REDAKSIONEEL: |
Wat van menswees?
Nuwe impetus aan die debat oor identiteit
Jason Lloyd
Die gedagte om die elfde uitgawe van die Angeltjie aan Saartjie Baartman op te dra het in April begin. En dit met ‘n e-boodskap deur die uwe aan Helize van Vuuren. Nie dat die uwe van Saartjie melding gemaak het nie. Die rede? Om presies te wees: spasie vir die plasing van my kortverhale.
"As jou kortverhale lyk soos jou stuk oor Saartje (op LitNet) kan ek net sê: Alte
graag sal ons jou kortverhale op Onse angeltjie publiseer," het die begin
van die lang e-boodskap gelees. En toe lees ek iewers in dié e-boodskap : "...ons moet 'n boek maak met bydraes oor Saartje: kreatiewe bydraes..."
Dit was die geboorte-gedagte vir die elfde uitgawe van die Angeltjie. Om presies te wees: ‘n eer aan Saartjie.
En toe lees die uwe ook in Die Burger. Die opskrif was baie kort en kragtig: dit was iets soos: "Saartjie Baartman vandag tuis na 187 jaar in Europa."
Dit was die dag toe joernaliste, kabinetslede, Khoi-aktiviste en ander Suid-Afrikaners saamgetrek. Waar? by die Kaapstadse Internasionale Lughawe. Hoekom? om die skelet, brein en geslagsorgane van die Khoi-ikoon in ontvangs te neem. Dit was haar "tuiskoms" na amper 200 jaar in Europa. Nie net was dit ‘n tuiskoms nie. Dit het ook ‘n verandering gesimboliseer. En dit het my laat dink aan die gedig, "Times Change", geskryf in die donker dae van Apartheid deur die skrywer-kunstenaar, Peter Clarke:
His great-Voortrekker-grandfatherJa, inderdaad. Die "tuiskoms" van Saartjie was dus meer net as ‘n "tuiskoms". Dit was ‘n voorsetting van die veranderings wat reeds in 1990 begin is met die vrylating van Nelson Mandela. In ‘n sekere sin was 9 Augustus (ook Nasionale Vrouedag), die dag van Saartjie se begrafnis by Hankey, die werklike geboorte van ‘n NUWE Suid-Afrikaanse NASIE.
would, instead,
have raised his voorlaaier
higher
and shot me dead.His grandfather and father
would rather
have kicked my black arse
out of the way
so that they could pass.How nicely he says,
"Skuustog."Times change.
How strange.
O wye en droewe land, alleenVersoening en die geboorte van ‘n nuwe Suid-Afrikaanse nasie - maar wat nou van die identiteitskwessie? So, "kô laat ons sing" (of sal ek dit sommer reguit praat noem), het Adam Small in een van sy gedigte opgemerk.
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ‘n hoë blydskap kom
deur jou stil droefnis?...Sal nooit ‘n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerswolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ‘n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;...
Ek kyk en sien die skare voor my staan,Wat van menswees? Want kyk, Saartjie se mishandeling was alles behalwe menslik. Gepraat van menswees - dit herinner my aan ‘n e-boodskap wat die digter/skrywer, Clinton V. du Plessis, net nou die dag aan my gestuur het. Daarin bespreek hy kortliks die werk van Vincent Oliphant as digter.
Zoeloe en Xhosa, Sotho en Shangaan en ek, ‘n
Blanke,
vele volkere ja, almal verenigd om Gods seën te vra
op net een tuiste, net een vaderland,
want die Alwyse het ons saam geplant
en saam laat wortel in Suid- Afrika
dan weet ekEn as Suid-Afrikaners, soos Oliphant, die mens in elke mens kan sien/wil sien, sal ons land ongetwyfeld "‘n nuutgebore land" word.
diep agter in jou oë
daar waar die vlees op sy sagste is
lê die letsels van jare se verlange
en die liefde se hoop wat beskaam het
om jou te laat met die droom
van ‘n nuutgebore land
wat kort-kort aan skerwe wil val
uit jou hand.
Uitenhage, 2002
|
|
|