'n Onderhoud met Helene de Villiers
deur Philip John
Ek sien hom die eerste keer op die lang, plat, wit strand aan die
oorkant
van die Uilenkraalsrivier se mond (mense praat soms van
"die plaat"): 'n eienaardige figuur, 'n opdrifsel uit 'n ander
ruimte, gespoel vanaf 'n onbekende plek. Verder, in die rigting
van
Die Gruis, kruie enkele 4X4-voertuie soos vreemde, log insekte
deur die hittegolwe wat van vroeg af al oor die sand bewe. Hulle
bereik die strand langs paadjies wat deur die onherbergsame
duineveld tussen die see en die hoofpad kronkel, blyplek van vet
pofadders, stowwerige koperkapelle en 'n paar oorblywende
ystervarke. Eers dink ek hy is op 'n perd, maar sien dan dis 'n
fiets. Sy visstok staan voorop die fiets, regop soos die lans van
'n perderuiter, 'n flikkerende opgeefsel uit die soel mistigheid
wat die hitte uit die see stoom.
En ek weet, ja, dis oor ek die manuskrip begin lees het wat Helene de Villiers my 'n paar dae vantevore in Stellenbosch gegee het na ek met haar gesels het. The Grailstone in Africa and the Search for Prester John. South Africa's Past and Future Seen in a Different Light. Eers was ek skepties oor die reikwydte van dié stuk werk wat lyne trek vanaf die voor-Christelike misteries, oor die ridderromans, Afrika- sprokies tot by moderne Suid-Afrikaanse poësie. Algaande het die ongelooflike stuk werk egter soos 'n towerspel op my begin inwerk. Selfs André Brink se Duiwelskloof het anders begin lyk, soos iets uit die Middeleeue, 'n flou afskynsel van die verhaal van Parzival wat deur hierdie droewe, donker skeur in die aarde moet worstel om nader aan 'n ontwykende waarheid te kom.
Ek besef dat hy besig is om weg te beweeg van my af. As ek hom nog 'n rukkie in die oog wil hou - om te sien of hy iets uitgerig kry; kry wat hy soek - sal ek deur die riviertjie moet waad en hom volg. Self was ek nog nooit verder as Die Gruis nie. As mens aanhou stap, behoort mens uiteindelik by Pearly Beach uit te kom. Hy word vinnig kleiner, 'n bewende donker stippel met die lui, gudsende druising van die laagwater-see op sy regterhand, droë verwronge takke wat die lug ingryp vanaf die gestolde brander van die duineveld, aan die linkerkant. Die nat sand is koel onder my voete, die see teruggetrek, rustend. Skuins na links oor die see lê Dyerseiland soos 'n maer dopluis op die horison.
Die manuskrip van Helene De Villiers wat ek gelees het, werk soos 'n ingewikkelde proses op mens in. Eers is mens oorweldig en
Sprokies het iets lewend in hulle. Daar is iets daar. En natuurlik, wat P.J. Schoeman so mooi duidelik gemaak het vir ons, dat met die eerste oogopslag, as jy kyk na die swartmense dan dink jy hulle het geen opvoedingstelsel vir hulle kinders gehad nie. Maar in werklikheid was dit 'n baie soliede opvoedingstelsel en die kinders het uitgegaan en als van die veld geleer, die seuntjies wat die beeste opgepas het om met stokke te veg en te leer wat jy kan eet in die veld en wat die diere en alles is. En die dogtertjies het werklik geleer deur hulle ma's by die huis te help. En saans om die vuur het hulle sprokies vertel, nè, die oumense, maar die kinders het ook vertel. Daardeur het hulle die een of ander diep, kern-ding van hulle kultuur gekry. Wag, hoe was dit...? Een mens het vir Junod daar by die Tsongas gesê toe hulle die eerste Afrikaanse mense gesien het wat so huisgodsdiens hou saans en so sing om hulle vure, gesê, ja hulle doen dieselfde wat ons doen. |
Die studie het my laat dink aan die samevoeging van "die 'helder' Weste met die 'magiese' Afrika" waarna N.P. van Wyk Louw reeds in 1959 verwys het. Sy bespreek byvoorbeeld hoe pre-Christelike wysheid suider-Afrika kon bereik het vanaf Marib, Heliopolis en Aksum, met 'n kulminasiepunt in die figuur van Feirefiz of Priester Jan. Sy wy 'n lang bespreking aan voëlbeelde in die folklore van Afrika om aan te toon dat dié tradisie - met as oorsprong die feniks-legende - 'n oorsprong deel met dié van die Westerse Graal-tradisie.
Skielik sien ek hom weer. Die fiets is staangemaak bo teen die duin en hy staan verder af, kniediep in die water met die visstok in sy hande. Sweet pêrel op my voorkop, plek-plek kleef my t-hemp aan my lyf. Hoe lank het dit my geneem om tot hier te stap? Amper asof hy van my teenwoordigheid bewus word, trek hy op en stap na die fiets. Plaas die stok in die houer wat voor aan die fiets vasgemaak is, tel die rugsak op wat langs die fiets gelê het en swaai met 'n vinnige beweging op die fiets. Alles afgemete, kalm bewegings. Asof opgewondenheid of traagheid hier nie van toepassing is nie. Wat belangrik is, is die volgende staanplek. Hy trap stadig van my af weg. Die water is stadigaan besig om uit te stoot en hy draai op na die stamperige klippaadjie bo-op Die Gruis. Dan verdwyn hy langs 'n sandpaadjie die duine in. Ek bly langs die water stap. Op die plate seebamboes weerkaats die son 'n omgekeerde, flonkerende naghemel. Ek sal hom wel weer vorentoe teëkom. Dyerseiland lê nou, vreemd genoeg, nader as voorheen, en effens meer na regs. Gaan dit ook later heeltemaal na regs verskuif? Dit voel of die lig ook binne my oogbol skitter en vibreer, gelaai met hitte, humiditeit en 'n vooraardse vrugbaarheid. Asof in 'n sop dryf enkele swartrugmeeue stil en tam verby.
Een van die mees fassinerende besprekings in die boek word gewy aan die profeet Shembe wat in een van sy gesange gebruik maak van 'n hen-beeld om na die Christelike god te verwys:
We stand before TheeHierin sien sy die moontlikheid van 'n aansluiting en versoening tussen Europa en Afrika:
O beautiful Hen
Thou dost not love
Jerusalem aloneO love and hatch us
Wondrous Hen!
