deur Stef Delport
Na die Skryfskool van die Oostelike Provinsie (SKOP) se geslaagde Bekgeveg verlede jaar waarin
SKOP se "veterane" die nagraadse studente-span van UPE en Rhodes (met bekende
jong digters soos Toast Coetzee en Erns Grundling daarin ) die loef afgesteek het, is
daar ‘n behoefte geïdentifiseer om ‘n Slypskool rondom poësie aan te bied.
SKOP se hoofdoel sedert sy stigting 3 jaar gelede was om skrywerstalent in die
Ooskaap te help ontwikkel. Dit was dan ook in daardie gees dat die SKOP-
Skryfskool op 4 en 5 Mei 2001 in die Brookes Hill Suites Hotel te Port Elizabeth aangebied is.
Die 14 voorafgekeurde kursusgangers se kostes was R350-00 per persoon, wat ‘n
eksemplaar van die nuwe Groot Verseboek 2000 ingesluit het, asook twee volle
maaltye en verversings. Die aanbieder was die bekende digteres van Despatch,
Anlen Marais, wie se jongste digbundel Muur van berge in 1999 verskyn het.
SKOP beoog om vorentoe nog soortgelyke werkswinkels op verskeie sentrale plekke
in die Ooskaap aan te bied, want baie keer kort ‘n potensiële digter of skrywer so ‘n
skop van agter om werklik aan die skryf te kom.
Poësie is as betreklik kort en konkrete medium die toeganklikste skryfwyse om
voornemende skrywers in te lig oor die onderliggende ooreenstemmende beginsels
wat ook ter sprake is in kortverhale, romans, hoorspele en drama’s. Hierdie werks-
winkels is geskoei op die bekende Stellenbosche Letterkundige Laboratorium van
Prof. Dirk Opperman.
Die deelnemers aan die slypskool het gewissel in ouderdom vanaf Jean-Pierre Theron
in matriek tot afgetrede skoolhoof Andries Blignault; van medikus Joubert Moolman
tot tennis-afrigster Doreen Kitching, van onderwyseres Chantel Mafiet tot Marilyn
Pettit van Despatch wat haar baba saamgebring het sodat die kleinding letterlik poësie
saam met sy moedersmelk kon inkry. Uit verskillende agtergronde en leeftye kon
soms verrassende bydraes kom en in die proses het SKOP ‘n hele paar nuwe lede
bygekry. Die werkswinkel is afgesluit met die skryf van musikale kwatryne
waaronder die volgende twee juweeltjies van Else Boekkooi was:
Vox DominiAnlen Marais het o.a. die volgende aspekte van poësie aangespreek: die verskil tussen poësie en prosa, die metafoor, die wese van poësie, die vrye vers, werklikheid en klank in poësie, en nog vele meer. Die verskillende onderwerpe is elke keer aan die hand van deelnemers se vooraf-ingehandigde gedigte wat reeds gebundel was, bespreek. Die tweede deel van die Skryfskool sal plaasvind op 4 Augustus 2001 wanneer die bekende digter, Dr. Ronnie Belcher van die Kollege vir Literêre Kunste te Stellenbosch, die skryf en aard van Sonette gaan behandel.Sondag luister hy met toegewyde oor
om van die preekstoel af die woord te hoor,
maar dis die klanke van ‘n Bach-koraal
waarin hy telkens weer sy siel verloor.Wanhoopswals
Nog voor die laaste wals gespeel is
en die laaste dans gedeel is,
Smaak sy reeds die bitter wete
dat vir hulle niks meer heel is.
SKOP-Skryfskool
Posbus 59
Despatch
6220
|
|
|