2 prominente karakters wat genoem word in die skoolboek saamgestel deur
Rev. J. Bennie:
Umxeli (of Lynk[x?]s) en Tikana
|
Umxeli, die eersgenoemde, het vir jare in die Kolonie geleef en het die
Hollandse taal geleer, maar die godsdienstige kennis en idees wat hy het, en
sleg aangewend het, het hy verkry van sy interaksie met 'n vroom en toegewyde
Hollandse sendeling Mnr. Vanderlingen*4 wat vir 'n hele tydjie predikant was van
die O[**?] W Kaapse Regiment.
Umxeli was gewoond daaraan om Grahamstad in die tyd voor 1816 te besoek en
wanneer hy daar was, het hy die meeste van sy tyd deurgebring in die huis van
Mnr. V. wat Umxeli baie positief gesind was omdat hy nooit geskenke gevra
het of 'n wens uitgespreek het om geskenke te ontvang nie, maar baie aandagtig
was om te hoor wat Mnr. V. so angstig wou kommunikeer.
Umxeli het geleidelik sy verkreë kennis begin voorstel as 'n goddellike
Openbaring direk aan hom gegee met die nodige bygevoeg om die liggelowiges
opgewonde te maak en om die heersende bygelowigheid van die Afrikane
(Kaffirs) te beïnvloed.
Hy het geen morele plig voorgeskryf nie en het nie gepraat van die
verantwoording van die mens voor 'n Opper Mag nie, maar het tog groot
populariteit verkry en het baie beeste gekry. In 'n paar gevalle het hy 'n
beskrywing gegee van die dier wat hy wou gehad het en beweer dat hy die koei of
die os in 'n droom gesien het. In een geval is hy koudgesit deur 'n
arm man wat ek geken het.
Umxeli het gesê dat hy 'n ingewing van God gekry het dat dié man se
pakos aan hom gegee moes word. Die eienaar het geantwoord dat dit nie waar kan wees nie omdat God goed geweet
het dat hy, die arm man, net een os gehad het.
Umxeli het sy invloed veral laat geld onder die Hambie [ ? ]-stam om
ontevredenheid te stook en om hulle aan te por om hulle teen die gesag te
verset en om oorlog te maak teen die Opperhoof van die Grens, Hoofman [
Chief ] Gaika.
Hy het in hierdie doel geslaag.
Die Afrikane [ Kaffirs ] het 'n hewige geveg gehad.
Die Gaika-stam is met 'n groot slagting verslaan. Dit het die Koloniale
Regering beweeg om Kol. Braerton met 'n sterk militêre mag Kafferland in
te stuur om hulle bondgenoot te ondersteun en om die ander hoofmanne te
tugtig.
Kol. B het 'n groot getal vee gebuit en die Afrikane het spoedig hierna die
Kolonie in groot getalle binnegegaan en hulle vernietigingswerk uitgebrei tot
naby die dorpies van Uitenhage en langs die grens af in die rigting van
Somerset. Begeesterd deur hul groot sukses en aangespoor deur Umxeli het hulle
'n groot samedromming gevorm om Gstad, die Hoofkwartier van die Engelse, te
gaan vernietig.
- 'n Aantal van Hintsa se onderdane het aan dié onderneming
deelgeneem.
- Hulle is nie slegs sukses belowe nie maar verseker dat die wapens van die
Engelse hulle nie sou seermaak nie.
- So het hulle verseker van sukses skielik op GStad afgekom en op die barakke
afgemarsjeer en reg op die lope af van die wapens, maar hulle is teruggeslaan met
groot lewensverlies onder hulle en baie gewondes het tuis gekom om te vertel
hoe hulle gevaar het op die reis en die aanval.
- Hierdie gebeurtenis het Umxeli se roem verminder en sy volgende streek was
om die Afrikane te vertel dat hulle binnekort sterk sal wees aangesien die tyd
nou gekom het vir die Opstanding van hul Vaders en as 'n voorlopige maatreël moes hulle 'n groot jagtog hou en daarna vergader in die Weste
tussen die Buffelsrivier en die Keiskamma waar hy 'n sonderlinge daad sou
verrig as 'n voorspel tot die groot gebeurtenis wat hulle sou meemaak.