We dwell in Thy kingdom
Our Hen of HeavenO Lord, bring it forth,
This Ekuphakameni,
Just as a hen
Loveth her chickensO Jerusalem, Jerusalem!
How great was my longing
To gather thy children
Under my wing.
But they would not.
Thus art thou left desolate
(p. 121)
Any pondering of these issues would to my mind have to take into account Rudolf Steiner's view that in the great scheme of things the ancient mysteries have to pass away in order for them to be reborn in Christian transformation. They may even prefigure a universal Christianity such as might only come to blossom in the future. A wish for transformation is implicit in the last verse of Shembe's hymn. Instead of the old Jerusalem which rejected its Protector, must be "hatched" the New. A new Holy Mount Zion must arise on these southern heights, the hymn says, the Sacred Mountain of the Ancestors must become transformed into a Mount of Salvation for future generations (p.138).Toe ek met haar gepraat het, het sy gesê dat die boek eintlik stof bevat vir drie boeke. Die eerste deel van die boek handel oor die seevaarders wat hier om Afrika geseil gekom het, aangevuur met visies uit die Graalstories, op soek na Priester Jan, die vergeestelikte in stoflike vorm. Die tweede deel van die boek handel oor Afrika-mites en hoe dié verhale en beeldkomplekse verwant is aan elemente in die Europese tradisie, wat ook gewortel is in 'n Oosterse ontstaansgrond. Die derde deel handel oor dinge wat na vore kom in vandag se verbeelding, soos in die Afrikaanse letterkunde. Tydens hierdie gedeelte van die gesprek het sy Opperman 'n "baie vreemde man" genoem, as iemand wat 'n gevoel gehad het vir die "ondergrondse beeldspraak van dinge".
Elke nou en dan kom 'n skaars voelbare luggie oor die water en die warm sand aangedruk. Dié genade laat die drukking onmiddellik lug, alles word vir 'n oomblik ligter. Die water lyk helderder, sagter, aanlokliker. Die gedagtes wat soos moer onder in 'n donker deel van my gemoed rondgekarring het, sak en bly stil lê. Hoekom sal ek op die ou toegespits bly? Tog maar net nog 'n hengelaar, ofskoon 'n effens ongewone een. Soos alle hengelaars is hy maar ook besig met sy sinkers, knope, draaiskakels, aas... Wat maak dit saak as ek hom nie weer in die oog kry nie? Wat maak dit saak as hy nie kry wat hy soek nie, die lokkende klanke soos aan 'n bedesnoer: steenbras, galjoen, stompneus, kabeljou, elf...? Dit is tog seker genoeg dat ek verder gekom het as wat ek ooit was, Dyerseiland nou ver na regs, die berge bo Opperman se Edms. Bpk. weggeskuif agter die duin.
Ek het by Helene de Villiers uitgekom na aanleiding van 'n motgevrete boekie wat ek in die hande gekry het, Pondolandse sprokies, deur Helene Oosthuyzen, gepubliseer in 1952. Dié boekie bevat vertalings van Pondo-sprokies. Ses weke voor my staptog het ek in Stellenbosch by haar aan huis gekom en wou ek weet waar dié sprokies vandaan gekom het, hoe sy daarop afgekom het. En my vasgeloop in 'n muur, of miskien beter, vloedgolf kennis oor sprokies. Dit was duidelik dat die klein boekie van so lank terug haar minder interesseer en sy het die gesprek die heeltyd teruggelei na haar eintlike belangstelling, naamlik sprokies, beeldetaal, narratiewe heling, hoe mens dit ookal wil stel.
HDV: Ek was nog baie jonk gewees. My pa was 'n
sendeling
in die Transkei, hy het daar naby Port St Johns 'n sendingstasie
begin, met die naam Isilimela. En toe ek op universiteit kom, het
ek Volkekunde gedoen, soos hulle dit toe genoem het. Onder
professor Schoeman, ek het selfs daaraan gedink om daarin te
spesialiseer, wat ek op die ou end toe nie gedoen het nie. Maar
daai tyd het ek gedink ek moet eintlik begin leer hoe om stof te
versamel onder die swartmense en 'n aanknopingspunt te kry met
die vroue. Ek wou toe eintlik iets geskryf het oor
voedselgewoontes. Ek het toe met die vrouens kontak gesoek deur
vir hulle te sê, ek sal vir jou 'n storie vertel, vertel
vir my
'n storie. En so het ek by verskillende mense wat ons geken het,
gekry dat hulle vir my stories vertel. Dié het ek toe
afgeskryf.
Een of twee van daai is byvoorbeeld toe vertel deur die jong
onderwyseresse op die sendingstasie, wat dit ook maar enige plek
kon gekry het, uit 'n ander stam se mense. Jy weet, jy kry
verwronge variante van Aspoestertjie kry jy ook deesdae maar ook.
PH: So u het grootgeword in die Transkei?
Umtata was ons groot dorp waar ons altyd ons inkope gedoen het.
Isilimela is naby die twee strande Mpande en Sinangwana. En dit
was tog baie lekker want
ek, ons het ook skoolgegaan saam met die swart kinders. Ons het
hulle rêrig leer ken daar. Ons was die enigste wit mense
daar, saam met 'n onderwyseres en 'n sosiale werkster, 'n
verpleegster in die ou terme. Dan so een maal 'n maand het daar
'n poliesman op sy perd omgery gekom. 'n Hele ent weg het daar
'n boswagter in 'n bos gewoon. Ons was werklik op plekke gewees
waar die kinders begin huil het as hulle ons sien, want hulle het
nog nooit wit mense gesien nie. Ag en waar hulle gesê het,
sê die ou vrou, kyk daardie seuntjie - my broer - kyk hoe
slim is die witmense, kyk hoe jonk is hy en hy praat al
Afrikaans. Dis 'n mens se groot opvoeding as jy werklik as kind
saam met mense is, dan kan jy meer voel hoe hulle is.
Ek moet jou sê, ek verlang baie na daai kus. Sinangwana het
die groot rivier wat van die sendingstasie
loop en so 'n groot pragtige mond het. Ons het partykeer met
perde afgery. Ons het 'n kano'tjie gemaak en partykeer met die
kano'tjie op die rivier afgery. Toe was alles nog soveel
veiliger. Ons het orals rondgeloop. Die mense het so een-een op
die randjies gebly ... toe is daar in die oorlogsjare 'n skrik
gewees oor duikbote wat spioene sou land op daai kus. Hulle het
toe, verstaan ek, beveel dat binne 'n sekere distansie van die
kus almal moet wegtrek en toe het hulle begin om hierdie
dorpietjies te maak. Toe ons aan die begin by die sendingstasie
gekom het, was die
pad see toe onbruikbaar. Ons het in die begin met 'n ossewa gery.
