'n Onderhoud met Erns Grundling
In Jaargang 103 deel I publiseer Koos Kombuis, toe die redakteur van Ons Klyntji, die brief van die African Studies Library hiernaas. Wat sê mens as jy soiets sien? Shame? Of lag mens maar net? Kla mens die biblioteek aan by die Menseregtekommissie? Of dalk by die DBV? Stuur mens hulle 'n kopie van die nuwe Groot Verseboek (CD ingesluit)? Toe hierdie vrae my slapelose nagte begin besorg het, het ek besluit om hulp te soek by die tydskrif self, wat intussen oorgegaan het in die hande van Toast Coetzer en Erns Grundling. Toast Coetzer is onder andere bekend vir "Buckfever Underground", 'n band wat die eerste Vuurdoop-kompetisie van die TV-program "Geraas" gewen het. Hy het ook heroïese bydraes gemaak tot die gesprekke wat op SêNet, LitNet se gespreksbladsy, gevoer word. Erns Grundling studeer by UPE, werk by Die Burger in die Oos-Kaap en is besig om 'n kort video te maak vir MWEB wat iewers in November vertoon sal word op M-Net. Hy is ook die stigter en voorsitter van Kapi'taal, die Afrikaanse studentevereniging by UPE. Ek het hom ontmoet in 'n restaurant in Dibai.
OA: Ek dink ons moet probeer om hierdie onderhoud baie ernstig te benader, want dit sal uiteindelik belangrike materiaal wees vir die literatore wat die volgende Afrikaanse literatuurgeskiedenis skryf.
EG:
Ja, hulle sal dit moet inkorporeer, dis deel van die geskiedenis, dit het ontstaan in 1897, as ek reg onthou, met die Groep van Regte Afrikaners, en toe het hy 'n vroeë - of eerste dood gesterf vroeg in die twintigste eeu. Ek is nie seker hoekom nie, maar ek dink Die Patriot het kompetisie geraak. Ek dink dalk het die Groep van Regte Afrikaners en Di Klyntjie dalk groot geword en 'n Patriot geword.
OA: Ja, nou dat jy so praat, moet ek sê dat
Die oprigting van Ons Klyntji:
Op die 15de en 16de Januarie 1896 vind daar 'n Afrikaanse Taalkongres in die Paarl plaas waar besluit word om 'n Afrikaanse tydskrif met die naam, "Ons Klyntji" op te rig. Dié kongres is gereël deur die Genootskap van Regte Afrikaners wat tydens 'n vergadering op sy twintigste verjaarsdag, d.w.s. 14 Augustus 1895, besluit het om die kongres te reël. Die Genootskappers het gevoel dat die koerant, Di Patriot, wat die Genootskap in 1876 op die been gebring het, nie in die doel slaag wat hulle in gedagte gehad het nie, naamlik om "van hart tot hart met die huisgesin te spreek". In die eerste uitgawe het die redakteur so tot sy lesers gespreek:
| |
| |
(Gegewens uit Die verhaalskat van Ons Klyntji (1896-1905) deur Abel Coetzee, Voortrekkerpers, Pretoria (1940)) |
EG:
Maar Ons klyntjie is nou weer in sy babaskoene, dis nie asof - dalk nog steeds, dalk nog altyd ....
OA: Wanneer het jy die eerste keer gehoor van dié Ons Klyntji; hoe het dit gebeur?
EG:
Ek het iewers gelees van hierdie tydskrif wat nogal kontroversieel was, ek weet nie, dit kan verdigsel wees, maar einde matriek 1997 het Koos Kombuis die eerste keer 'n show gehad by Andrew Rabie. Ek het so 'n patetiese fan-briefie geskryf, iets soos "jou grootste fan in die suidelike halfrond", iets wat 'n laaitie sou skryf wat heeltemal mal is oor Afrikaanse musiek, en ek het onderaan my adres geskryf. Toe 'n paar maande later kry ek hierdie moerse half informele, soos daai goed wat Readers Digest vir jou stuur as jou account agter is, jy weet waar net jou naam bo verander is, soos wat die Queen uitgee, of Nadine, en dit vertel van Ons Klyntji, R60.00 'n jaar, en alles, en jy kan ook gedigte en goed instuur.