- Dit sou wees om te spring van een rots na 'n ander en na hierdie uitvoering
sou die Opstanding onmiddellik volg
- Die eerste rots waarop hy geklim het, was naby aan die oewer
- Die ander een was 'n hele ent in die see in
- Hy het vir 'n hele ruk op die rots gebly, maar het geen aanstaltes of
beweging gemaak om die laaste sprong te onderneem nie
- Die son het ondergegaan
- Die skare het ongeduldig en raserig geword, en gesê Umxeli: die son is
onder ons is moeg en koud gewag Spring Spring
- Maar geen pleidooi of provokasie het die man beweeg nie
- Die grootste gedeelte van die skare het vertrek en Umxeli op die hoë
rots agtergelaat vasgestrengel in sy glorie - 'n klein groepie wat agtergebly
het, het die veld aan die brand gesteek en 'n nag se fees gehad met die vleis
van die diere wat in die jag doodgemaak is
- Umxeli het afgeklim van sy verhewe posisie en sy volgende streek begin wat hy
probeer uitvoer het, met 'n groot mate van voorsorg
- Dit was om vrede te soek by die Engelse wat toe in Kafferland was en hy het
by die afdeling gekom van die Koloniale Mag wat aangevoer is deur Kapt
Stockenstrom
- Sir Andrew en Kol Willishire (nou Sir Thomas) wat gesag gevoer het op die
Grens, het bevel gegee dat Umxeli gearresteer moes word
|
'n Gebrandskilderde venster in die St Andrews-kerk in King William's Town wat opgedra is aan Charles Pakalt Brownlee en sy vrou Frances, die ouers van John Brownlee
|
- Gevange is hy sonder versuim na GStad gestuur en op pad na Algoa Baai het hy
probeer wegkom alhoewel geketting en na hy 'n gevangene doodgemaak het na 'n
paar jaar op Robbeneiland, het hy verdrink tydens 'n poging om in 'n boot in
die nag na die land te ontsnap
- Ek het gehoor sy liggaam is eers ses dae later gevind
Sikana was 'n man met 'n anderse karakter en was een van Gaika se raadgewers
en toe die sendelinge Revr. Read en Williams Kafferland ingekom het vergesel
deur Jan Tyatyve [ ? ] om voorbereidings te tref vir die stigting van 'n
sendingstasie het Tikana hulle as vriend ontmoet
- Hy het 'n bietjie kennis van God gehad en het sy verantwoordelikheid
teenoor Hom gevoel as skepper en beskermer maar hy het nie vooraf enige
kontak met enige sendelinge gehad nie
- Na die stigting van die sendingstasie wat vir omtrent twee jaar volgehou is
tot en met Mnr Williams se sterfte, was Tikana gewoond daaraan om die stasie
te besoek en het hy elke oggend en aand die Aanbidding van God in sy kraal
uitgevoer en die sewende dag as 'n dag van rus gevier en toe hy die
verordeninge van God oor die huwelik geleer ken het, het hy sy jonger vrou
prysgegee en gesê dat hy gewillig was om haar te onderhou [ .... ] sy
het die vryheid gehad om te trou maar hy sou nie langer saam met haar leef
nie, teen God se gebooie nie
- Die sang by die sendingstasie was beperk tot die paar wat iets geken het van
die Hollandse taal
- Om dié probleem aan te spreek het die moeite gedoen om van die idees
wat hy verkry het, in 'n gesang te rangskik
- Dié het hy self gesing op 'n eenvoudige wysie deur homself
gekomponeer en dit gebruik in hul godsdienstige aanbidding en dit was
spoediglik in vele afgeleë plekke in Kafferland en daarna is dit
skynbaar gedruk in die sendingstasies
- Die onderwerp was skriftuurlik, geklee in Afrika-idioom [ Kaffir ]
- Tikana het die ambisieuse bose planne en verkeerde sieninge van Umxeli
openlik teengestaan
- Hy het in hierdie jaar 1814 gesterf
- Hy het duidelik besef dat dit nie 'n maklike ding was om God te dien en het
oorgekom soos 'n lewende mens wat op die punt was om die eise van Tyd agter te
laat en die Ewigheid te betree. Hy het met dié om hom heen gepraat
en het hulle gepaste raad gegee en gesê hy was op die punt om hulle
te verlaat en huistoe te gaan
- Hulle moes nie treur oor hom nie en moes geen heidense gebruike met
betrekking tot sy dood uitvoer nie
- 'n Paar van dié wat saam met hom was, is jare daarna as lidmate in
die Kerk opgeneem
- Hulle is 3 mans en een vrou wat nog steeds sy vrou is [ ... ] omtrent 4 jaar
gelede was sy al vir 'n hele paar jaar 'n Christen en konsekwent in haar
optrede
- Haar seun wat klein was ten tyde van sy Vader se dood, was nou al vir 'n
hele ruk 'n bekwame assistent by die sendingstasie op
Peelton
Die getuienis van Gaika teenoor hulle wat beslag wou gaan lê op die
eiendom volgens die Afrika-gebruik (Tikana was 'n goeie man gewees, raak niks
van syne aan nie en laat dit alles bly vir sy familie)
- So is dit gedoen
- Een dogter, 'n Christen wat lang op die Perie sendingstasie gebly het, is
nou besig om met hierdie sending verbind te word
|
|