My pa-hulle het toe daarvan gegaan na Cicira, die Decoligny-
sendingstasie net buite Umtata. My pa het min of meer begin met
Efata, die groot plek vir blindes en dowes. Toe het hy weggetrek
na Rietvlei toe.
Ek het vir baie jare nie weer daar uitgekom nie.
Daar by Sinangwana was 'n bos, met die naam van
Ebuzim. Die zimu is die ogres, die mensvreters. Maar dis
nou
nie,
ja, laat ek sê, in die Sotho-stories word die mensvreters
gevoel as letterlik mensvreters want hulle het mensvreters gehad
in die tyd na die Tsjaka se oorloë. Daar was mense wat
mensvreters was wat kinders gevang het, en so aan. Maar eintlik
is hierdie zim meer soos ogres, soos van wesens,
amazim.
Dieselfde wortel is eintlik die woord vir voorvadergeeste,
dieselfde wortel word in sommige plekke gebruik vir die Heilige
Gees. Dit gaan ook saam met die werkwoord ukucima "om
'n
vlam dood te maak". Wonderlike idee van die okkulte, van dit wat
donker is. As jy 'n vlam doodmaak, jy weet, waar is hy? Nou
Ebuzim is die abstrakte, "by die geeste". Dis een van daardie
bosse waar niemand in loop nie. 'n Heilige bos, in sprokies
kom dit ook voor, hierdie bos wat net gevrees word.
Nee, ons het altyd so gelag toe ons daar gewoon het. Dan stap die
kinders nou natuurlik - myle - na die skooltjie toe. As
dit
reën die dag dan kom niemand nie, dan skryf hulle net so oor
die register, "rainy day". En toe een keer was die getalle net
te laag - jy moet nou 'n sekere getal kinders hê vir die
twee onderwysers. En toe het my pa nou vir die beeswagtertjie wat
hy het, gesê, kyk, hierdie volgende paar dae hoef jy nou
nie beeste op te pas nie, jy kan nou skool toe gaan. Dis nou jou
werk wat ek jou gee om te doen. Maar toe kom hy terug, toe
sê hy, nee, hy sal darem liewerste die beeste oppas.
HDV:
Gedeeltelik. Ek was elf toe ons daar gekom het. Toe my pa
nou al die sogenaamde sendingdames wat daar gewees het, waarvan
een vir my skoolgehou het, Xhosa geleer het, toe het ek
saamgeleer. Maar ek ken dit nie so goed soos my broer wat 'n
Bybelvertaler is nie, wat gehelp het met die hele hersiening van
die Bybelvertaling nie, Koos Oosthuyzen. Dan het ek 'n suster wat
haar lewe lank gewerk het by die Kindersorg in Johannesburg,
onder die swartmense. Ek ken maar baie min, ek kan my verhelp.
Ek het tog 'n idee van die transposisie van klanke tussen al die
verskillende - mens praat nog van die Bantoetale, nè? So
daar het
ek grootgeword, vir ses maande sien mens niks ander witmense nie.
So heeltemaal tussen totaal onbedorwe swartmense. Pragtige deel
van die wêreld, daai bosstreke daar langs die see.
PH: Die belangstelling in die stories, het dit eers na universiteit gekom?
Dit was toe Human & Rousseau net begin het. Hy wou oorspronklik
net 'n paar stories uitgee. Op die ou end het hy 'n hele stel
gedoen. Sedertdien het Griet wat die sprokies geskryf het ... die
vrou wat
Griet skryf 'n sprokie geskryf het 'n tweede vertaling
gemaak vir Rousseau,
wat afgeskei het van Human & Rousseau. Maar myne is nou die
eerste volledige vertaling.
HDV:
Wel ek het maar altyd belanggestel in sprokies. Ek het
grootgeword met sprokies, veral met Andersen, meer as met Grimm.
En op universiteit het dit my al opgeval, die ooreenkoms tussen
sprokies, soos ek byvoorbeeld vir jou vertel het, tussen die
storie van die Gans-oppassertjie en die storie van die Mbulu, die
likkewaanvrou,
jy weet van die ware en valse bruid. Die ooreenstemming tussen
die Duitse Grimm-sprokie en die Xhosa-verhaal, wat ook by ander,
veral die Nguni-stamme voorkom. Dié het ek toe al
raakgesien. Dit
was eers later, toe ek 'n beurs gekry het, eintlik vir Engels
waarvoor ek 'n M gekry het hier op universiteit. Ek het hulle
omgepraat om my toe te laat om daarop te werk in Switserland,
omdat ek eintlik meer Duits en Frans wou lees. Ek het eintlik
gevoel my vak is letterkunde, nie soseer net
Engels nie, ek wou nie Cambridge of Oxford toe gaan nie. My man
het in Holland gestudeer en toe is ons getroud en toe is ek baie
besig want nou was ek nog predikantsvrou gewees, en ek het vier
kinders gehad. Omdat ek vir my kinders stories vertel het, en
sommer heen en weer vertaal het, het 'n vriendin van my my toe
voorgestel aan Koos Human, wat van die Grimm-sprokies wou uitgee.
PJ: Dit lyk wel asof u goed met uitgewers saam gewerk het...?
Ek het ook 'n Kinderbybel gemaak. Jy sien daai sprokies is
nou wel uitverkoop en uit druk, maar daar is tog 'n hele geslag
jongmense wat dadelik vir jou sê, ek het daarop
grootgeword. So in baie huise moet hule miskien nog staan. So
baie hang van die uitgewers af. Soos ek sê, so iets behoort
gedurig op die rak te wees, maar nou publiseer hulle sulke oulike
goedjies, maar die ongeluk is die boeke wat kinders nodig het,
word eintlik gekoop deur die ouers. Daarom hang dit van die ouers
se smaak af wat hulle koop. Dis so met illustrasies ook. Die
soort illustrasies wat beter vir kinders is, vloeiend en sagter,
dié kry jy nie so maklik nie, dis sulke skerp, slim
illustrasies, waarvan die ouers hou.
HDV:
Ja, ek het wonderlik met mense saamgewerk. Met Koos Human
aan die begin het ek rêrig wonderlik saamgewerk. Met Leon
Rousseau het ek eintlik net verskil oor illustrasies. Ek het
sekere
idees gehad oor illustrasies en hy het bietjie ander idees gehad.