OA: Die een op die stoep...
Die jaar daarop was ek op Stellenbosch gewees en ek stuur 'n poem in wat ek op Stellenbosch geskryf het, en toe die volgende Ons Klyntji....
EG:
Ja, van Die Dros. In die Bos. Toe's die poem in die vroegherfs-uitgawe van 1998. Die lead-storie van die uitgawe was oor Stellenbosch, oor die hele krisis daarso eintlik, die klomp jongmense wat kastig die bastion van Afrikanerdom was, en dit het nogal nice gepas daarby. En ek's moerse excited, jy weet, Wow..! Toe het ek maar gereeld die ding gekry.
Ek het nog altyd die dingetjie gehad en dit was altyd gewild onder my pêls.
OA: Het jy enige idee hoeveel kopieë gemaak is van die verskillende uitgawes?
EG:
Koos?
OA: Ja.
EG: Ek dink in die begin het hy nogal baie, ek sal moet uitvind. Maar ek dink nie dit was ooit meer as 'n honderd-en-vyftig nie, nee, nee, selfs nog minder, ek sal nie sê meer as 'n honderd nie, ek twyfel. Dis nou so skaars soos hoendertande. Die eerste ene is heeltemaal onverkrygbaar. Ek het nie eers een van hulle nie. Van toe af het ek hulle almal.
OA: Mens moenie 'n fout maak nie - ek sien dat mense begin soek na Stet en Bitterkomix...
EG: Dis soos Gif, dis een van die gesogste goed onder versamelaars, jy weet die eerste cartoon strip in Suid-Afrika - die nuwe Suid-Afrika - wat geban is. Hy's nou nog geban. Hulle mag hom nie versprei of druk nie.
Onse angeltjie het gewonder hoe lyk dit wanneer die oue en die nuwe langs mekaar geplaas word. Hier is 'n stukkie uit "Oom Janni en syn eselmerri" (Februarie 1897): |
|
En hier is die begin "die eerste van 'n drie episode mini-reeks" deur drama van wyk in OK, vroegherfs 2000: |
Van Voortrekkers na draadtrekkers? |
OA: Dis nou jy en Toast...
EG: Coetzer, ja. Wat gebeur het, is Koos het mos sy boek begin skryf, getrou en alles en hy het dit self verduidelik dat hy nie goed is met admin nie. Hy het baiekeer opgeslip met ledegeld, met die gevolg dat sy intekeningsgetalle baie gedrop het tot so dertig mense, veertig mense. Toe bel hy vir Insig en vra Hettie Scholtz of sy dit nie wil oorvat nie, hy wou dit ingelyf hê by die Insig. Toe't hy vir Breyten gekontak, maar hy's te veel oorsee, en so, en hy wou nie die verantwoordelikheid gevat het nie. Toe bel hy maar vir my en Toast.
OA: Hoe sal jy Ons Klyntji beskryf?
EG: Die ding is, dit was gewees die, in die begin met Koos, "die beste tydskrif in onsuiwer Afrikaans", so sentrale komponent daarvan is nie jou Huisgenoot, Keur,
vrouetydskrif nie. Ons probeer altyd om die goeters in te sit, ja, wat so 'n bietjie annerste kyk. Jy sal nou ry en petrol ingooi en 'n kwitansie kry waarop iets snaaks staan. Dan kan jy dit in 'n posbus gooi en aan ons stuur dan skryf jy iets interessants daaroor. Dit reflekteer iets van die samelewing, van die kultuur.
