, A. (ed.) 1991. Ear to the Ground. Contemporary Worker Poets. COSAW in association with COSATU. Fordsburg. Opland, J. 1983. Xhosa Oral Poetry. Aspects of a Black South African Tradition. Johannesburg: Ravan. The New Nation. 17-23 November. Vansina, J. 1984. Oral tradition and historical methodology. IN: Dunaway, D. and W. Baum (eds.) American Association of State and Local History in cooperation with the Oral History Association. Nashville. Vertaal deur Philip John. |
|