Toe het ek gedink ek wil 'n hele groot boek maak oor Suider-
Afrikaanse sprokies, maar met dié dat ons toe nie
saamgestem het oor die illustrasies nie, was daar iemand anders
gewees wat gesê het hy sal dit publiseer, 'n kleiner
uitgewery. En toe het hy dit op die ou end nie gedoen nie.
PH: Die Grimm-vertalings is werklik indrukwekkend. Ek weet nie, ek wonder hoeveel mense nog sulke goed lees....?
Leon Rousseau het toe 'n herdruk gemaak. Met die oorspronklike
illustrasies. Marita van der Vyver was daarby betrokke. Kyk daai
boek van haar was gegrond op die vertaal van die sprokies. Dis
hoe sy eintlik uitgekom het by die sprokies. Sy het hulle
vertaal. En dan ook grotendeels - neem ek aan - gebruik gemaak
van hierdie een wat klaar was.
HDV:
Maar jy sien, dis die ongeluk by ons. Hulle gee 'n boek uit,
hulle adverteer hom so 'n bietjie, mense koop en koop hom, en dan
adverteer hulle dit nie verder of iets nie. 'n Boek soos daai
behoort permanent op die boekrakke te wees. Dit wat oorbly op hul
rakke, verkoop hulle sommer goedkoop en as niemand wil hê
nie,
verpulp hulle dit sommer. Dit is nie meer beskikbaar nie. As 'n
ding uit druk is, is hy uit druk uit. Dis baie tragies. Selfs die
biblioteke. Die kinders het dit stukkend gelees. So dit staan
selfs nie meer op die biblioteekrakke nie.
PH: Dink u mens sou kon sê dat Griet skryf 'n sprokie gewortel is in die sprokie-tradisie?
Dit was 'n wonderlike ondervinding, want kyk waarin ek nou
eintlik belangstel, sal ek nou maar sê, Alba Bouwer het die
mooi
woord gemaak, prentjiesdink. Kinders dink oor dinge in prentjies,
nie abstrak
nie. Jy kan kinders net bereik deur vir
hulle 'n storie oor iets te vertel. En natuurlik, en dit is vir
my 'n interessante gedagte, miskien beweeg ons van 'n byna soort
instinktiewe prentjiesdink na 'n abstrakte manier van dink sedert
die Grieke wat met filosofie begin het. Maar daar's nou weer 'n
beweging in die rigting van 'n meer bewuste prentjiesdink, 'n
meer en meer narratiewe belewenis. Mense is vreeslik moeg vir die
intellektuele, nè. Mense probeer op alle maniere wegkom
van die
vreeslik verstandelike manier na - die hele New Age-ding - 'n
terugkom na die persoonlike belewenis van dinge.
Jy weet die taal van beelde, die beeldetaal, sal ek maar
sê.
Want dit is 'n taal. Jy kan 'n storie vertel vir iemand en dis
baie duidelik wat jy bedoel sonder dat jy ooit gesê het.
HDV:
Ja, maar dis 'n heeltemaal ander siening. Laat ek dit so
stel... ek dink nie sy onderskei genoeg tussen die engel en die
heks in haar boek nie. Dis wel 'n liefde vir die bonatuurlike,
maar sonder om werklik te onderskei watter is die engel en watter
die heks. Die interpretasie van die heks is vir haar ook baie
aantreklik. Soos die idee van die geweldige minnaar wat verskyn
as die engel Gabriël. Die waardesisteme is nie heeltemaal
die waardesisteme van die sprokies nie. Jy sien, hoekom die
sprokies werklik sulke goeie leesstof vir kinders is, .... mens
moet vir klein kindertjies sprokies vertel. As jy nie vir hulle
sprokies gee nie, is dit net soos die noodsaaklike voedingstowwe
wat hulle nie kry nie. Die moraliteit is daarin, so suiwer
gevestig. Die goeie vorder altyd werklik, sonder dat dit ooit
moraliserend of prekerig is, maar die bose word werklik gestraf.
Dis werklik gerusstellend vir kinders. Dan sê mense, jy
weet soos
die koningin wat met vurige skoene aan haar voete die nag moet
deurdans, nie kan ophou dans nie, tot sy dood is, dit is wreed.
Maar dit is glad nie so wreed soos die goed wat rondom hulle
gebeur nie, soos wat hulle in die koerante sien, wat hulle
bangmaak. In sprokies word die bose altyd getem, altyd op sy plek
gehou. Dit gee vir kinders die gevoel daar is iets om na te
strewe, dis die moeite werd om moed te hê, dapper te wees.
Ek werk nou eintlik uit die hipotese van Steiner se beskouing oor
sprokies. Hy voel baie sterk oor vroeër periodes van die
geskiedenis, dat die mens se bewussyn verander in die loop van
die tyd. Daar's sekere periodes van bewussynsontwikkeling en dat
in vroeër tye mense ... die hemel baie meer oop was, soos
die Ou
Testament jou eintlik ook wys, en dat mense meer engele en dinge
kon sien. Dat mense werklik kon sien soos Moses ingesien het daar
in die Egiptiese beskawing. Hy's tog in die Egiptiese
misteriekultusse grootgemaak as 'n koningseun daar. Die hele
begin van die wêreld....
Dat die mense in die begin werklik die diep geheimenisse van die
wêreld en van die mens kon sien asof dit beeldtaferele is.
En dat
hierdie groot geheimenisse wat hulle geweet het, die priesters
in die tempels, dit het hulle vir die mense deurgegee in die vorm
van stories, en dis die mites. Maar dan deur die jare, dan verdof
dit alles, mense vertel dit sommer as stories. En dit word die
sprokies. Daar kom die sprokies vandaan dan, want hulle is
eenders.
PH: Mens sien dit met die televisie en die rekenaars.
Soos ek jou gesê het, die Waldorf-skole werk baie met
sprokies.
Dis nou 'n idee wat die Grimm-broers ook miskien gehad het, daai
jy weet, dis nie sommer so 'n ou storietjie, sommer net 'n ou
fantasietjie nie, maar dis eintlik soos drome. Jy weet van die
Grimm-
broers dat hulle eintlik begin het met taalkunde...
HDV:
Ek is bietjie skrikkerig vir al die meganika. Die meganika
kan jou ook 'n bietjie aflei. Disney, ja ek is nou die dag besig
om koerantknipsels uit te soek en ek kry daar 'n stukkie oor
Disney, wat eintlik ons hele lewensbeskouing beïnvloed het.