OA: Ek het nogal iewers begin wonder of daar nie 'n ooreenkoms is met wat mens seker so vyftien jaar terug in die musiekwêreld begin kry het nie, toe mense van "sampling" begin gebruik maak het, met die begin van digitale klanktegnologie...?
EG: ...... ??
OA: Nou net dink ek aan een van die vroeë elektroniese komposisies wat 'n ou gemaak het met die klank van 'n waterdruppel, wat hy gerek en gekrimp het en in verskillende ritmes opgeneem het en so 'n stuk musiek gemaak het.. hy moes dit natuurlik op band doen - die band sny en so ...?
Waar kom ons vandaan?
Van die eerste krake in die muur het verskyn met tydskrifte soos Sestiger in 1963, Wurm in 1966, Ophir in 1967, Kol in 1968 en Izwi in 1971 met 'n tweede "golf" aan die begin van die tagtigerjare. In die tweede band van J.C. Kannemeyer se Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur (1983) word kortliks aandag gegee aan die verskyning van 'n Afrikaanse "avant-garde". Twee studente-tydskrifte wat voor hierdie tyd verskyn het, is Prisma wat vanaf 1956 verskyn, en Inset, vanaf 1961. |
EG:
..... ??
OA: Alle letterkunde is seker so iets, woorde, komponente wat gevat word en geherrangskik word...
Ek weet nie, ek dink nie dit sal ooit 'n baie formele ding raak nie. Die plan is eintlik om van die erkende skrywers te kry om goeters wat hulle nooit sal voorlê vir publikasie nie, wat hulle net in 'n laai hou, dat hulle sulke goed aan ons sal stuur. Dis baie soos, op SêNet skryf skrywers baie keer sulke goed, maar ons is soos 'n underground magazine wat in druk is, dit maak 'n verskil dat dit op papier is.
EK sal baie graag - en ons het dit al gehad - dat ons 'n poem kry van 'n girl wat by 'n call-centre werk by Nedbank in Joeys - hierdie fantastiese poem oor Wouter Basson aan die een kant van die bladsy... en dan aan die ander kant hierdie unpublished poem van Joan Hambidge. Soiets, jy weet, hoe gereeld word daar vandag gepubliseer? Daar was nou net Nuwe stemme II maar verder is daar maar min.
EG:
Uhhmmm.
OA: Ja, ek kan moeilik dink aan nog iets op papier ... Ensovoorts dalk, en daar was sprake van 'n tydskrif iewers in die Noorde, maar ek weet nie wat gebeur het nie.... O ja, en 'n ruk terug het Jean Jordaan met Vlugskrif goed uitgegee op A4-bladsye, maar ek weet nie of dit nog aangaan nie.
EG:
Dis 'n lekker tydverdryf. Ons sit baie tyd daarin en ons probeer hom so min as moontlik te laat kos, omdat ons nie eintlik baie geld hét nie. Ons het so 'n formule, ons verkoop met die eerste skoot sê maar vir twintig rand sodat ons vir elkeen drie biere kan koop en vir die volgende druk kan betaal.
OA: Nou met die eerste een wat julle uitgegee het.. nee, julle het al twee uitgegee, hoeveel het julle verkoop gekry?
EG:
Die eerste ene het ons honderd gedruk, die tweede ene het ons honderd-en-dertig gedruk en ons het twee oor en dis twee wat ek wil pos vir mense. Dis cool, ons was slim gewees, ons fokus op goed soos die Wordfest op Grahamstad, die Oudtshoorn-fees, jy verkoop 'n klomp net so daar...
OA: Ja, ek onthou hoe Koos Kombuis by die Winterforum by Wits in '92, ... '91 ?? ... een aand by die deur gestaan het met 'n boks gedigte wat gefotokopieer was en hy het alles verkoop binne 'n kwessie van tien minute. Later het die gedigte uitgekom as Die tweede reën.
