Japannese teks

Afrikaans vir die Ooste

Disclaimer Ek voel skuldig en selfs effens ergerlik waar ek teenoor Professor Takashi Sakurai in die San Francisco Koffiekroeg in Somerstrand sit. Ons sit met koffie en koek voor ons na die afhandeling van 'n gebruiklike Japannese hoflikheidsritueel oor die melkkommetjie (of so stel ek my dit voor): neem vir jou - nee, jy eerste - nee, kry vir jou - nee, asseblief, kry jy.... Takashi het my pas met 'n verwarde uitdrukking op sy gesig gevra waarom die kelnerin Engels praat - sy verstaan tog baie duidelik Afrikaans. Sy verstaan ook Takashi se Japannees-gekleurde Afrikaanse uitspraak heel goed.

Prof. Takashi Sakurai

Prof. Takashi Sakurai en die redakteur van Onse angeltjie op 'n Port Elizabethse strand

Al wat ek kan dink om te sê, is dat sy dalk meer waarde of status aan Engels as Afrikaans heg, wat hom skynbaar verder ontsenu. Hy vra of 'n Japannees wat Afrikaans praat, dan as 'laer-klas' gesien sal word. Ek lag die moontlikheid maar liewer weg. As meer Afrikaanse mense maar Afrikaans kan wees soos hierdie Japannees... Ek onthou ook die ete in die Hogsback na 'n AMOK-byeenkoms waar hy verbaas na die spyskaart gekyk het en gevra het waarom dit nie in Afrikaans was nie.

In 'n artikel in Afrikaans vandag vergelyk Prof. Sakurai Afrikaans en Japannees met mekaar:

Dat party Afrikaansprekendes die trots op hulle eie taal en kultuur verloor, verbaas my. Hierdie toestand herinnner my aan Japan net na die Tweede Wêreldoorlog. Ná ons die stryd gewonne gegee het, het ons al ons trots verloor. Daarteenoor het Engels as taal geskitter, gesteun deur die mag van
Ja wat, kom ma' aan.
Ek het jeerlik gelees
en so by die lees weet
ek weer Afrikaans
is 'n vismot. Hy kan
kruip hy kan vlieg hy
kruip weg maar hy
teel aan en jy sal vir
hom nie uitgeroei kry
nie.
(engemi@iafrica.com)
die Amerikaanse besettingslëers. In dié omstandighede het die skrywer Naoya Shiga, wat as die "God van die novelle" in Japan bekend staan, voorgestel dat ons Engels as amptelike taal moet kies.
Selfs dié groot skrywer wou sy eie taal weggooi.
Japanners het 'n swak naam gekry weens hulle brutale dade gedurende die oorlog. Die Chinese het ons Tonyang-ki (Duiwels in die Ooste) genoem. Japannees was die taal van die duiwels, wat deur die militêre regering afgedwing is. Met die oorgawe van Japan is Japannees sterk gestigmatiseer.
Die ouer geslag (veral Koreaners) wat nog die wreedaardigheid van destyds onthou, wil selfs vandag nog geen Japannees gebruik nie, hoewel hulle dit vlot kan praat.

[Bostaande aanhaling kom uit 'n artikel, "Besef die waarde van Afrikaans," gepubliseer in Afrikaans vandag 4 (4). Lees dit op die Webbladsy van Die Stigting vir Afrikaans: http://www.afrikaans.com of
kry 'n kopie in AMOK se argief: http://www.utr.ac.za/arts/afrik/amok/spens.htm]

Vroeër in sy kantoor het ek hom gevra oor sy belangstelling in Afrikaans en het hy soos volg uitgewei:

Dit het begin toe ek in Duitsland in Bonn in die Algemene Taalwetenskap studeer het. Ek dink ek was so vyf-en-twintig jaar oud. Daar het ek toe gehoor daar is 'n Germaanse taal, bo en behalwe Engels in Afrika. Die naam
Japannees (Nihon-go) maak gebruik van drie skrifstelsels. Die basiese is die Kanji wat bestaan uit Chinese ideogrammatiese karakters, waarvan daar vyftig duisend is en sewe duisend algemeen gebruik word. Hira-gana is 'n fonetiese skryfstelsel en Kata-kana is karakters wat gebruik word om woorde en klanke uit vreemde tale voor te stel. 'n Japannees en 'n Chinees kan mekaar nie verstaan wanneer hulle met mekaar praat nie, maar wanneer hulle skryf, kan hulle wel - die karakters het dieselfde betekenis maar verskillende uitsprake.
was ook interessant vir my - Afrikaans. Dit het my gefassineer. Ek is terug Japan toe, en verder opgelees. My studies het gewys dat Afrikaans 'n dialek van Nederlands was - ek weet nie mooi van die teorie oor kreolisering nie. Toe het ek Nederlands begin bestudeer en is later vir 'n jaar Leiden toe. Ek het gehoop om hier meer van Afrikaans uit te vind. Dit was die tyd van apartheid en ek het gedink ons Japannese mag nie hier in Suid-Afrika studeer nie. Eendag het ek besluit, nee, ek gaan na die Suid-Afrikaanse ambassade toe en hulle was gelukkig baie vriendelik, in Tokyo. Hulle het gesê ek mág in Suid-Afrika studeer. Ek het aan 'n paar universiteite geskryf....Stellenbosch, UPE, RAU, vier of vyf. Die vriendelikste antwoord het ek van RAU gekry. So 1977/78 het ek daar gestudeer, en toe weer terug Japan toe. Ek wou weer terugkom Suid-Afrika toe, maar die akademiese boikot het dit baie moeilik gemaak.

In Japan moes hy hom toe weer toespits op sy oorspronklike werk - die onderrigmetodologie van Japannees - want daar was geen kans om 'n kursus in Afrikaans in Japan te ontwikkel nie. Gedurende hierdie tyd het hy 'n Kanji-woordeboek saamgestel, waaruit die idee vir 'n Japannees-Afrikaanse woordeboek gekom het.
Bladsy uit Afrikaans-Japannese woordeboek
'n Gedeelte van Prof. Sakurai se Afrikaans-Japannese woordeboek
Nou is hy opgewonde oor die moontlikheid dat Japannees aan die Universiteit van Port Elizabeth onderrig kan word.


deur Philip John
Universitei van Transkei
Umtata


Copyright:  © 1997;2000 Die outeurs
URL:  http://www.upe.ac.za/afned/nihon.htm
This page maintained by:  Helize van Vuuren/Philip John
Last modified
: 9 Augustus 2000
Review cycle:
  6 monthly

Comments and suggestions
: Redaksie

 [ search ]

 [ contact info ]

 [ site map ]

 [ site info ]