Ek
meen, kom by enige kleuterskool in ons land, en wat jy sien is
yslike Mickey Mouse'e. Waar daar in die ou dae, sê maar,
prente
van Madonna's en Christuskinners en engele en goeters sou gewees
het, is dit dié snaakse drog.... dié
karikatuurtjies.
Wee jy hoeveel
word die prentewêreld van kinders oorheers deur comics en
karikature? Nou ja, nou is daar darem die idee dat jy doen meer
vir 'n kind as jy vir hom 'n ideaalbeeld voorhou van die mens
waarheen hy kan groei eerder as om altyd skadelike karikature aan
hom voor te hou, hom te belemmer, sal ek maar sê.
PH: Filoloë, ja..
HDV:
Filoloë, ja. En dat dit was glad nie bedoel as 'n
kinderboek nie. Dit het toevallig die kinderboek van die eeu
geword. Soos drome. Soos jy sien, dieselfde tipe beelde wat jy
in jou drome sien en in die groot godsdienstige mites van die
nasies. Dié kry jy eintlik in die sprokies, maar in 'n
heel meer .... vermenslikte vorm hier tussen die volk rond. Die
eintlike krag wat daar in sprokies lê, wat
jou so
aanspreek, is omdat daar nog hierdie splintertjies van die juweel
daar onder verborge lê tussen al die mooi romantiek.
Dis die oorblyfsels van die ou mitologieë.
En dis nou eintlik
interessant, want Jung praat eintlik heel abstrak oor hierdie
argetipes, maar hierdie hele kollektiewe onbewuste, jy kan net
sowel sê dis eintlik wat vroeër genoem is "die
geesteswêreld",
en daar is sekere wesens daar wat sterk invloed uitoefen op jou
wil en jou gevoel omdat hulle werklike wesens is, jy sien. Jy kom
bietjie op hierdie "wat is binne, en wat is buite?" Hierdie
George MacDonald, ek weet nie of jy van hom gehoor het nie, wat
die eintlike man was wat so 'n invloed gehad het op C.S. Lewis
wat die Narnia-kinderboeke geskryf het. Hy skryf die storie van
die kind wat droom hy kom by 'n fontein en hy wil afgaan tot waar
die werklike bron van die fontein is, en dan gaan hy af, af, af
en af en af en net waar hy uitkom waar die fontein ontspring, kom
hy uit in die sterrehemel. Jy gaan ondertoe en dan kom jy
eintlik bo uit. Jy beweeg eintlik met die sprokies in die hele
wêreld van die metafisika ook. Daar's 'n heel
feministiese
ding uit Suid-Amerika, daar's hierdie vrou Clarissa Pinkola
Estés
wat geskryf het Women Who Run with Wolves.
Dit is absoluut
oor sprokies as genesend, oor die sprokie wat vir die vrou 'n
beeld kan ophang oor haar eie toestand en hoe sy daar uit kan kom
en hoe sy werklik genees daaruit kan kom. En dis nou maar een
voorbeeld, want daar is baie kante, van baie kante word sprokies
nou weer heeltemaal nuut gewaardeer.
mense dink, stem
ooreen met dié van die vroeë Grieke.
PH: Uhhh....
HDV:
Het ek jou gesê van die sendeling wat een dag besig
was om
'n woordelys of 'n klein woordeboekie saam te stel. Iemand het
toe vir hom gesê hy moet vir my vra oor die
iintsomi,
want
hy wil nie glo nie, hy kan nie aanvaar dat 'n intsomi 'n
sprokie is nie. Die sprokie is vir hom iets uit die Westerse
wêreld.
En die intsomi is vir hom hierso 'n storietjie van die
swartmense. Hy kan nie werklik sien dat dit dieselfde is nie. Dis
interessant, nè. Mens is tog altyd onbewus vol van
vooroordele.
Baie dinge is eenders in die denkwêreld van die vroeë
Grieke,
voordat die Griekse mitologie so mooi aan die kant gemaak is en
so netjies ingedeel is daar in Alexandrië in die
laat-Griekse
periode. Baie van die maniere waarop die swartmense dink, stem
ooreen met dié van die vroeë Grieke. Neem net een
voorbeeld, neem
die idee van die voorvader wat verskyn as 'n slang. En dan het
jy die slange wat so verskyn op heilige plekke wat so
gerespekteer moet word. Dis absoluut ook 'n ou Griekse beeld. As
ek nie verkeerd is nie, is daar nou nog 'n slang wat hulle kosgee
by die tempel, dis 'n klein tempeltjie van Athena bo-op die berg
in die stad Athene. En idees oor beeste, riviere en
goed, dis verbasend. Maar as jy sê iets is Grieks, jy sien,
dan
kyk almal op daarna. So gou as jy sê dis van die
Bantoesprekendes, dan kyk hulle af daarop.
PH: Miskien begin dit darem nou verander.
En natuurlik Persephone, Proserpina. Die verhaal van die, wat
basies was in die Griekse kultuur omdat dit hoort by die
inlywingssentrum van Eleusis
net daar buite Athene. Daar sien jy die put waarin die mense wat
ingewy is, in afgegaan het. Die dogter van Demeter, die
aardmoeder, dié speel daar bo in die hemele en dan as haar
ma weg
is, pluk sy blomme op die aarde en dan kom die god van die
onderwêreld, Pluto, op en hy dra haar weg na sy ryk toe.
En eers
wil sy niks eet nie maar as sy die ses pitte van die granaat eet,
dan moet sy ses maande van die jaar onder die aarde bly en vir
ses maande kan sy terugkom en dis dan die storie van die
seisoene. Maar hierdie uit die hemele afkom in die aarde in,
onder die aarde wees, daar's selfs 'n storie wat Callaway
opgeteken het by die Zoeloe, mey 'n voorspel. Callaway se
storie is van Ntombiyapansi. Die meisie van benede. Dis so 'n
meisie wat so afgaan, so onder die grond. Wat jy werklik kan
beskou as 'n soort van 'n beeld van die hele neerdaling van die
mens se siel uit 'n voorgeboortelike toestand. Die mens se afkom
in 'n aardse bestaan in. Daar is baie sulke mooi stories.
Daar's 'n storie by die Sotho van 'n meisie wat gaan trou. En as
hulle nou uitkom by die bruidegom se huis dan is hulle monsters. Maar in
dié geval is dit nou mense wat oë
het voor
en
agter in hul kop. En ook agter hulle kan sien. En dan skryf Karutz
nou die hele studie oor van die klassieke Janus af, jy weet die
vorentoe en agtertoe kyk - van hierdie idee van die maskers.