Miskien kan mens ook 'n vergelyking tref, weer met musiek - die punk-bands in Londen wat hul eie goed verkoop het - soos mense nou ook soms doen, of ten minste probeer doen. Misien is punk nog nie verby in Afrikaans nie.
Ek sal like om die ding te expand.
EG:
Ek het die gevoel Ons Klyntji vul 'n soort leemte, ek weet nie... Ek weet nie wat die leemte is nie, Francois Smith is mos 'n skrywer by Die Burger in die Kaap, op die Kunsredaksie, en ek het hom 'n kopie gegee by die Woordfees in Stellenbosch. Later kry ek drie verskillende oproepe van verskillende afdelings van Die Burger Wes-Kaap, daai een kopie het daar onder mense beweeg en almal het dit gelees. Dis weird. 'n Meisie van Somerset-Oos, sy is daar in matriek by Gills.
Sy en haar pêl is uit die klas gejaag oor Ons Klyntji.
Hulle het dit daar onder die banke gelees en hulle siek gelag, want jy weet dis anders, dit push die boundaries a bit. En die onnies verstaan dit obviously nie.
OA: Ek het nou-nou net gedink, as mens so iets te ernstig begin vat, dan bederf mens dit.
EG:
Kyk, as ons dit ons mission gemaak het by die Kunstefees, bemark het, sou ons maklik vyfhonderd verkoop het. As ons nege dae aaneen agter mense aangeloop het. Dit was ons mission gewees, ons het gewerk by die koerant en maar half laat wakker geskrik en die boks daar gekry en toe maar gegaan, vinnig en dit verkoop. So.
OA: Jean Jordaan het oor Afrikaans my darling geskryf dat dit nie "gepubliseer" word nie, maar eerder "weggegooi" word. 'n Artikel toe Die Suid-Afrikaan nog bestaan het. 'n Poging om te probeer verstaan wat dit is.
EG: Dit hang maar af wie dit koop en dit lees. Ons sal dit nie weggooi nie, nie sommer nie.
OA: Nee, ek dink nie hy het bedoel weggooi soos gemors nie, dit gaan eerder op die manier waarop dit verkoop word, hoe ontslae geraak word daarvan. Dit gebeur nie op die "gewone" manier nie.
Die lem van Stellenbosch
Miskien sal een van die interessantste vergelykings kan lê tussen Ons Klyntji en Penseel, waarin gedigte deur Stellenbosse studente gepubliseer is. Die rubriek "Skalpel" verskyn vanaf die vyfde jaargang in Penseel. Hierin word kritiese opmerkings gemaak oor die kreatiewe bydraes in Penseel. |
Haai, is dit nie eintlik fraai nie? Die "lywiger" uitgawe van Penseel hierbo beslaan 'n hele twaalf bladsye. |
EG: OK.
OA: Ek dink hy het miskien probeer sê daar is iets impulsiefs daaraan.
EG: Dis maar hoe hy saamgestel word ook. As ek sê ons sit baie effort daarin, dan bedoel ek, ons sit baie effort in ... 'n kort kwessie van tyd. Ek het oor twee basically so veertig e-mails gestuur en na twee dae 'n klomp goed ingekry. En toe aanmekaargeslaan.
OA: Miskien is daar 'n M.A. daaroor te doen ... 'n vergelyking tussen Ons Klyntji en van die ouer little magazines - Wurm, of wat ookal. Of miskien net 'n opskrywing van al hierdie vervlietende dinge.
EG: Whatever.
OA: ....
EG: Aan die ander kant is dit 'n easy manier om jou werk gepublish te kry. Dis beter as om die goed in 'n laai op te gaar. Ek hou van die woord publi seer - jy weet jy publiseer, dan word dit publiek en dis ook die seer saam met dit.
Nou raak jy diep.
Dit moes die hoender gewees het.
Bietjie proteïne...
Het jy 'n rush?
... hehehe ..
'n Proteïne-rush..
| |||
| |||
|
|
|