Daar's een deel wat gaan oor maskers, van mense wat oë agter
in
hul kop het. Die mense wat so in 'n onsigbare wêreld kan
insien.
Maar jy sal dit nou nooit dink as jy hierdie tipe storietjie net
lees nie. Dat dit ook al die konneksies het. En ons het nou 'n
besondere voorreg in Suid-Afrika deurdat dit 'n land is waar die
stories wat uitgesterf het as werklike vertelgoed in die meeste
lande soos in Europa, dié word hier nog werklik vertel,
nè. Daar
is nog plekke waar dit absoluut nog uit die mondelinge
oorlewering
vertel word.HDV:
Ja, ek moet jou die naam gee van twee mense wat spesifiek
geskryf het oor ooreenkomste tussen Griekse temas of mites en
stories en dié onder die Bantoesprekendes. N.N. Canonici in Suid-Afrika
en Richard Karutz van die Lübeckse Volkekundemuseum (min of meer daar in
1945 rond). Laasgenoemde was 'n
skeepsdokter
wat baie rondgegry het, wie se boeke in die pakskure byna almal
verbrand het in die tyd van die Eerste Wêreldoorlog. Kyk
nou, die Grieke het die storie van Pygmalion, die koning wat
'n beeld maak en dan is die beeld van die vrou so pragtig dan
raak hy verlief op die beeld en dan word die beeld lewendig en
dan trou hy met haar. Uiteindelik het hy selfs 'n kind en ek dink
dis in een van die Fenisiërs of iemand se koningsgeslagte
werklik
so ingeskryf, en dan gaan die kind aan. Nou die swartmense het
die storie wat baie wyd vertel word. Daar's nog so bietjie
afgeslyte oorblyfsels in Xhosa. Van die man wat alleen woon en
hy gaan in die bos in en kap vir hom 'n paal vir sy huis. En dan
as hy die paal opsit as 'n stutpaal dan sny hy dit uit in die
vorm van 'n vrou, 'n baie mooi vrou. Dan kom hy elke slag by die
huis en die huis is aan die kant gemaak, alles is mooi. Maar dan
kom hy eendag vroeg terug om te kyk wat gebeur, dan's dit die
paal ... die paalvrou, sal ek maar sê .... wat 'n vrou
geword
het en wat hy dan trou en dan daar by hom woon. Maar dan kom die
koning van die land se mense en hulle sien hoe mooi sy is en
hulle dra haar weg na die koning toe. En dan stuur hy 'n
voëltjie, hy sing altyd 'n liedjie, 'n pragtige liedjie wat
mens
so bybly. Stuur hy altyd die voëltjie na haar toe en
sê vir
haar,
gee vir my jou rok, en gee vir my jou sjaal wat jy om het, en gee
vir my dit en gee vir my dat, en uiteindelik, maar verskillende
streke het natuurlik verskillende objekte, gee vir my die
veertjie wat jy op jou kop het, of selfs hierdie, soos die
zombi's het so 'n, sulke, iets wat gekap is in jou voorkop, of
'n amulet wat jy dra, iets hier op die voorkop. En as hy dit het,
is haar identiteit as't ware weg. Dan's sy nie meer 'n vrou nie.
PH: Mens kry die indruk van 'n verskriklik uitgebreide studieveld...
Daar is 'n koning wat
die maan teken op sy voorkop. En hy het twaalf vrouens. Wat ek
dink oorspronklik moes sterre voorgestel het. En dan gaan hy weg.
Maar in die latere variant is dit dan net eintlik twee vrouens.
In elk geval hy gaan weg en die vrouens verwag kinders. Die een
vrou se
kind is dan dood en die ander vrou dié bring dan die
wondermooi
kind in die wêreld met die ster op sy voorkop. Die ouer
vrou is
dan jaloers en sy vat die kind weg en sit 'n hondjie in sy plek.
Die man dink dan, is dit nie verskriklik nie, wat het die vrou
nou aangevang dat sy 'n hondjie in die wêreld gebring het.
Sy
moet 'n bose towenares wees, en so. Dan word die vrou heeltemaal
weg verjaag en leef sy in die grootste armoede. Maar intussen het
sy die kind gevat en sy het die kind gesit by die muise. Die kind
in die leë hut weggesteek en die muise het die kind
weggevat.
Maar een slag sien die jaloerse stiefma die muise speel met die kind. En sy
dink,
O, ek is so siek en al wat my gesond sal maak, is as die hut
afgebrand word. Maar die muise het dit gehoor en dan vat hulle
die kind na die bul in die kraal. Dan gaan hy 'n periode deur
waar hy tussen die beeste grootword. Maar dan moet dié nou
ook
doodgemaak word. Dan neem hulle hom na die watergat waar die
waterdiere hom grootmaak. En dan uiteindelik as sy stiefma die hele
watergat laat leegmaak - sy sê heeltyd sy is so siek - neem
die
handelaars hom en sien een van die koning se raadgewers die
pragtige jongman. En dan let hy op dat hy 'n maan op sy voorkop
het, hoewel hy dit probeer bedek. Hy sê dit vir die
koning
en so kom die koning op die spoor daarvan dat dit sy eie kind
moet wees en hy word dan geïnstalleer as koning terwyl die
vrou
nou uitgevind word en die ma van die seun nou teruggebring.
Daar is die Aegidius Blignaut en dié het 'n boek
geskryf wat Lionel Abrahams laat publiseer het.
Jy sien, dis nie sommer sulke loshangende flardes, die sprokies
nie. Dis eintlik iets wat diep geweef is in die bewussyn in.
Een ding wat ek weet, is dat ek die konneksiedrade het.
Kyk, om iets werklik te doen oor Suider-Afrikaanse sprokies, moet
jy die Venda, die Tsonga, die Nguni, en duskant die Sotho en die
Tswana, moet jy eintlik 'n oorsig hê oor hulle almal. Daar
is sekere temas, maar by elke groep kom dit anders voor, bietjie
meer of minder, of so. Dit vat 'n baie lang tyd gewoond raak voor
jy aan hierdie konneksies ... en dan natuurlik sluit ons aan by
Namibië - in 'n mindere mate - maar veral by Zimbabwe.
HDV:
Jy gaan 'n mooi lewe hê, jy gaan innerlik, persoonlik
ontwikkel as jy jou wy aan sprokies, dink ek.
Dit is iets wat
êrens heen lei. En jy sien, die mense, die wêreld het
dit nodig.
Mense lewe vreeslik oppervlakkig, materialisties, hulle weet nie
waarheen hulle gaan nie, hulle raak vreeslik verdwaald in hulle
lewens. Dit is altyd so baie mooi om terug te kom na die werklik
sentrale ding wat altyd daar was. Die temas is so universeel. Jy
kry die storie van die, sê maar nou die son wat ingesluk
word
deur die aarde as tema, soos hy in die aand afgaan. Dis nou
Frobenius. Hy's ook so 'n interessante volkekundige. Wat altyd
by die regte mense kon uitkom en die regte mense het hom vertrou.
Hy gee jou meer as die gewone volkekundige wat skryf oor
sprokies. So oor die hele Afrika. Yslike boeke met sprokies
bymekaar. Nou sy boek oor Erythräa, Eritrea, dit beteken die
rooi
land. Die lande van die heilige koningsmoord. Dit is wat hy
geskryf het toe hy in Zimbabwe was, in Rhodesië, daai dae.
En
daar het hy 'n geweldige kompleks van sprokies en goed gekry wat
verband hou met die koningskap, die koning wat die maan
verteenwoordig het, en wat altyd elke vier jaar moes doodgemaak
word op heel rituele wyse deur die vrou van hom wat die
môrester
verteenwoordig. En sy sterf en word begrawe. En dan is daar die
sprokie waar uit hierdie diep kuil dan weer kom die maan en die
môrester weer op. Sulke hele komplekse van goed wat nou
weer as
sprokies verskyn, maar wat die mite was van hulle koningskap. En
dan leef hierdie stories van die maankoning byvoorbeeld nog voort
in 'n storie wat veral onder die Sotho is. Die kind wat die maan
op sy voorkop gehad het. Jy kry dit onder die Xhosa ook, maar dis
eintlik onder die Sotho en die Venda. Dis die, nou ja, wat ek
beskou as die oudste vorm van die storie:
Daar is
'n storie in van die mantis. Die ou bruin man in die Boereoorlog
wat die Boere wil ophang oor hy 'n spioen was. Maar hy is 'n ou
daggaroker, nè, so 'n soort van 'n dromer. Dan sê
hulle vir hom hy kan 'n laaste versoek hê voor hulle hom
ophang en dan vra hy of hy sy laaste daggapypie kan rook. En dan
as hulle hom ophang, dan breek die tou. En dan verskil hulle
daaroor, of hulle hom weer moet ophang, of nie. Maar die kaptein
van die groep boere sê dis 'n teken en as hulle dan so
wegry, sien die ou skelm so deur die lus wat nog daar hang die mantis
wat vir hom kyk.
Maar daar is 'n skat, die goed
is 'n skatkamer. Jy weet, ek dink die groot kultuurskatte van
Suid-Afrika is die Boesmans se mites waaraan niemand hulle
eintlik aan steur nie. Jy weet mens
wil nie pêrels voor swyne gooi nie .. dis die
Boesmanstories van
Von Wielligh. Kyk, hulle het sy Dierestories herpubliseer. Maar
niemand neem eintlik veel notisie van die regte Boesmanstories
wat hy opgeskryf het nie. En dis vir my pragtig. Hy het vier
boeke gemaak met Boesmanstories wat in my tyd ons eintlik as
kinderverhale gekry het, maar wat mens as mens uit die Westerse
beskawing .... nie so goed kan begryp nie. Die mites van die
Boesmans is mos baie vreemd.
PJ: Nou sien u uself....
Wat mens nodig het, jy het nodig om professor te wees, soos
hierdie Joseph Campbell wat The Masks of God geskryf het en The Hero
with a Thousand Faces. Hy's ook een van hierdie absolute
fundi's oor mites. Maar hy moet nou by 'n universiteit sit en 'n
hele paneel mense hê vir wie hy kan sê, gaan kyk dit
op, gaan soek jy dit, bring dit vir my, vind dit uit ... anderste
kan jy nie eintlik sulke werk doen nie. Dis baie verreikend.
Die taalaspek is baie belangrik. Die manier wat name, sekere name
byvoorbeeld. Neem nou byvoorbeeld die naam Saba, van die koningin
van Skeba. Niemand dink die Koningin van Skeba was in lewende
lywe, in Zimbabwe nie. Maar dit bly 'n feit dat die
aantal name wat daar is soos Sabie, en.. Shashi en ... Daar's
name wat konneksies bring, maar jy moet rêrig taalkundig
goed onderleg wees om dit werklik te kan bewys. Jy moet 'n hele
groot agtergrond hê voor jy dit kan bewys sodat al die
nogal liggelowige mense by die taalkundedepartemente jou sal glo.
Kyk, kan ek maar nog iets sê...?
HDV:
Ek het te min tyd. Ek is nou sewe-en sewentig. Maar ek het
baie van hierdie dinge. Sekere dinge lyk tog vir my of ek hulle
uitgevind het en bymekaar gebring hét, wat vir ander mense
weer 'n leidraad kan gee om mee aan te gaan.
PJ: Asseblief..
Iets wat my werklik interesseer is die werklike
lewendigheid, die teenwoordigheid van hierdie ou, ou godsdiens
van die swartmense. Sonder dat die witmense eintlik enigsins
daarvan bewus is. Dit is een van die dinge wat my opgeval het by
die inaugurasie van Mandela by die Uniegeboue. Daar was seker
meer as driehonderd of iets diviners wat daar êrens
bymekaar gekom het en jy kan maar sê wierook gebrand het.
iMpepho. Gebrand het met gebede aan die voorvaders. En daar is
hierdie slag van 'n bok. Ek meen honderde van hierdie
voorstedelike, hoogs beskaafde swartmense sal nog steeds vir 'n
troue of begrafnis altyd in die agterplaas 'n bok slag. Brenda
Sullivan, wat Spirit of the Rocks geskryf het, beskryf hoe
hulle nou gaan na sekere rotse waar hulle glo
daar's 'n gees in die rotse. En hoe hulle nou daar die wit bok
offer. Dit gaan eintlik vir my terug na die voor-Christelike. Met
die na-Christelike is die offers wat gemaak word innerlike offers
van jou tyd of jou aandag. Maar daar is baie mense, daar is sulke
New Age-rige groepe. My een vriendin daar in Johannesburg het
gehad 'n teologiese student uit Amerika wat snags uitgegaan het
met sulke Zionistiese groepe om dagga te rook en te bid deur die
nag. Dis daarom vir my belangrik dat mens helderheid moet
hê oor wat sprokies nou eintlik is. Waarom hulle belangrik
is en waarmee hulle jou regtig genesend kan lei, anders kan jy jouself ook
mislei.
HDV:
Dis vir my nogal so 'n kultuurkompleks daar bo, daar by
Arabië, Egipte, miskien Ethiopië, enne Babelonië
se kant toe. Hulle het 'n triniteit van maan, son en
môresterre, hoewel hulle hom heeltemaal anders rangskik.
Die son is partykeer die moederfiguur tussen die drie, die ander
is 'n pa en 'n seun, en somtyds is die môrester die moeder-
een, die Venus, nè. Maar nou is die son se een naam
Shamash. Dit kom ook in baie vorme - Simson, ook. Nou het jy
Shamashi, en dan kry jy skielik hier in die midde-Afrika die
môrester as Masashi. Jy sien dis moeilik om nie te dink
nie, daar is 'n verband. Maar jy sal werklik hard moet werk om uit te vind,
is dit sommer 'n illusie, of is dit daar, of wat is dit wat daar
is. Dis so erg dat daar niks geskrewe bronne is oor die
geskiedenis van Afrika nie.
PJ: Ek dink nou aan wat u gesê het oor die gebruik van sprokies in die Waldorf-skole - hoe 'n groot rol speel hierdie faktore, hierdie omgewing en bewussyn nog 'n rol by moderne mense?
HDV:
Dit word 'n kwessie van oorlewing, ons beskawing is darem
vinnig besig om op 'n soort van 'n apokaliptiese einde af te
stuur. As jy mooi daaraan dink, wat eintlik aangaan, wat in mens
se lewens aangaan. Hoe verskriklik onseker mense is. Ek meen, kyk
net na al hierdie kinders wat so in die rave-kultuur ingaan. As
jy luister na hierdie musiek, na die woorde.... ek vra vir mense
se kinders en hulle sê vir my, nee, "it tells you how to
get twisted". "What does that mean, twisted?" "Going into drugs".
Dis nou, hulle is nou twaalf, dertien. En dis uit heel ordentlike
kringe uit. Ons sal moet besin, mens kan nie net so sommer
onnadenkend gaan nie. Jy moet soort van besin, wat wil ek eintlik
vir my kind hê? Kan ek nou maar so in die breë stroom
ingaan, of moet ek iets rêrigs doen om hierdie kind meer
diepte in sy hele lewensopvatting te gee, meer rigting, meer
sekerheid, en so aan, en so aan.
PJ: Iets waaraan ek dink as u so praat is wat deur denkers genoem is "the disenchantment of the world"....
HDV:
Ja, and then the people fell back to look for enchantment,
wherever they can find it. They feel they must have this feeling
of enchantment. Ja. Dis netso. Maar jy sien nou, die teorie is
dat as jy kinders as hulle klein is werklik grootmaak met meer
van
'n gevoel van die wonder van die... van wat in die natuur is. En
die werklikheid van allerhande moontlikhede, en eintlik die
wonder van wat die mens is. Sonder dat jy vir hulle gaan staan
en preek en sê. Maar dat hulle dit krý uit stories
en uit werk met kleure en met musiek, en met klanke en dinge. En
deur die liefdevolle omgewing..... as jy weer 'n atmosfeer kan
skep waar mense kan lewe op 'n vergeestelikte manier, of hoe jy
dit ookal sal noem. Dan is daar meer hoop vir die toekoms, al is
dit maar vir sekere groepe.
PJ: Soos deur die Waldorf-skole..
Maar dit sal seker maar 'n lang tyd duur waarop dit hier in
hierdie land baie deurmekaar moet gaan. Dis darem 'n vreeslike
oorgang van hierdie landelike, groepsmenslewe van die swartmense
na hierdie verskriklike verstedeliking. Kyk, ek sê altyd,
kyk ons het in Europa honderde jare gehad vir die proses. Eers
het die Romeine aangekom by die Keltiese en Germaanse stamme.
Daarna was die Middeleeue waar als deurgewerk het. En toe eers
het die tegniese rewolusies gekom met die stoomtrein en die
verstedeliking en daarna eers het nog 'n fase gekom en eers
daarna het die elektroniese gekom. Maar hierdie arme, stomme
swartmense is netso, WA! van die een in die ander een in. So jy
kan nie verwag dat dit sonder slag of stoot moet verloop nie....
HDV:
Ja, dit is veral ouers wat werklik voel hulle soek iets vir
hulle kinders. Wat sommer nie net tevrede is met wat hulle kry
nie, mense wat werklik soek na iets. Dis interessant dan die
mense wat om sulke idees saamkom. Die mediese Nobelpryswenner Alexis Carrel het
gesê
hy was een keer keer by gewees in Lourdes waar die wondere gebeur
het. En hy het voor sy oë gesien hoe 'n groot seerplek wat
gladnie wou genees nie op iemand se hand, hoe dit genees. Maar
hy het ook gesê jy kon sien dis kolle, kolle wat al groter
word tot hulle bymekaar aansluit. Hy het gesê die enigste
ding vir die genesing van die samelewing is daar moet sulke klein
sentra wees waar rondom mense vergader en 'n ander lewensvorm
skep en dan sal dit uitsprei en uitsprei tot hulle by mekaar
aansluit. En dis eintlik die enigste manier waarop jy verandering
kan kry.
Dyerseiland lê ver na regs, is eintlik al besig om na agtertoe weg te skuif. In die drukkende stilte kom enkele 4X4's verbygebrul met verbaasde gesigte en - verbeel ek my - vrae agter die ruite: hoekom iemand hier so ver van alles af op voet? Slegs een keer het ek hom weer gesien. Hy het gestaan en kyk hoe 'n groep vissermanne op die enigste rotse op hierdie gedeelte van die kus staan en visvang, regoor Dyerseiland, die 4X4'e soos perde in 'n oopte in die duineveld agter hulle in 'n groep gehalter. Toe het hy weer sy bene oor die saal van die fiets geswaai en stadig weggekarring deur die sand. Hy moet nou hier voor iewers wees, weet ek, en Pearly Beach kan ook nie ver wees nie. Dis seker ook hoe hy voel oor dit wat hy soek, dink ek. Net nog een slag probeer....
Terug na die Inhoudsopgawe Terug na die basisbladsy
|
![]() ![]() ![]() | ||||||||||||
|